|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 452
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
922. En van al die rein diere en van al die rein voëls geneem. Dat dit die goeie van die naasteliefde en
die waarheid van die geloof aandui, is al hierbo aangetoon; dat “dier” die goeie van die naasteliefde
aantoon (n. 45‐46, 142‐143, 246); en dat “voël die waarheid van die geloof aandui (n. 40, 776).
Brandoffers was gebring uit jong osse, of lammers en bokke, en van tortelduiwe en jong duiwe (Lev. 1:
3‐17; Num. 15: 2‐15; 28: 1‐31). Hierdie was rein diere, en elkeen van hulle dui op `n sekere spesiale ding.
En omdat hulle hierdie dinge aandui in die Antieke Kerk en dit verteenwoordig in die kerke wat volg, is
dit duidelik dat brandoffers niks anders was as die verteenwoordiging van interne aanbidding nie; en dat
wanneer dit afgeskei word van interne aanbidding, word hulle afgodies. Dit kan enigeen met `n goeie
verstand insien. Want wat is `n altaar anders as iets van klip gebou, en wat is `n brandoffer en
offerandes anders as om `n dier te slag? As daar Goddelike aanbidding is, moet dit iets hemels
verteenwoordig wat hulle ken en erken, en waaruit hulle Hom aanbid waardeur Hy verteenwoordig
word. [2] Dat hierdie verteenwoordigers van die Meester is, kan niemand oor onkundig wees nie, tensy
hy onwillig is om enigiets te verstaan aangaande die Meester. Dit is deur interne dinge, naamlik,
naasteliefde en die geloof daaruit, dat Hy wat verteenwoordig word gesien, erken en geglo moet word,
soos dit duidelik is in die Profete, soos byvoorbeeld in Jer: “So sê JHWH van die leërskare, die God van
Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis. Want Ek het met julle vaders, op dié dag dat
Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met
brandoffer of slagoffer nie.” (Jer. 7: 21‐13). “So sê JHWH” is om te luister en om te gehoorsaam, dit is
om die wet te gehoorsaam, wat `n verband het en almal teruggaan na die een gebod: om JHWH bokant
alles en almal lief te hê, en die naaste soos jouself, aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die
profete. (Matt. 22; 37‐40; 7: 12). In Dawid: “U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; brandoffer en
sondoffer het U nie geëis nie. Ek het lus, O, God, om U welbehae te doen, en U wet is binne‐in my
ingewande.” (Ps. 40: 7, 9). [3] In Sam: “Daarop sê Samuel: Het JHWH behae in brandoffers en slagoffers
soos in gehoorsaamheid aan die stem van JHWH? Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer; om
te luister, beter as die vet van ramme.” (1 Sam. 15: 22). Wat bedoel word deur “luister, of gee gehoor
aan die stem” kan gesien word in Miga: “Waarmee sal ek JHWH tegemoet gaan en my buig voor die hoë
God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal JHWH `n welbehae hê in
duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die
vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat
vra JHWH van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
(Miga 6: 6‐8). Dit is wat aangedui word deur “brandoffers en offerandes van rein diere en voëls.” So in
Amos: “Want al bring julle My brandoffers saam met spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en
die dankoffer van jul vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. Maar laat die reg aanrol
soos watergolwe, en geregtigheid soos `n standhoudende stroom.” (Amos 5: 22, 24). “Reg” is waarheid
en “geregtigheid is die goeie, beide uit naasteliefde, en hierdie is die “brandoffers en offerandes” van
die interne mens. In Hos: “Want Ek het `n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God
meer as in brandoffers.” (Hos. 6: 6). Uit hierdie aanhalings is dit duidelik dat offerandes en brandoffers
daar is waar daar nié naasteliefde van die geloof is nie; en dit is ook duidelik dat rein diere en rein voëls
die goeie en die naasteliefde van die geloof verteenwoordig, omdat hulle aanduidend daarvan is.
|
|
|
|
|