|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 600
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
1071. Maar toe hy van die wyn gedrink het. Dat dit aandui dat hy begeer het om die dinge van die
geloof te ondersoek, is duidelik uit die betekenis van “wyn.” Die “wingerd” of die “wynstok”, soos
alreeds aangedui, is die geestelike kerk, of die mens van die geestelike kerk; die “druiwekorrels” en
“trosse” is sy vrugte en dui op naasteliefde, en al die dinge wat daaraan behoort. Dus is die
“druiwekorrel” die hemelse van daardie kerk, en die “wyn” is die geestelike van daardie kerk, die vorige,
of die hemelse, is van die wil, soos voorheen al gesê; en die latere, of die geestelike, is van die
intelligensie. Dat sy “drink van die wyn” aandui dat hy begeer om die dinge van die geloof te ondersoek,
en dit deur sy eie redeneervermoë, is duidelik uit die feit dat hy dronk geword het, dit is, om te verval in
dwaalbegrippe en ander afwykinge. Want die mens van die kerk het geen waarneming of
gewaarwording, soos wat die mens van die Mees Antieke Kerk gehad het nie, maar moes leer van wat
waar en goed is uit die doktrinale dinge wat bymekaar gemaak en bewaar is uit die gewaarwording van
die mens van die Mees Antieke Kerk, wie se doktrinale dinge die Woord van die Antieke Kerk was. Soos
die Woord, was die doktrinale dinge van die geloof in baie gevalle sodanig dat sonder gewaarwording dit
nie geglo kan word nie; want geestelike en hemelse dinge gaan die menslike begrip ver te bowe, en kan
nooit geglo word nie, soos dikwels alreeds hierbo aangetoon. (Sien n. 128‐130, 195, 196, 215, 232, 233).
[2] Dat “druiwe” in die Woord naasteliefde aandui en dit wat van naasteliefde is, en dat “wyn” die geloof
daaruit aandui en die dinge wat daaraan behoort, is duidelik uit die volgende aanhalings. In Jes: “My
beminde het 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel. Waarom het ek verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit
het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5: 1‐2, 4), waar druiwe naasteliefde en sy vrugte aandui. In Jer.
“Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek JHWH. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye
aan die vyeboom nie (Jer. 8: 13), waar die “wingerdstok” die geestelike kerk aandui; en “druiwe” die
naasteliefde. In Hosea: “Ek het Israel gevind soos druiwe in 'n woestyn. Ek het julle voorvaders gesien
soos voorvye aan die vyeboom.” (Hos 9: 10). “Israel” dui op die Antieke Kerk; “druiwe” is beklee met
naasteliefde. In Miga: “...geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye. Die vrome het verdwyn uit
die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie.” (Miga 7: 1). “Tros” dui op naasteliefde. Of
dit wat heilig is; “vroeë vye” of “eerste ryp vrugte” die geloof, of dit wat reg is. [3] In Jes: “So spreek
JHWH: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in”
(Jes. 65: 8); waar “tros” weer naasteliefde aandui en “mos” (nuwe wyn) die goeie van die naasteliefde
en die waarhede daarvan afgelei. In Moses: “Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed” (Gen.
49: 11); 'n profesie verwysend na die Meester. “Wyn” dui op die geestelike van die hemelse, die
“druiwebloed” die hemelse wat betrekking het op geestelike kerke. Dus, “druiwe” dui op die
naasteliefde self, en “wyn” op geloof self. Die engel sê: “Slaan jou skerp sekel in en versamel die trosse
van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.” (Openb. 14: 18). Hier is die
onderwerp die laaste tye wanneer daar nie meer geloof is nie, dit is, wanneer daar nie meer
naasteliefde is nie; want geloof is niks anders as naasteliefde nie, en is essensieël die naasteliefde self,
sodat wanneer daar gesê word dat daar nie meer langer geloof is nie, soos in die laaste dae, word dit
bedoel dat daar nie meer naasteliefde is nie. [4] Soos wat “druiwe” die naasteliefde aandui, so dui
“wyn” die geloof aan wat daarvan afgelei is, want wyn kom van druiwe af. Dit is baie duidelik uit die
gedeeltes wat aangehaal is oor die wingerd en die wyn, en ook uit die volgende: “...en vreugde en gejuig
weggeneem is uit die vrugteboord en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper
trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.” (Jes 16: 10), en beteken dat
die geestelike kerk verstrooi en verwoes is, “die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie”
beteken dat daar niemand meer is wat in die geloof is nie. Weereens: “...daarom word die bewoners van
die aarde deur die gloed verteer en bly daar min mense oor. Die mos treur, die wingerdstok verwelk,
almal wat bly van hart is, sug. Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir
die wat dit drink. Daar is 'n gejammer oor die wyn in die strate...” (Jes. 24: 6‐7, 9, 11). Die onderwerp
hier is die verstrooide en verwoeste kerk, en die “wyn” dui op die waarhede van die geloof wat daar
onderhou word maar het geen waarde nie. In Jer: “Wat aan hulle moeders sê: waar is koring en wyn?
Terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad?” (Klaagl. 2: 12). “Waar is koring en
wyn” dui op – waar is die liefde en die geloof; die “pleine van die stad” dui hier, soos op ander plekke in
die Woord, op waarhede, “om daarin gewond te wees” dui daarop om nie te weet wat die waarhede
van die geloof is nie. [5] In Amos: “En Ek sal die lot van My volk Israel verander, en hulle sal die
verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê
en die vrugte daarvan eet.” (Amos 9: 14). Dit word gesê van die geestelike kerk of “Israel” waarvan die
aanplanting van wingerde en die drink van die wyn daarvan ter sprake is wanneer dit weer so word dat
hulle weer geloof uit naasteliefde verkry. In Sef: “...en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie, en
as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.” (Sef. 1: 13; Amos 5: 11). Hier word die
teenoorgestelde situasie verduidelik, wanneer die geestelike kerk verstrooi en verwoes is. In Sag: “En
Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en
hulle verbly...” (Sag 10: 7); en dit word gesê van die huis van Juda, dat dit so sal wees uit die goeie en die
waarheid van die geloof. In Joh: “...en moenie die olie en die wyn beskadig nie..” (Openb 6: 6),
bedoelende dat daar geen skade gedoen moet word aan die hemelse en geestelike nie, of aan dit wat
van die liefde en die geloof is nie. [6] Want wyn dui op die geloof in die Meester, in die Joodse kerk was
die geloof verteenwoordig in die offerandes deur 'n plengoffer (uitgiet) van wyn. (Num. 15: 2‐15; 28: 11‐
15, 18‐31; 29: 7‐39; Lev 23: 12‐13; Exod. 29: 40). Daarom word in Hosea gesê: “Dorsvloer en parskuip sal
hulle nie voer nie, en die mos sal hulle in die steek laat. Hulle sal in die land van JHWH nie bly nie, maar
Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is. Hulle sal vir JHWH geen wyn
uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie.” (Hos. 9: 2‐4). Hier is die onderwerp
Israel, of die geestelike kerk, en hulle in dit wat die heilige en ware dinge van die geloof besoedel, onteer
en skend deur dit te ondersoek deur middel van kennis en argumente. “Egipte” is geheue‐kennis, Assirië
(Assur) is argumente, en “Efraim” is een wat rede voer.
|
|
|
|
|