Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Voortsetting van die tog op die son. Twee struikelblokke by die bid: Gebrek aan insig en liefde vir die wêreld

30 Die oop laan wat voor ons lê, is weliswaar ietwat smaller as die vorige, maar die verskynsel is vir die voortgang op ons reguit lyn nie in die minste hinderlik nie. Inteendeel, want hoe smaller `n straatjie word, des te makliker word dit om die middel daarop te hou en die reguit lyn te volg.

2 Die oorsaak van so 'n verskynsel is, dat al hierdie lane straalvormig van die sentrum van die hoofgebou uitgemeet en aangelê is. Sou ons vanaf `n hoogte presies bo die hoofgebou na benede kyk, dan sou ons die pragtige park as `n geheel soos `n uitstralende son kan aanskou.

3 En kyk, dit is al `n goeie teken; so is die reguit lyn reeds vasgelê. Ons hoef haar maar net te volg, en dan kan dit nie anders nie, of ons sal so gou as moontlik ons hoofdoel bereik. Soos julle sien, is ons al oor die helfte van hierdie tweede laan en daarom is die vóór ons lêende einde al baie goed te sien. Maar ek sien nou net aan die einde van hierdie laan weer `n nuwe hindernis glans wat ons `n bietjie van die reguit weg wil aflei. Ons sal aan die tweede voor ons lêende hindernis egter nouliks meer aandag skenk, want net soos die eerste, sal ook die tweede vir ons plek moet maak.

4 Maar wat is dit, wat ons daar tegemoet straal? Nog enkele vinnige treë en kyk net daar, ja waarlik, hier kan mens by die eerste aanblik sy kalmte al haas nie bewaar nie, want te groot is die prag van die laan-ornament. Wat is op aarde hierby vergeleke wat nog soos hierdie kunssinnig bedinkte waterwerke en vuurwerk-skouspel lyk? Dit is hier `n vonkeling van verhewe prag en skoonheid!

5 Kyk, die plaat waarmee die tweede groot ronde deel soos uit één stuk geplavei is, lyk presies soos die gerimpelde oppervlak van die allersuiwerste water en tog is die oppervlak volkome glad en buitengewoon hard. Die mees besondere van hierdie hele saak is nog, dat daar deur die merkwaardige breking van die ligstrale, werklik so 'n gesigsbedrog intree, dat mens die oppervlak van die plaveisel voortdurend sien golf, waarby elke golwende beweging `n ander lig uitstraal. Dit noem ek nog eens `n briljante stralespel.

6 In die middel van die groot waterorrel is `n pilaar geplaas wat presies so lyk soos wat `n waterspuit by julle op aarde sou lyk. Kyk nou hoe die ware water dan in `n werwelende beweging bruisend op en af gaan, waarby elke draaibeweging voortdurend in duisend afwisselende kleure skitter. Bekyk net hierdie pilaar en voel daaraan. Hy is by al hierdie skynbare lewendigheid so hard soos `n diamant. Waarlik, uit die mond van diegene wat die so sierlik saamgestelde en bewerkte materiaal nie wonderbaarlik vind nie, sou ek graag wil hoor wat hy dan wel `n wonder noem.

7 En kyk ook net omhoog, daar heeltemal na die top van die pilaar toe, hoe dit in pragtige stralende takke soos by `n treurwilger uitloop en waaraan, in plaas van blare, allerlei stralende peultjies hang.

8 Wel, wat sê julle van hierdie prag? Waarlik, julle is tereg met stomheid geslaan, want gevoelsmatig laat so iets hom nie beskrywe nie en moet mens al tevrede wees as mens daarvan selfs met die grootste en gloedvolste spreekvaardigheid slegs `n baie vae beeld kan skets.

9 Dit sou alles goed en wel wees as hierdie hele heerlike toestand hom maar nie in die middel van ons looproete sou bevind nie. Wat dink julle, sal hierdie laanversiering hom ook in twee laat deel soos die vorige? By die eerste was mens eerder geneig om te glo dat hierdie hele saak op kunstige, meganiese beginsels berus, waardeur dit homself ook maklik uitmekaar kon beweeg. Maar by die hoogs kolossale sierstuk sou elke meganisme te kort skiet om hierdie magtige pilaar op die voorafgaande aanskoue manier in twee te deel. Wat moet ons nou doen? Julle sê: Hy wat die eerste hindernis gedeel het, naamlik die Heer, sal seker ook weinig moeite met die tweede hê. 

10 Julle het goed geantwoord. Maar daarby moet julle iets in die oog hou, wat julle tot nou toe nog nie weet nie. Luister dus: Die Heer is weliswaar oral die almagtige helper en oorwinnaar van alle hindernisse, maar Hy moet ook, na gelang van die omvang van die hindernis, tot hulp geroep word. Eers dan sal gebeur, wat moet gebeur.

11 Julle sê nou egter; Ja, maar waarom is dit so? As ons die Heer nie om hulp smeek nie, dan sal Hy ons verseker nie meer help nie. Ek sê vir julle: In één ding het julle wel gelyk, maar slegs in sover julle daarnaas genoodsaak was om alternatiewelik aan te neem dat dit die Heer weinig of niks sou interesseer nie, hoe dit met julle eie vermoë tot insig gesteld is. Maar om so iets aan te neem sou, dink ek, tog al te dwaas wees. 

12 Die Heer wil immers veral die selfkennis van Sy kinders voorop stel. Daarom laat Hy ook alles eers deur hulself opneem en beoordeel, dus ook hulle nood, sodat hulle dit dan volgens hulle eie insig aan Hom kan voorlê en Hy hulle dan kan help volgens hulle eie insig en verlange.

13 Om die rede, liewe vriende en broeders, moet ook niemand op aarde `n sondige hindernis op sy lewensbaan, wat effe behoort te wees, te ligvaardig skat nie, want dan het hy dit aan homself te danke as hy na baie gebede nie die gewenste volledige hulp kry nie.

14 Want die Heer is weliswaar besonder liefdevol, goed en vrygewig met Sy genade en erbarming, maar daarnaas respekteer Hy tog altyd volkome in elke opsig die vrye werksaamheid van die gees, sowel met betrekking tot die wil as tot die insig.

15 Onder ons gesê is dit daarom beter dat elke mens, as dit homself betref, eerder, soos julle gewoond is om te sê, van `n muggie `n olifant maak en omgekeerd. Dan sal hulle wat vanuit so 'n uitgangspunt baie vra, ook baie ontvang; maar wie weinig vra, moet nie verwag dat die Heer hom `n onbevatlike en ongevraagde ekstratjie agterna sal werp nie. 

16 Op aarde doen julle tog dieselfde onder mekaar. Waarom sou die Heer, wat die mees liefdevolle en verstandige beweegredes daartoe het, dit dan nie doen nie? Sal `n uiters goedgesinde ryk man aan iemand wat hom tweehonderd dalers te leen vra, eintlik in werklikheid die benodigde tweeduisend dalers gee? Ek sê vir julle: Dit sal hy nie doen nie, ook al sou hy sekerlik weet dat hy wat die geld van hom wil leen, die groter som absoluut nodig het.

17 Hy sal wel, ook uit edelmoedigheid vir hom wat kom leen sê: Ek leen jou graag die verlangde bedrag, as jy dan ook maar genoeg daaraan sal hê? Wanneer die lener na so `n wenk sy dwase verleentheid nog steeds nie oorwin het nie en by sy eerste versoek bly, sê dan self, wie se skuld is dit dan as die lener nie met hierdie 200 dalers geholpe is nie? 

18 Om die rede moet iedereen sy nood noukeurig ondersoek en vasstel, en hom dan eers tot die heilige, almagtige Helper wend; dan sal hy verseker die korrekte hulp kry, as hy dit met `n vaste geloof, vol vertroue en liefdevolle erns van Hom verwag.

19 En so wil en moet ons nou ook die Heer hier ietwat dringender om hulp vra as by die eerste hindernis, dan sal die Heer ook hier vir ons die weg vrymaak. Maar waarin bestaan die groter drang waarmee ons die Heer om hulp moet vra?

20 Die smid sê vir sy kneg: Vir die smelt van weinig yster is `n klein kolevuur voldoende en die skoorsteen hoef daarvoor nie so erg te trek nie; maar wanneer `n groter klomp yster gesmelt moet word, sê die meestersmid vir sy kneg; bring nou drie mandjies kole vinnig en laat die skoorsteen optimaal trek, anders word hierdie groot klomp yster nouliks rooigloeiend. Ek dink dat hierdie voor die hand liggende riglyn van die meestersmid ook vir ons goed te gebruik sal wees. Meer kole, meer skoorsteen trek wil soveel sê as: Meer liefde en meer vertroue; dan sal gebeur waarmee met geloof gevra is.

21 Dit het ek nou vir myself gedoen en julle moet dit doen in my en kyk, die waterspuit kolom is al weer gedeel, sodat ons weer sonder enige moeite ons tog kan voortsit. 

22 Maar begryp julle die tweede hindernis goed, wat vol bedrieglike skynsel is en lyk asof dit tot in alle hoeke en gate lewend is? Maar raak mens dit aan, dan is dit oral hard en bied stewige weerstand. Kyk, dit is baie maklik om vir jouself `n weg deur misvattings te baan, want wie maar `n enigsins gewekte gees het, sal maklik in staat wees om die onedele dwaasheid van die mees glansende, suiwer waarheid te skei en dit is die oorwinning van die eerste hindernis. Maar hier gaan dit om die wêreld in haar volle omvang en al haar bontstralende, bedrieglike skynsel en daar is baie meer voor nodig om die hindernis uit die weg te ruim as die vorige.

23 Daar is sekerlik baie mense op aarde wat die waarheid al lank in haar stralende lig herken het, maar tog kan hulle hulleself nie losmaak van die wêreld nie, want haar strale bekoor hulle te veel. Hoeveel verlokkende klatergoud hierdie wêreld egter in hom berg en hoe dit lyk, kan `n ietwat noukeuriger beskouing van die monument julle haarfyn laat sien. Eiendomme, geld, allerlei gemak, oorvloedige maaltye, mooi vrouens, elegante kleding en nog veel meer van sodanige dinge is nog baie magtige klatergoud van die wêreld, selfs al vir behoorlik verstandige manne. Oor vrouens praat ons maar nie, want by hulle het die domheid meestal haar oorspronklike woonplek.

24 `n Mens wat plesier belewe aan so 'n wêreld van klatergoud, lyk soos `n rykaard wat in sy droom met miljoene speel, maar wanneer hy ontwaak, merk hy dat hy volkome platsak is. Ek dink dat julle my sal begryp, en omdat ons hindernis oorwin is, kan ons alweer verder trek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205