|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 525
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
995. Sal julle voedsel wees. Dat dit die genot wat hulle sal geniet aandui, is duidelik uit dit; dat enige
plesier nie net die mens affekteer nie, maar hom ook onderhou, soos voedsel, en plesier sonder die
genot daarvan is nie plesier nie, maar is iets sonder lewe. Liggaamlike en sensuele dinge is in hulleself
slegs materieël, leweloos, en dood, maar plesiere wat kom uit die ordes van die innerlikes, hulle het
lewe. Hieruit is dit duidelik dat soos wat die lewe van die innerlikes is, so is die genietinge van die
plesiere, want in die genot lê die lewe. Die genot waarin die goeie van die Meester geleë is, is alleenlik
die lewe, want dan is dit uit die eintlike lewe van die goeie; om watter rede dit hier gesê word “alles wat
beweeg en lewe sal julle voedsel wees,” dit is, vir hulle genieting en gebruik. [2] Sommiges dink om
gelukkig in die ander lewe te wees, behoort hy nie in die plesiere van die liggaam en sy sintuie te lewe
nie, maar dat alles afgelê moet word op grond daarvan dat dit liggaamlik‐stoflik en wêrelds is, en dit trek
die mens terug en hou hom weg van die geestelike en hemelse lewe. Maar hulle wat so dink en hulleself
in vrywillige ellende wil dompel terwyl hulle in die wêreld lewe, is nie goed ingelig oor hoe die saak
eintlik staan nie. Niemand word verbied om die plesiere van die liggaam en sy sintuie te geniet nie, dit is,
die besit van grond en rykdom; die plesiere van eer en `n amp in die staat; die plesier van huweliksliefde
en die liefde vir kinders, die plesier van vriendskap en van interaksie met vriende; die plesier om te kan
hoor; of die lieflike klanke van sang en musiek; die plesier van sig, of van ander skoonheid, wat
menigvuldig is, en baie, baie ander dinge. Want al hierdie is baie ekstern of liggaamlike emosies wat
voortspruit uit innerlike emosies, soos alreeds genoem. [3] Innerlike emosies, wat lewendig is, ontleen
almal hulle genot uit die goeie en die waarheid; en die goeie en die waarheid ontleen weer hulle genot
uit naasteliefde en geloof, en in hierdie geval word dit uit die Meester gedoen, dus uit die lewe self;
waarom die emosies en plesiere daaruit lewendig is. En siende dat egte plesiere hulle oorsprong hieruit
het, word hulle nie aan enigeen geweier nie. Inderdaad, wanneer hulle van hierdie oorsprong is, gaan
hulle genot dié ver te bowe wat nié van hierdie oorsprong is nie, soveel so, dat hulle wat in ware
huweliksliefde is, is in die hemelse genot en geluksaligheid, siende dat dit uit die hemel kom. Dit was
erken deur die mens van die Mees Antieke Kerk. Die genot wat spruit uit owerspel was aan daardie
mense so afskuwelik dat as hulle daaraan dink, dan sidder hulle. Uit al hierdie is dit duidelik wat die
ingesteldheid is van die genot wat nie vloei uit die fontein van die lewe nie, of uit die Meester. [4] Dat
die plesiere wat hierbo genoem is, nie die mens ontsê en verbied word nie, kan ook gesien word uit die
feit dat baie wat in mag, waardigheid, en vermoënd in die wêreld gelewe het, en wat al die plesiere in
oorvloed gehad het, beide in die liggaam en in die sintuie, tussen die geseëndes en gelukkiges in die
hemel is, en nou is met hulle die innerlike genietinge en geluksaligheid wat lewe, omdat hulle hul
oorsprong het in die goeie van die naasteliefde en die waarheid wat in die geloof van die Meester is. En
siende dat hulle in aanmerking geneem het dat al hulle plesiere afkomstig is vanaf die naasteliefde en
geloof in die Meester, het hulle dit beskou as werke of om tot nut te wees en om dit uit te leef, wat die
eintlike einddoel was. Werke, of om tot nut te wees, was die mees genotvolle ding vir hulle, en uit die
nut of werke kom die genot van hulle plesiere. (sien wat gesê word hieroor, uit ervaring, n. 945).
|
|
|
|
|