DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 567

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1038. Dit sal `n teken wees van die verbond. Dat dit aandui dat dit `n teken is dat die Meester teenwoordig is in naasteliefde, is duidelik uit die betekenis van “verbond” en van “`n teken van die verbond.” Dat `n “verbond” die teenwoordigheid van die Meester in naasteliefde aandui, was voorheen al getoon (Gen. 6: 18, en bo in die huidige hoofstuk, vers 9). Dat `n “verbond” die teenwoordigheid van die Meester in liefde en naasteliefde is, is duidelik uit die natuur of geaardheid van `n verbond. Elke verbond is ter wille van samesmelting of vereniging, dit is, ter wille van die samelewing in wedersydse vriendskap, of liefde. Die huwelik word ook vir hierdie rede genoem `n verbond. Daar is geen vereniging van die Meester met die mens behalwe in liefde en naasteliefde nie; want die Meester is liefde en genade op sigself. Hy wil hê dat almal gered word en om hom met `n magtige krag na die hemel te trek, dit is, na Homself. Uit hierdie inligting kan enigeen weet en tot die slotsom kom dat niemand ooit verenig kan word met die Meester behalwe deur dit wat Hyself is, dit is, behalwe om te word, en een te word met Hom – met ander woorde, deur die Meester wedersyds lief te hê en deur die naaste soos jouself. Slegs hierdeur kan die vereniging bewerkstellig word. Dit is die kern of essensie van `n verbond. Wanneer daar so `n verbinding is, is dit duidelik dat die Meester teenwoordig is. Daar is inderdaad die teenwoordigheid van die Meester in elke mens, maar dit is nader of verder in ooreenstemming met hoe naby die liefde of hoe ver die liefde is. [2] Omdat die verbond die teenwoordigheid van die Meester in die mens in liefde en naasteliefde is, of wat dieselfde is, die teenwoordigheid van die Meester in liefde en naasteliefde, word dit in die Woord genoem `n “verbond van vrede;” want “vrede” dui op die koninkryk van die Meester, en die koninkryk van die Meester bestaan uit wedersydse liefde, en slegs daarin is vrede. Soos in Jes: “Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, so sê JHWH, jou ontfermer.” (Jes. 54: 10), waar goedertierenheid (genade), wat liefde is, `n “verbond van vrede” genoem word. In Eseg: “En Ek sal een enkele herder oor julle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik My kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle `n herder wees. En Ek sal `n verbond van vrede met hulle sluit…” (Eseg. 34: 23, 25), waar by “Dawid” duidelik bedoel word die Meester; en Sy teenwoordigheid by die wedergebore mens word beskryf deur Sy versorging deur hulle te “voed.” [3] Weereens: “My kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in My verordininge wandel…en Ek sal `n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal `n ewige verbond met hulle wees, en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal My heiligdom in hulle midde vestig vir ewig…en Ek sal vir hulle `n God wees en hulle sal vir My `n volk wees…” (Eseg. 37: 24, 26‐27), waar hier weer deur “Dawid” die Meester bedoel word; en liefde word aangedui deur die “heiligdom in hulle midde;” die teenwoordigheid en vereniging van die Meester in liefde, deurdat “Hy vir hulle `n God sal wees en hulle vir Hom `n volk sal wees” wat `n “verbond van vrede” genoem word. In Mal: “En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit My verbond kan wees met Levi, sê JHWH van die leërskare. My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees, en hy het My gevrees en vir My Naam gebewe.” (Mal. 2: 4‐5). “Levi” in die hoogste sin is die Meester self, en daarom is die mens wat liefde het en naasteliefde, in die verbond van die lewe en vrede met Levi, en is in liefde en in naasteliefde. [4] In Moses waar hy oor Píneas spreek: “Kyk, Ek sluit met hom My vredesverbond, en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond van ewige priesterskap wees…” (Num. 25: 12‐13), waar deur “Píneas” nie bedoel word as Píneas nie, maar die priesterdom wat deur hom verteenwoordig was, wat liefde aandui en dit wat van liefde is, soos wat al die priesterdomme van daardie kerk dit doen. Almal weet dat Píneas nie `n ewige priesterdom het nie. Weereens: “Jy moet weet dat JHWH jou God, God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7: 9‐12), waar dit duidelik is dat die teenwoordigheid van die Meester met die mens in liefde die “verbond” is, want dit word gesê dat Hy onderhou dit met hulle wat Hom liefhet en wat Sy gebooie onderhou. [5] Siende dat `n “verbond” die vereniging van die Meester met die mens is deur liefde, moet dit volg dat dit ook so is met alle dinge wat aan die liefde behoort, wat die waarhede van die geloof is, en word “voorskrifte” of grondreëls genoem (verordeninge), inderdaad is die Wet en die Profete gefundeer op die ‘een’ Wet, om die Meester lief te hê bokant alle dinge en die naaste soos jouself, soos dit duidelik is in die woorde van die Meester self (Matt. 22: 34‐40; Markus 12: 28‐34). En daarom word die kliptafels waarop die tien gebooie geskryf was die “Tafels van die Verbond” genoem. Siende dat `n verbond, of vereniging, in werking tree deur die wette of “voorskrifte” van liefde, dit het ook in werking getree deur die wette van die gemeenskap wat deur die Meester gegee is in die Joodse Kerk, wat genoen was “die getuienis,” en ook deur die ritus van die kerk deur die Meester daarby toegevoeg, wat “statute” genoem was. Al hierdie dinge word gesê, is deel van die “verbond” omdat dit liefde en naasteliefde in ag neem, soos ons lees in Jósiah die koning: “En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van JHWH gesluit om JHWH te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in die boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.” (2 Konings 23: 3). [6] Uit hierdie dinge is dit nou duidelik wat `n “verbond” is, en dat die verbond intern is; want die verbinding van die Meester met die mens vind plaas deur dit wat intern is, en nooit deur dit wat ekstern is, apart van dit wat intern is nie. Eksterne dinge is slegs tipes en verteenwoordigers van dinge wat intern is, soos die aksie van die mens wat slegs `n tipe van verteenwoordiging is van die denke en die wil; en soos wat die werk in naasteliefde `n tipe van verteenwoordiging is van die naasteliefde wat binne in is, dit is, wat in die hart en denke is. So ook al die rites van die Joodse Kerk wat `n tipe verteenwoordiger was van die Meester, gevolglik van liefde en naasteliefde, en van alle dinge daarvan. Daarom is dit deur die innerlikes van die mens dat `n verbond en verbinding of vereniging gemaak is, en die eksternes is slegs die tekens van die verbond, en word ook so genoem. Dat `n verbond en vereniging deur die innerlikes gemaak word, is baie duidelik, soos in Jer: “Kyk, daar kom dae, spreek JHWH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda `n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hul vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – My verbond wat hulle verbreek het…maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JHWH. Ek gee My wet in hul binneste en skrywe dit op hul hart;.. ” (Jer. 31: 31‐33), waar `n nuwe kerk hier behandel of bedoel word. Dit word duidelik gestel dat die einste verbond deur die innerlike is, en inderdaad in die gewete waarop die Meester die wet uitgegrafeer het, alles uit die liede uit, soos dit geê is. [7] Dat eksterne dinge nie die “verbond” is nie, tensy innerlike dinge daaraan verbonde is, en dus deur vereniging saam handel soos een, en met dieselfde doel; maar is slegs “tekens” van die verbond deur middel waarvan, soos by die verteenwoordigende tipes van die Meester, dit in herinnering gehou kan word, is duidelik uit die feit dat die Sabbat en die besnydenis slegs “tekens” van die verbond genoem word. Dat die Sabbat so genoem word, lees ons in Moses: “En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as `n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig `n teken;” (Ex. 31: 16‐17). En die besnydenis word ook so genoem; in Gen: “Dit is My verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik is onder julle moet besny word – julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal `n teken wees van die verbond tussen My en julle.” Gen: 17: 10‐11). Daarom word bloed ook genoem die “bloed van die verbond.” (Ex. 24: 7‐8). [8] Eksterne rites word genoem “tekens van die verbond” vir die hoofsaaklike rede dat die innerlike dinge daardeur in gedagte gehou moet word, dit is, die dinge wat daardeur aangedui word. Al die rites van die Joodse Kerk was niks anders nie. En vir hierdie rede was hulle ook genoem “tekens” dat die mense daardeur herinner kan word aan die innerlike dinge – soos bv. die vasbind van die hoof gebod op die hand en op die voorhoof, soos in Moses: “Daarom moet jy JHWH jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Ook moet jy dit as `n teken bind op jou hand, en dit moet as `n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (6: 5, 8; 11: 13, 18). Hier dui die “hand” die wil aan, omdat dit dui op krag, want krag is van die wil; “voorhoofsband tussen die oë” dui die intelligensie aan; dus, die “tekens” dui op die herinnering van die hoof gebod, of die Wet in totale opsomming, dat dit voortdurend in die wil en in die gedagtes is, dat die teenwoordigheid van die Meester en Sy liefde in die hele wil en gedagtes mag wees. So is die teenwoordigheid van die Meester en van wederkerige liefde van Hom met die engele wie se voordurende teenwoordigheid deur die Goddelike genade van die Meester op `n later staduim verder beskrywe sal word. Net so ook word in die teenwaardige vers ook gesê: “Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die wesens wat by julle is, vit ewige geslagte: My boog gee Ek in die wolke; dit sal `n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.” (Gen 9: 12, 13). “Dit is die teken van die verbond tussen My en die aarde” dui op geen ander teken as `n aanduiding van die teenwoordigheid van die Meester in naasteliefde, dus die herinnering daaraan dat Hy in die mens is. Oor die boog in die wolke as `n herinnering, sal vertel word in dit wat kom.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205