|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 430
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
Die Eerste Drie Kerke 901‐950 (Afr)
Emanuel Swedenborg – 1688‐1772
Arcana Coelestia – Geheime van die Hemele
Die Faktore betrokke by die Wedergeboorte van die mens van die Antieke Kerk‐
Deel I
901. Dat die “sewen‐en‐twintigste dag” dit aandui wat heilig is, is duidelik uit dit wat nou net gesê is,
siende dat dit saamgestel is uit drie – wat twee keer met homself vermenigvuldig is. Drie vermenigvuldig
met homself is nege, en nege vermenigvuldig met drie is sewen‐en‐twintig. In “sewen‐en‐twintig” is drie
dus die heersende syfer. So het die Mees Antieke mense hulle syfers bereken, en verstaan onder dit niks
anders as werklike dinge nie. Dat “drie” dieselfde betekenis het as “sewe” is duidelik uit dit wat nou net
gesê is. Daar is `n verborge rede hoekom die Meester op die derde dag opgestaan het. Die Meester se
opstanding betrek al die heilighede, en die opstanding van almal, en daarom is in die Joodse Kerk hierdie
nommer `n verteenwoordiging, en in die Woord is dit heilig, net soos wat dit in die hemel is, waar daar
aan geen nommers gedink word nie, maar in plaas van “drie” en “sewe” het hulle `n algemene idee van
die opstanding en van die koms van die Meester. [2] Dat “drie” en “sewe” dit aandui wat heilig is, is
duidelik uit die volgende aanhalings uit die Word. In Moses: “Die een wat aan `n dooie, enige lyk van `n
mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees. Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom
daarmee ontsondig – dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie
ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie. En elkeen wat op die oop veld aan iemand raak wat deur die
swaard verslaan is, of aan `n dooie of aan `n mens se doodsbeen of aan `n graf, sal sewe dae lank onrein
wees. En die reine moet die onreine op die derde en op die sewendfe dag besprinkel en hom op die
sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein
wees.” (Num. 19: 11‐12, 16, 19). Dat hierdie dinge verteenwoordigers is, of dat dié uiterlike dinge die
innerlike dinge aandui, is baie duidelik, dat die een wat die dooie liggaam aanraak, een wat geval het
deur die swaard, `n been van `n dooie mens, `n graf, onrein sal wees vir `n voorgeskrewe tydperk. Al
hierdie dinge dui in die interne sin van die woord op die dinge van die mens wat eie aan homself is, wat
dood, ongewyd, en goddeloos is. Ook die gewassery in water en om skoon te kom teen die aand is,
verteenwoordigers, en ook die derde dag en die sewende dag, wat aandui wat heilig is, omdat hy op
daardie dae gesuiwer is en skoon geword het. [3] Op dieselfde manier aangaande hulle wat teruggekeer
het van die geveg teen die Medianiete: “En julle, slaan sewe dae lank `n kamp op buitekant die laer;
elkeen wat `n mens gedood en elkeen wat aan `n gesneuwelde geraak het ‐ julle moet julle op die derde
dag en op die sewende dag ontsondig, julle en julle gevangenes.” (Num 31: 19). As hierdie nie `n ritueel,
en die derde en die sewende dag nie verteenwoordigers was, en die betekenis van heiligheid gehad het,
of boetedoenning was nie, sou dit `n dooie ding gewees het, soos dit wat nie `n rede het nie, of soos `n
rede sonder `n einddoel, of `n ding wat afgeskei is van sy oorsaak, en hierdie oorsaak sonder `n einddoel,
en dus op geen manier Goddelik nie. Dat die “derde dag” verteenwoordigend was, en dus betekenisvol,
van dit wat heilig is, is baie duidelik uit die koms van die Meester op die berg Sinai, waarvandaan die
opdrag gekom het: “Verder het JHWH aan Moses gesê: “Gaan na die volk en heilig hulle vandag en
môre, en laat hulle hul klere was, en hulle gereed hou teen die derde dag; want op die derde dag sal
JHWH voor die oë van die volk op die berg Sinai afdaal.” (Ex. 19: 10‐11, 14‐15). Vir dieselfde rede het
Joshua die Jordaan oorgesteek op die derde dag: “Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak
vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan
neem, wat JHWH julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.” (Jos. 1: 11; 3: 2). Die oorgang van die
Jordaan verteenwoordig die inleiding van die seuns van Israel, dit is, van hulle wat wedergebore is, in die
koninkryk van die Meester; Joshua, wat hulle gelei het, verteenwoordig die Meester; en dit was gedoen
op die derde dag. Omdat die derde dag heilig was, soos die sewende, was dit verordineer dat die jaar
van die tiendes die derde jaar sou wees, dan moet die volk hulle heilig vertoon deur werke van
naasteliefde (Deut. 26: 12‐15); die “tiendes” verteenwoordig die oorblyfsels, en omdat dit slegs van die
Meester af is, is dit heilig. Dat Jona drie dae en drie nagte in die vis se maag was, (Jona 1: 17)
verteenwoordig die begrafnis en die opstanding van die Meester op die derde dag (Matt. 12: 40). [5]
Dat “drie” die heilige dinge aandui, is ook duidelik in die Profete, soos in Hosea: “Hy sal ons ná twee dae
lewend maak, en op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig mag lewe.” (Hos. 6: 2),
waar die “derde dag” ook duidelik die koms van die Meester en Sy opstanding aandui. In Sag: “En in die
ganse land, spreek JHWH, ‐ twee‐derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een‐derde daarin
oorbly. Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos `n mens silwer smelt, en hulle
toets soos `n mens goud toets. (Sag. 13: 8‐9), waar die “derde deel” soos “drie” dit wat heilig is aandui.
Dieselfde is betrokke by die derde deel en by drie, en ook `n derde deel van `n derde deel, soos in die
huidige aanhaling, want drie is `n derde van `n derde van sewen‐en‐twintig.
|
|
|
|
|