|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 450
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
920. In hierdie vers word die aanbidding van die Antieke Kerk oor die algemeen beskryf, en dit deur die
“altaar” en die “brandoffers” wat die hoofdoel in alle verteenwoordigende aanbidding was. In die eerste
plek sal ons eers die aanbidding wat in die Mees Antieke Kerk bestaan het, beskrywe, en daaruit
aantoon hoe daar `n aanbidding van die Meester ontstaan het deur middel van verteenwoordiging. Die
mens van die Mees Antieke Kerk het geen ander aanbidding gehad as die interne nie, soos wat daar in
die hemel is; want vir hulle was die hemel in kommunikasie met die mens, sodat hulle `n eenheid
uitgemaak het; en hierdie kommunikasie was waarneming, waarvan ons alreeds hierbo melding gemaak
het. Dus om engelagtig te wees, was om `n interne mens te wees, en alhowel hulle bewus was van die
sintuiglike dinge van die liggaam en die wêreld, het hulle niks daarvoor omgegee nie, want in alle
objekte of voorwerpe van die sintuie het hulle iets Goddeliks en hemels waargeneem. As voorbeeld;
wanneer hulle `n hoë berg gesien het, het hulle `n idee waargeneem, nie van `n berg nie, maar `n
opligting of verhoging, en uit verhoging, van die hemel en die Meester, waaruit dit dan voortvloei dat
gesê word dat die Meester bly op die hoogtes. Hyself word dan genoem “Die Allerhoogste en die
Verhewe een” en daarna was die aanbidding van die Meester op hoë berge gehou. So ook met ander
dinge; soos wanneer hulle die oggend waarneem, dan sien hulle nie die oggend van die dag nie, maar dit
wat hemels is, en wat soos `n oggend en `n dagbreek is in die denke van die mens, en waaruit die
Meester genoem word die “Oggend” die “Ooste” die “Dagbreek” en “Dageraad.” So ook wanneer hulle
na `n boom kyk met sy blare en vrugte, kyk hulle nie na die blare of die vrugte nie, maar sien die mens
asof hy daarin verteenwoordig word; in die vrugte die liefde en die naasteliefde, in die blare die geloof;
en hieruit was die mens nie net vergelyk met `n boom of die paradys nie, en dit wat in hom is met die
blare en die vrugte, maar hy was selfs so genoem ook. So is hulle wat in die hemelse en engele idee is.
[2] Enigeen mag weet dat `n algemene idee regeer alle besonderhede, dus alle objekte of doelwitte van
die sintuie, sowel as die wat gesien en gehoor word, soveel so dat nie aan die objekte aandag gegee
word behalwe so ver as wat dit in die mens se algemene idee invloei nie. Dus, vir hom wat opgewek is in
die hart, kom alle dinge wat hy sien en hoor voor asof hulle glimlag en vrolik is; maar hy wat
swaarmoedig van hart is sien en hoor dinge wat droewig en mismoedig is, en so ook in ander gevalle.
Want die algemene emosie is in al die besonderhede, en veroorsaak hulle om gesien te word in die
algemene emosie, terwyl alle ander dinge nie eers te voorskyn kom nie, maar is asof dit afwesig is, of
van geen belang nie. En so was dit met die mens van die Mees Antieke Kerk; wat hy ookal met sy oë
gesien het, was hemels vir hom; en dus het alles vir hom geblyk asof dit lewe. En dit wys die karakter
van sy Goddelike aanbidding, dat dit intern was, en glad nie ekstern nie. [3] Maar toe die kerk begin
agteruit gaan, soos in die nageslag, en dat die waarneming of kommunikasie met die hemel begin om
verlore te raak, het `n ander staat van dinge tevoorskyn gekom. Want nie lange meer het die mens die
hemelse dinge waargeneem in die objekte van die sintuie, soos voorheen gedoen is nie, maar slegs dit
wat wêrelds was, en dit in `n vermeerdere mate in die verhouding met die verlies van hulle waarneming,
en ten laaste, in die laaste geslag wat bestaan het net voor die vloed, het hulle in die dinge net
waargeneem dit wat wêrels, liggaamlik en aards was. Dus was die hemel afgeskei van die mens, ook het
hulle nie gekommunikeer nie, behalwe baie verlangs; en kommunikasie was vir die mens geopen met
die hel, en daaruit kom sy algemene idees en opvattings, waaruit alle idees van alle besonderhede
voortvloei, soos alreeds aangetoon. En wanneer enige hemelse idee homself aanbied, was dit vir hulle
niks, dat hulle ten laaste nie eers gewillig was om dit te erken dat daar enigiets geestelike en hemels was
nie. Dus het die staat van die mens verander en was omgekeerd. [4] Die Meester het voorsien dat die
staat van die mens so sal verander. Hy het voorsien vir die bewaring van die doktrinale dinge van die
geloof ten einde dat die mens kan weet wat is hemels en wat is geestelik. Hierdie doktrinale dinge is
bymekaar gemaak vanaf die mense van die Mees Antieke Kerk deur hulle wat genoem word “Kain” en
ook deur hulle wat “Henog” genoem was. Daarom was dit gesê dat daar op Kain `n merk geplaas is sodat
niemand hom sou doodmaak nie (Gen. 4: 15, n. 398, 394); en van Henog dat hy weggeneem was deur
God (Gen. 5: 24). Hierdie doktrinale dinge bestaan slegs as aanduiding, en dus as raaiselagtige dinge, dit
is, in die betekenis van verskeie voorwerpe op die aangesig op hierdie aarde, soos die berge wat
hemelse dinge en die Meester aandui, dat die oggend en die ooste dieselfde beteken; dat bome en hulle
verskeie vrugtes die mens en sy hemelse dinge aandui, ens. In dinge soos hierdie bestaan hulle
doktrinale dinge, alles wat bymekaar gemaak is vanaf die betekenisse gebruik deur die Mees Antieke
Kerk; en gevolglik was hulle geskrifte ook van dieselfde aard. En in hierdie verteenwoordigers het hulle
vereer, en daardeur aanskou wat Goddelik en hemels is, en ook uit die antieke waarde daarvan, was
hulle aanbidding begin en was so toegelaat, en dit was die begin van hulle aanbidding op die berge, en in
bosse en in die middel van bome, en ook van hulle pilare of beelde in die opelug, en ten laaste hulle
altare en brandoffers wat agterna die hoofbeginsel van alle aanbidding geword het. Hierdie aanbidding
is begin deur die Antieke Kerk en oorgeplaas na die nageslag en na alle nasies in die omgewing, behalwe
nog baie ander dinge, waarvan, met die Meester se genade meer hieroor later.
|
|
|
|
|