Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die sesde gebod in die sesde saal. Wat is onkuisheid?

79 Hier sien ons weer in die middel van die sesde saal `n bord. Op die bord staan duidelik leesbaar geskrywe: "Jy mag geen onkuisheid begaan, en geen egbreuk pleeg nie". Dit is onmiskenbaar die sesde gebod, wat die Heer deur Moses aan die Israelitiese volk gegee het. Dit gebod is sekerlik een van die moeilikste, wat betref die deurgronding van die basisvoorwaarde en die noukeurige toepassing daarvan in die lewenshouding.

2 Wat word daar eintlik deur die gebod verbied en waarop het die gebod betrekking? Op die gees, die siel of die liggaam? Welke van hierdie drie lewenspotensies mag geen onkuisheid begaan nie? Dit is die vraag. Wat is onkuisheid egter presies en wat is egbreuk? Word met onkuisheid, die onderlinge geslagsdaad bedoel? As dit die geval is, dan word elke verwekking deur die gebod verwerp, want ons vind in die eenvoudige gebod absoluut geen voorwaar­delike uitsondering nie. Daar staan nou eenmaal: "Jy mag geen onkuisheid begaan nie".

3 As die geslagsdaad in `n sekere sin as die toppunt van onkuisheid beskou kan word, dan sou ek self graag diegene wil leer ken wat, by die teenwoordige stand van sake, op aarde `n verwekking sonder hierdie verbode daad sou kan bewerkstellig. Of dit nou binne, of buite die huwelik gebeur, die daad is dieselfde; en of dit begaan word om `n kind te verwek, al dan nie, dit bly dieselfde. Bowendien bevat die gebod self geen voorwaarde waardeur `n legitieme huwelik `n uitsondering op die reël van die kuisheidsgebod sou vorm nie.

4 Van die ander kant bekyk, moet dit tog vir elke mens kristalhelder wees dat die Heer aan die voortplanting van die menslike geslag en aan `n wyse opvoeding daarvan, besonder veel geleë het. Langs watter weg sou die menslike geslag hom egter moet voortplant, as die geslagsdaad op straf van die ewige dood, verbode is? Ek dink dat elke mens goed sal begryp dat hier kennelik meer aan die gang is.

5 Bowendien kan elkeen nog uit eie ervaring getuig dat die natuur by geeneen van die gebooie wat onderhou moet word, die hele mensdom so 'n stewige knuppel voor die voete werp waaroor hy moet struikel, as juis by dié gebod nie. Elkeen, wat `n ietwat ordentlike opvoeding geniet het, het geen probleme nie, of hoogstens `n baie geringe, met die onderhouding van die ander gebooie nie, maar by dié gebod trek die natuur altyd `n deeglike streep deur die rekening, selfs deur die van `n apostel soos Paulus!

6 Ons sien duidelik `n verbod van die vleeslike lus, wat onverbreeklik met die geslagsdaad verbonde is. Het die verbod dus slegs betrekking op die vleeslike lus en nie tegelyk ook op die geslagsdaad nie, dan is dit die vraag of die vleeslike lus van die gebruiklike geslagsdaad te skei is? Wie van julle kan beweer en aantoon dat beide eggenotes wat deur die wet verbind is, nie ook die tydelike lus sou voel nie? Oftewel, waar vind mens `n egpaar wat nie tenminste halfpad deur die op hande synde vleeslike lus, tot die geslagsdaad aangemoedig sou wees nie?

7 Daaruit sien ons nou egter dat ons met die gebod oor die onkuisheid, toegepas op die liggaamlike geslagsdaad, absoluut niks kan begin nie. Of, daar moet `n suiwer geslagsdaad bestaan wat niks met vleeslike lus te maak het nie, of, as so `n daad nie blyk te bestaan nie, die vleeslike geslagsdaad nie onder hierdie wet sou moes val nie, maar gesien moet word as `n vrye, eiemagtige en straflose handeling van die mens. Want daar is al gesê dat hierdie wet meedoënloos en onvoorwaardelik voorgeskryf is.

8 Die noodsaaklike bestaan van die mens vorm egter `n sterk kontras met die verbod op hierdie daad, net soos die altyd onverbiddelike drang van die natuur. Van watter stand iemand ook maar is, hy word, as hy volgroeid is, nie daarvan vrygespreek nie. Ook al word hy deur uiterlike omstandighede van hierdie aktiwiteit afgehou, dan sou sy begeerte in geen geval nog verminder nie, tensy hy hom sou laat vermink en so sy natuur dood.

9 Dus wat die liggaam betref, slaag dit in geen geval nie. Het die gebod miskien slegs betrekking op die siel? Omdat die siel beslis die lewende beginsel van die liggaam is en die vrye handelinge van die liggaam suiwer afhang van die siel, waarsonder die vlees dood is, is ek van mening dat daar tog nie gou êrens `n supergeleerde te vinde sou wees wat in alle erns sou kan beweer dat die siel niks te doen het met die vrye handelinge van die liggaam nie.

10 Die liggaam is tog slegs die werktuig van die siel, kunstig ingerig om deur haar gebruik te word. Wat moet ons dan met `n gebod slegs vir die liggaam maak, wat op sigself `n dooie masjien is? Wanneer iemand `n onhandige hou met `n byl geslaan het, is dit dan die skuld van die byl of van sy hand? Ek dink tog dat niemand sal wil beweer dat die onhandige hou toegeskryf moet word aan die byl nie.

11 Net so min kan mens die geslagsdaad as sondige handeling aan die liggaam toeskryf, maar slegs aan die handelende beginsel, wat hier die lewende siel is. Dan moet ons kritiese beskouing, waarvan ons tot nou toe by die gebod uitgaan, ook slegs geld vir die siel, wat in die vlees dink, wil en handel. En so is juis die siel volgens dié aangelegde kriterium logieser gewys vry van die gebod. Met die siel kom ons dus ook nie verder nie; sal dit dan met die gees slaag? Ons sal sien, wat daar met die gees te bereik is.

12 Wat is die gees dan? Die gees is die eintlike lewensbeginsel van die siel en die siel is sonder die gees niks anders nie as `n substansiële eteriese orgaan, wat wel alle vermoëns besit vir die opneem van die lewe, maar sonder die gees niks anders is nie as `n substansieel geestelik eteriese poliep, wat sy arms voortdurend na die lewe uitstrek en alles opsuig wat met sy natuur ooreenkom.

13 Die siel sonder die gees, is dus slegs `n stom, polariserende krag, wat die drang na versadiging in haarself dra, maar self geen krag tot oordeel besit nie, waaruit dit vir haar duidelik sou word waarmee sy haar versadig en waartoe die versadiging dien nie. Dit is te vergelyk met `n volslae kranksinnige, wat geen ander begeerte in hom voel as om hom te versadig nie. Waarmee en waarom? Daarvan het hy geen begrip nie. Wanneer hy `n groot honger voel, dan verorber hy alles wat hy maar teenkom, of dit nou afval, brood of die reinste varkkos is, vir hom maak dit nie saak nie.

14 Kyk, presies so is dit gesteld met die siel sonder die gees. En hierdie aangehaalde kranksinnige het nou juis ook maar net één sielelewe; dit wil sê, dat daar in sy siel `n swak of dikwels ook glad geen gees aanwesig is nie. Om egter te sien dat so iets werklik die geval is, hoef julle niks anders te doen nie as om `n blik te werp in die wêreld van die duister geeste. Wat is hulle? Hulle is na die dood voortlewende siele wat tydens hulle aardse lewe op die ligsinnigste en dikwels kwaadwilligste wyse hulle gees in hulleself soseer verswak en onderdruk het, dat hy in so `n toestand nouliks in staat was om hom die mees karige toegemete lewensimpuls te verskaf, waarby alle lewensvoordele egter dikwels op die ewige agtergrond moes gebly het!

15 Hoe gedra sulke wesens hulle egter in die hiernamaals, ten opsigte van salige lewende geeste? Nie anders nie as egte sukkelaars, dus as geestelike kranksinniges, wat op alle moontlike maniere ook nog misvormd is, sodat daar van `n menslike gestalte dikwels geen spoor meer te ontdek is nie. Hierdie wesens is in die geesteswêreld, wat hulle handelwyse betref, ewemin toerekenings­vatbaar as die kranksinniges by julle op aarde. Daaruit volg dus, dat nie die siel op haarself nie, maar slegs die siel in besit van die gees, toerekeningsvatbaar is, want slegs daarin woon die vrye wil; dus in wese slegs die gees.

16 As dit nou egter duidelik bewys is, dan is die vraag: Hoe en op watter wyse kan die absolute gees dan onkuisheid bedrywe? Kan `n gees vleeslike begeertes hê? Ek dink dat daar nouliks `n groter teenspraak sal wees, as wanneer iemand hom in alle erns `n "vleeslike gees" sou wil voorstel, wat noodgedwonge materieel sou moet wees om self grof materiële begeertes in homself te hê.

17 Wanneer `n gearresteerde sekerlik geen groot genoegdoening skep in sy arrestasie nie, sal die absolute gees dan tog des te minder `n hartstogtelike verlange koester om hom met sy mees vrye wese vir altyd aan die growwe materie te bind om sy vermaak daarin te vind nie. In hierdie sin is `n onkuisheid bedrywende gees dus tog sekerlik die grootste onsin wat `n mens ooit kan uitspreek. Nou is die vraag dus: Wat is onkuisheid dan en wie mag geen onkuisheid bedrywe nie, noudat ons gesien het dat sowel die liggaam, asook die siel en die gees op sigself geen onkuisheid kan bedrywe nie, soos ons dit tot nou toe geken het?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205