DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 595

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1066. En met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners. Dat dit aandui dat uit hulle ontspring al die doktrines, beide waar en vals, is duidelik uit die betekenis van “aarde.” “Arde” of “land” in die Woord, word gebruik met verskillende betekenisse. In die universele sin dui dit op die plek of streek waar die kerk is, of waar dit gewees het, soos die land “Kanaän,” die land van “Juda”, of die land van “Israel.” Dus dui dit universeel op elkeen wat aan die kerk behoort, siende dat die land toepaslik is op die mens wat daarin is, soos wat ons dit in die algemene spreektaal ken. Daarom, in die antieke tye, wanneer die mens gepraat het van “die hele aarde” bedoel hulle nie die gehele wêreld nie, maar slegs die land waar die kerk is, en dus die kerk homself; soos dit duidelik is uit die volgende aanhaling in die Woord. In Jes: “Kyk, JHWH maak die aarde leeg en verwoes dit…die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder… die aarde treur, dit verwelk…want die aarde is ontheilig onder sy bewoners…daarom verteer die vloek die aarde…daarom word die bewoners van die aarde deur `n gloed verteer en bly daar min mense oor. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe. Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan die wankel, die aarde word geheel en al geskud. Die aarde waggel geheel en al soos `n dronkaard en swaai heen en weer soos `n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.” (Jes. 24: 1, 3‐6, 18‐20). Die “aarde” hier dui die mense aan wat daarin is, en inderwaarheid, die mense van die kerk, dus die kerk homself, en die verstrooide dinge van die kerk, want wanneer dit verstrooi is, (vastated) word gesê dat dit “leeg” is, of “swaai heen en weer,” “waggel soos `n dronkaard,” “word geskud,” en “val en nie weer opstaan” nie. [2] Dat deur “aarde” en “land” die mens aangedui word, gevolglik die kerk, wat van die mens is, of wat uit die mens bestaan, kan gesien word in Maleági: “En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees.” (Mal 3: 12). Dat “aarde” die kerk aandui, kan in Jes. gesien word: “Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?” (Jes. 40: 21), waar die “fondamente van die aarde” die fondamente van die kerk aandui. Weereens: “Want kyk, Ek skep nuwe hemele en `n nuwe aarde.” (Jes.65: 17; 66: 22’ Open. 21: 1). “Nuwe hemele en `n nuwe aarde” dui op die koninkryk van God en die Kerk. In Sag: “JHWH spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer” (Sag. 12: 10), bedoelende die kerk. Weereens, soos voorheen in Gen: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape (Gen. 1: 1). “So is dan voltooi die hemel en die aarde (Gen. 2: 1). “Die dag toe God die hemel en die aarde gemaak het (Gen 2: 4), en orals word die kerk aangedui wat geskep, gevormeer, en gemaak is. In Joël: “Voor Hom bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart…” (Joël 2: 10), bedoelende die kerk en die dinge van die kerk, wanneer hulle in verstrooiing begin gaan (vastated= Latyn vir ontbloting, ontkleding, ontdoenning, verwoesting, verstrooiing); Dit word gesê dat “hemel en aarde” sal sidder; en die “son en maan” sal swart word, dit is, liefde en geloof. [3] In Jer: “Ek het na die aarde gekyk en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.” (Jer 4: 23). Hier dui die aarde baie duidelik op die mens in wie daar niks van die kerk is nie. Weereens: “Die hele land sal `n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie. Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra…” (Jer. 4: 27‐28). Hier word ook die kerk bedoel, wie se eksternes die “aarde” is en die internes die “hemel” waarvan gesê word dat hulle swart sal wees met geen lig in hom nie, wanneer daar nie meer wysheid van die goeie en die intelligensie van die waarheid is nie. Dan is die aarde ook woes en leeg; net soos die mens van die kerk wat `n kerk moet wees. Dat op ander plekke die “hele aarde” ook net die kerk bedoel word, kan gesien word in Daniel: “Die vierde dier sal die vierde koninkryk wees, wat verskil van al die ander koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel. (Dan 7: 23); die “hele aarde” dui die kerk aan en alles wat van die kerk is; want die Woord behandel nie, soos sekulêre geskrifte, die soewereine monargieë nie, maar die heilige dinge en state van die kerk, wat hier aangedui word deur die “koninkryke van die aarde” [4] In Jer: “…en `n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. En die wat deur JHWH verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde…” (Jer. 25: 32‐33), hier beteken “van die een einde tot die ander einde van die aarde” die kerk en alles wat van die kerk is. In Jes: “Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.” (Jes. 14: 7), waar die “hele aarde ook die kerk aandui. In Eseg: “Tot vreugde van die hele aarde…” (Eseg. 35: 14), waar die “hele aarde” ook hier die kerk aandui. In Jes: “Soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie…” (Jes. 54: 9), waar die “aarde” die kerk aandui. Omdat die kerk hier behandel word. [5] Omdat “aarde” of “land” die kerk aandui, dui dit dít wat van die kerk is ook aan, want elke woord wat so is het `n teenoorgestelde bedoeling; as voorbeeld, die verskillende lande van die Heidene; in die algemeen alle lande buite Kanaän. “Land” word ook geneem vir die mense en vir die mens buite die kerk, en daarom vir die eksterne mens, vir sy wil, sy Eie, ens. Die term word baie min in die Woord gebruik vir die werklike wêreld, behalwe waar na die hele menslike ras verwys word ten opsigte van hulle state, of hulle van die kerk is of nie van die kerk nie. En omdat die aarde die houer van die grond is, wat ook die kerk aandui, en die grond die houer van die veld is, dui die “aarde” dus op baie dinge, want dit betrek baie dinge, en wat dit aandui, is duidelik uit die onderwerp wat dit behandel, en sal dan dít wees waarop die term van toepassing is. Uit al hierdie is dit duidelik dat deur die “hele aarde” wat deur die seuns van Noag beset is, word nie die hele wêreld aangedui nie, of die hele menslike ras nie, maar al die doktrines, beide waar en vals wat op die kerk van toepassing is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205