DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 461

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

931. Al die dae van die aarde. Dat dit alle tyd aandui, is duidelik uit die betekenis van “dag” as dat dit `n sekere tydperk is (sien n. 23, 478, 488, 493); daarom, beteken “al die dae van die aarde” al die tyd so lank as wat die aarde bestaan [terra], of inwoner op die aarde [tellure]. `n Inwoner hou op om te bestaan op hierdie aarde wanneer daar nie meer langer `n kerk is nie. Want wanneer daar nie meer langer `n kerk is nie, is daar nie meer langer kommunikasie van die mens met die hemel nie, en wanneer hierdie kommunikasie ophou, dan sterf elke inwoner van hierdie aarde. Soos ons voorheen gesien het, is dit met die kerk soos met die hart en longe in die mens; solank die hart en die longe gesond is, so lank leef die mens, en so staan die saak ook met die Kosmiese Mens (Grand Man), wat die universele hemel is, solank as wat die kerk lewe; en daarom word hier gesê “al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, en somer en winter, dag en nag sal nie ophou nie. Hieruit blyk dit dan ook dat die aarde nie sal hou tot in ewigheid nie, dat dit ook sy einde sal hê; want dit word gesê “al die dae van die aarde,” dit is, solank die aarde voortduur. [2] Maar om te glo dat die einde van die aarde dieselfde sal wees as die laaste oordeel, wat in die Woord vooruit geprofeteer word, ‐ waar die voltrekking van die eeue, die dag van besoeking, en die laaste oordeel beskrywe word, is `n groot fout; want daar is `n “Laaste Oordeel” oor elke kerk wanneer dit verwoes of verstrooi word, of wanneer daar nie meer langer liefde en geloof in hom gevind kan word nie. Die “Laaste Oordeel” van die Mees Antieke Kerk was toe dit ondergegaan of vergaan het, en dit was met die laaste afstammelinge net voor die vloed. Die “Laaste Oordeel” oor die Joodse kerk was toe die Meester in die wêteld gekom het. Daar sal ook weer `n “Laaste Oordeel” wees wanneer die Meester sal kom in glorie, nie dat die aarde en die wêreld sal vergaan nie, maar dat die hedendaagse kerk sal vergaan; en dan word `n nuwe kerk altyd deur die Meester opgerig; soos wat die Antieke Kerk opgerig was terselfdertyd toe die vloed plaasgevind het, en ook met die koms van die Meester was die primitiewe kerk van die ‘heidene’ opgerig. [3] So sal daar ook weer `n nuwe kerk wees wanneer die Meester eersdaags sal kom in Sy Glorie, wat ook bedoel word met die nuwe hemel en die nuwe aarde, op dieselfde manier soos met die wedergebore mens, wat toe `n mens van die kerk geword het, of die kerk self, en wie se innerlike mens, wanneer hy nuut gemaak is, genoem word `n nuwe hemel, en sy eksterne mens, `n nuwe aarde. Bowendien is daar ook `n laaste oordeel vir elke mens wanneer hy sterf, want dan, in ooreenstemming met wat hy gedoen het in die liggaam, word hy geoordeel of na die ewige dood, of na die ewige lewe. Dat niks anders bedoel word nie, gevolglik ook nie die verwoesting van die wêreld nie, maar die voleinding van die eeu, of die einde van die dae, of die laaste oordeel, is duidelik uit die woorde van die Meester in Lukas: “In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.” (Lukas 17: 34‐36), waar die laaste tyd “nag” genoem word omdat daar nie meer geloof, dit is, geen naasteliefde meer is nie; en deurdat sommiges “verlaat” word, is dit duidelik dat die wêreld nie dan sal vergaan nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205