DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 364

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

830. Hulle wat die mens mislei deur subtiele misleiding, wat `n aangename gesig opsit en wat `n vriendelike manier van spraak het, maar wat vergifdigde misleiding binne‐in bevat, en wat dus die mens gevange neem met die doel om hom te ruïneer, is in `n hel meer skrikwekkend as die helle van ander, selfs meer skrikwekkend as die hel van moordenaars. Hulle sien hulleself as lewende slange; en hoe meer verderflik hulle misleiding was, hoe meer ontsettend en giftig en hoe meer in totaal kom die slange voor wat hulle omring en hulle martel. Hulle weet niks anders as dat hulle slange is nie; hulle voel dieselfde pyne en dieselfde martelinge. Baie min sal dit dalk glo, maar tog is dit waar. Dit is hulle wat misleiding uitgeoefen het met `n voorbedagte rade, en wat die genot van hulle lewe daarin gevoel het. Die strawwe vir die misleiers is velerlei van aard, elkeen ooreenkomstig die aard van sy misleiding. Oor die algemeen word sulke persone nie in gemeenskappe verdra nie, maar word uitgewerp; wat `n gees ookal dink, weet die wat naby is instinktief en onmiddelik deur waarneming; dus neem hulle enigiets waar van misleiding, en watter soort dit is. Daarom, deurdat hulle uiteindelik uitgewerp is uit die gemeenskap, sit hulle in afsondering; en dan verskyn hulle met `n breë gesig, die breedte is gelykstaande aan vier of vyf gesigte van ander, en met `n breë vlesige mus wat na wit verander, sit hulle as beeltenisse van die dood, in marteling. Daar is ander wat misleidend is uit sy natuur, dus nie soseer uit voorbedagte rade nie, en nie heimlik onder `n geveinsde voorkoms nie. Hulle word onmiddelik uitgeken, en hulle gedagtes word duidelik waargeneem. Hulle spog selfs daarmee, asof hulle skrander voorkom. Hulle het nie so `n hel nie, maar deur die Goddelike genade van die Meester, sal meer gesê word oor misleiding op `n later geleentheid. Daar is vrouens wat leef in die koestering van hulle natuurlike liefdes, en gee net vir hulleself en die wêreld om, en maak die geheel en die genot van die lewe om te bestaan uit uiterlike dekorum en genotvolheid, gevolglik waarop hulle baie hoog in aansien in die hoflike gemeenskap aangeslaan word. Hulle het dus, deur praktyk en gewoonte, die talent verkry om hulleself in te dring in die begeertes en plesiere van ander, onder die voorwendsel van dit wat eerbaar is, maar met die doel om kontrole oor ander te verkry. Hulle lewe word dus een van huigelary en misleiding. Soos ander besoek hulle die kerk heel dikwels, maar vir geen ander rede as om deugsaam en godsdienstig voor te kom nie; en meer nog, hulle is geheel sonder `n gewete, en baie geneig tot skandelike dade en owerspel, sover as wat dit verborge gehou kan word. Sulke vrouens dink op dieselfde manier in die ander lewe, en weet nie wat gewete is nie, en bespot hulle wat daarvan praat. Hulle dring in die emosies van ander, wat dit ookal mag wees, deur deugde, vroomheid, medelye en onskuld voor te gee, wat hulle metode van misleiding is, maar wanneer die uiterlike beperkinge verwyder word, storm hulle in die mees bose en obsene dinge in. [2] Hulle is die vrouens wat bekoorsters of towenaresse word in die ander lewe, sommiges wat daar Sirene (nimfe) genoem word; en daar word hulle meesters in sekere kunste wat nie in hierdie wêreld bekend is nie. Hulle is soos sponse wat skandelike listigheid opslurp net soos `n spons; en het so `n talent dat hulle dit dadelik in die praktyk toepas. Die kunste onbekend in hierdie wêreld is as volg: Hulle kan praat asof hulle op `n ander plek is, sodat hulle stem daar gehoor kan word asof dit van goeie geeste afkomstig is. Hulle kan as’t ware by baie wees op dieselfde tyd. Hulle kan soos verskeie persone op dieselfde tyd praat. Hulle kan dit wat van die goeie geeste af invloei, eenkant toe skuif, selfs dit wat van engele geeste af invloei, en besoedel dit onmiddelik op verskillende maniere ten gunste van hulself. Hulle kan die beeltenis van ander aanneem, deur die idees van hom wat hulle ontvang en kan dit vervorm. Hulle kan enigeen met `n emosie ten gunste van hulleself inspireer, deur hulself in die staat van ander se emosies in te dring. Hulle kan hulself skielik buite sig onttrek en ontsnap ongesiens. Hulle kan voor die oë van geeste `n wit vlam voorstel rondom die hoof, wat `n engele teken is, en dit ook voor baie. Hulle kan op baie maniere die onskuld veins, selfs om kindertjies aan te bied wat hulle ook soen. Hulle kan ook ander opwek om diegene wie hulle haat, dood te maak (want hulle weet hulle kan nie sterf nie), en om dit dan openbaar te maak en beskuldig hulle dan van moord. [3] Hulle het uit my geheue opgeroep watter boosheid ek ookal gedoen of gedink het, en ook baie fyn en bedrewe. Terwyl ek geslaap het, het hulle met ander gepraat, asof dit ek is, sodat die geeste oortuig daarvan was, en oor dinge vals en obseen. En hulle het nog baie ander kunste. Hulle natuur is so oortuigend dat daar geen spasie is vir enige twyfel nie; daarom word hulle idees nie gekommunikeer soos die van ander geeste nie. En hulle oë is soos die wat toegeskryf kan word aan slange, en sien en gee aandag na elke kant op dieselfde tyd. Hierdie towenaresse of Sirene (nimfe) word baie swaar gestraf, sommiges in Ghenna, sommiges in `n tipe van voorhof tussen slange, sommige deur verrekkings en verskeie ander metodes, gepaardgaande met die allerverskriklikste pyne en martelinge. Met die verloop van tyd word hulle afgeskei van al die gemeenskappe en word soos geraamtes vanaf die kop tot tone. `n Voortsetting van hierdie onderwerp volg aan die einde van die hoofstuk. Hoofstuk 8: 1 En Elohim het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die Ark was; en Elohim het `n wind oor die Aarde laat waai, sodat die waters gesak het. 2. Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou. 3. Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die einde van honderd‐en‐vyftig dae. 4. En die Ark het op die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand op die gebergte van Ararat gerus. 5. En die waters het geleidelik afgeneem tot op die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword. 6. Toe het Noag aan die einde van veertig dae die venster oopgemaak van die Ark wat hy gebou het 7. en `n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters opgedroog het van die Aarde af. 8. Daarop laat hy `n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het. 9. Maar die duif het geen rusplek vir die holte van haar voet gevind nie, en na hom teruggekeer na die Ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en haar gegryp en in die Ark by hom gebring. 10. Daarna het weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die Ark. 11. En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was `n groen olyfblad in haar bek! Toe merk Noag dat die waters oor die Aarde verminder het. 12. Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit, maar sy het nie weer na hom teruggekeer nie. 13. In die seshonderd‐en‐eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand het die waters weggedroog van die Aarde af. En Noag het die deksel van die Ark weggeneem en uitgekyk, en die Aarde was droog – 14. in die tweede maand, op die sewen‐en‐twintigste dag van die maand, was die Aarde droog. 15. En Elohim het met Noag gespreek en gesê; 16. Gaan uit die Ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou. 17. Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die Aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde. 18. Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom. 19. Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die Aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die Ark uitgegaan. 20. En Noag het vir Elohim `n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring. 21. En Elohim het die lieflike geur geruik, en Elohim het in sy hart gesê: Ek sal die Aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie. 22. Van nou af sal, al die dae van die Aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205