DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 630

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1102. En mag hy woon in die tente van Sem. Dit dui aan dat die internes van die aanbidding ook in die eksternes mag wees, en is duidelik uit alles wat voorheen gesê was van Sem, naamlik, dat “Sem” die interne kerk is, of interne aanbidding, en dat die eksterne aanbidding niks anders is as `n lewelose aanbidding nie, of anders as `n onrein aanbidding, tensy daar interne aanbidding is om dit te verlewendig en dit te heilig. Dat die “tente” niks anders aandui as dit wat heilig is van die liefde nie, en dit wat daarvan afgelei word, is duidelik uit die betekenis van “tente” (betreffende dit, sien bo, n. 414). Dit was die gewoonte van die antieke mense om te praat van “in tente te woon” of om “in tente te vertoef” waardeur in die interne sin die innerlike heilige aanbidding aangetoon word, vir die rede dat die antieke mense nie net rondgetrek het met hulle tente nie, maar het ook daarin gewoon, en het hulle heilige aanbidding daarin uitgeoefen. Daarom ook, om te “vertoef, rond te trek, en om in te woon” dui in die interne sin daarop om te lewe. [2] Dat “tente” op heilige aanbidding dui, kan die volgende aanhaling ‐ behalwe dit wat voorheen alreeds aangehaal is, ‐ dien as `n bevestiging. In Dawid: “En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.” (Ps. 78: 60), waar “tent” dieselfde beteken as “tempel” waarin gesê word dat God woon in die mens wanneer Hy in liefde teenwoordig is. Daarom was die mens wat in heilige aanbidding gelewe het deur die antieke mense `n tent genoem, en daarna eers `n tempel. In Jes: “Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwoning oopspan.” (Jes. 54: 2), bedoelende die verligting in daardie dinge wat van die ware aanbidding is. In Jer: “Want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my tentdoeke in `n oomblik.” (Jer. 4: 20), waar dit baie duidelik is dat daar nie tente bedoel word nie, maar die heilige aanbidding. In Sag: “Maar Jerusalem sal nog bewoon wees op sy plek in Jerusalem. En JHWH sal eers die tente van Juda verlos.” (Sag. 12: 6‐7), waar die “tente van Juda” staan vir die aanbidding van die Meester uit die heiligheid van die liefde. [3] Uit hierdie aanhalings is dit nou duidelik wat dit is om in “tente te vertoef” of “mag hy woon in die tente van Sem,” naamlik, dat die interne aanbidding in die eksterne geleë is. Maar omdat die mens Jafet, of die mens van die eksterne kerk, nie goed weet wat die interne dinge is nie, sal dit nou kortliks verduidelik word. Wanneer `n mens in hom voel, of waarneem, dat hy goeie gevoelens het aangaande die Meester, en dat hy goeie gevoelens het aangaande die naaste, en begeer om goeie dade aan hom te doen, nie ter wille van gewin of eer vir homself nie, en as hy deernis voel teenoor enigiemand wat in die moeilikheid is, en nog meer vir iemand wat verkeerd is ten opsigte van die doktrine van die geloof, dan kan hy weet dat hy “woon in die tente van Sem,” dit is, dat hy innerlike dinge in hom het wat die Meester vir hom bewerk.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205