DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

643. Ten opsigte van die simbloliek van “gofer hout”, naamlik as die vleeslike luste en wêreldse begeertes; en “verdiepings” as die twee dele van die mens (‘wil’ & ‘intelligensie’), is duidelik uit die Woord. Goferhout het `n oorvloed van swawel, 643.1 soos die denneboom, en hiervolgens word gesê dui dit op die vleeslike lus en wêreldse begeertes, omdat dit maklik vlam vat. Die mees antieke mense vergelyk dinge in die mens (en beskou dit as `n ewebeeld) met goud, silwer, brons, yster, klip, en hout – sy innerlike hemelse met goud, sy laer hemelse met brons, en dit wat die laagste is, of die liggaamliksinlike daarvan met hout. Die innerlik geestelike vergelyk hulle (en beskou dit as `n ewebeeld) met silwer, sy laer geestelike met yster, en sy laagste met klip. En so is die betekenis van hierdie dinge in die geestelike sin wanneer hulle in die Woord genoem word, soos: “Vir koper bring Ek goud en vir Yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe Yster; en Ek sal vrede as jou Owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurdres” (Jes. 60:17; Boekrol van Henog 39: 7; Ezra 7: 123). Hier word na die Meester se koninkryk verwys, waar daar nie sulke metale is nie, maar geestelike en hemelse dinge, en is dit simboliek, wat duidelik blyk uit die gebruik van “vrede” en “geregtigheid”. “Goud, brons, en hout” korrespondeer met mekaar en dui op dinge wat hemels is, of van die wil, soos voorheen gesê, terwyl “silwer, yster, en klip” met mekaar korrespondeer, en dui dinge aan wat geestelik is, of van die intelligensie. [2] Sodoende: “En hulle sal jou rykdom buit maak en jou koperware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger” (Eseg. 26:12). Dit is baie duidelik dat “rykdom” en “koopware” nie letterlik bedoel word nie, maar hemelse en geestelike dinge, en dieselfde by “klippe” en “hout” – “klippe” is die dinge van die intelligensie; en die “hout” dinge van die wil. Sodoende: “Want die steen (klip) uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord” (Hab. 2:11). Die “steen (klip) dui op die laagste graad van die intelligensie; en die “balk” die laagste van die wil, wat “antwoord” op enigiets uit die sensuele kennis [scientifico sensuali] ontlok word. So ook: “Weë hom wat vir `n stuk hout sê: Word wakker! vir `n dooie klip: Ontwaak! Kan hy [`n adamiet] leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie! Maar JaHWeH is in die Tempel van Sy Apartheid” (Hab. 2:19‐20). Hier dui hout ook op die hebsug en begerigheid; “klip” dui op die laagste van die intelligensie, en daarom is “domheid” ‘n eienskap daarvan; “daar is géén gees in sy binneste nie,” dui daarop dat niks van die hemelse en geestelike teenwoordig is nie. Net soos `n tempel waarin daar klip en hout is, so is hulle wat niks dink oor die dieper /verhewe wat hulle verteenwoordig nie. [3] Beskou ook: “Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling (silwer) in” (Klaagl. 5:4). Hier dui die “water” en “silwer” op die dinge van die intelligensie; en “hout” die dinge van die wil” Asook: “Wat vir `n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir `n klip: Jy het my voortgebring” (Jer. 2:27). Hier dui die “hout” op die hebsug en begerigheid, wat van die wil is vanwaar dit ontvang word; en “klip” die sensuele kennis [scientifico sensuali], vanwaar dit “voortgebring” word. Daarom, in verskillende plekke in die Profete staan daar; “dien hout en klip”, en is `n aanduiding van die dien van gegote, gekapte en gesnede beelde van hout en klip, waarmee bedoel word dat hulle die hebsug, fantasieë en begerigheid dien, of om “ owerspel te bedryf met hout en klip” soos in Jer. 3:9. So ook: “My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee, want `n gees van hoerery het [hulle] verlei, en deur hul hoerery het hulle van hulle Elohey afvallig geword” (Hos. 4:12), bedoelende dat hulle hul hebsug en begerigheid “raadpleeg”. [4] Ook: “Want `n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is hy vir die koning gereed gemaak; diep [en] wyd het hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die Asem van JaHWeH is soos `n stroom van swawel wat in haar aan die brand steek” (Jes. 30:33). “Vuur”, “swawel” en “hout” staan vir besoedelde hebsug en begerigheid. In die algemeen, “hout” dui op dinge van die wil wat die laagste is, die kosbare hout, soos die seder en andere, is dit wat van die goeie is, as voorbeeld die sederhout in die tempel, en die sederhout wat aangewend word vir die skoonmaak van melaatses (Lev. 14: 4, 6‐7); en ook die hout wat in die bitter water van Mara gewerp was, waardeur die water weer soet geword het (Ex 15:25), later meer hieroor. Maar hout wat nie kosbaar (edelhout) is nie, en dit waaruit gesnede beelde gemaak word, sowel as daardie wat by begrafnis‐seremonies gebruik word, en soortgelyke dinge, dui op besoedelde hebsug en begerigheid; soos in hierdie geval die goferhout, op grond van sy swawel. Sodoende: “Want JaHWeH hou `n dag van wraak, `n jaar van vergelding in die regsaak van Sion. En haar strome sal in pik verander word en haar stof in swawel, en haar Aarde sal brandende pik word” (Jes. 34:8‐9). “Pik” staan vir verskriklike besoedelde fantasieë; “swawel” vir afskuwelike hebsug en begerigheid.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205