DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

566. Deur die “aangesig van die adamiet se grond” word bedoel al daardie streke waar die kerk was, en is duidelik uit die betekenis van “Aarde;” want in die Woord word daar `n akurate onderskeiding gemaak tussen “grond” en “aarde;”‐ deur “grond” oraloor word bedoel die kerk, of iets wat aan die kerk behoort; en hiervan kom die naam van “mens” of “Adam” wat “grond” is; en deur “aarde” oraloor word dit op verskeie plekke bedoel waar daar geen kerk is nie, of enigiets wat aan die kerk behoort nie, soos in die eerste hoofstuk, waar slegs “aarde” genoem word, omdat daar op daardie stadium nog nie `n kerk was, of `n wedergebore mens nie. Oor die “grond” word eers gepraat in die tweede hoofstuk, omdat daar toe `n kerk was. Op dieselfde manier word dit hier gesê, en in die opvolgende hoofstuk (Gen. 7: 4, 23), dat “al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die grond af verdelg” dui op die streek waar die kerk was; maar in Gen: 7: 3, word gepraat van `n kerk wat opgerig gáán word, word dit gesê, “om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.” “Grond” het dieselfde betekenis oral in die Woord; soos in Jesaja: “Want JHWH sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land (grond) laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal aansluit by die huis van Jakob. En die volke sal hulle neem en op hulle woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land (grond) van JHWH as besitting verwerwe...” (Jes. 14: 1‐2), en hier word gepraat van die kerk wat opgerig was; waar dit so is dat as daar geen kerk is nie in dieselfde hoofstuk, word dit dan genoem “aarde” (Jes. 14: 9, 12, 16, 20‐21, 25‐26. [2] Weereens: “En die (grond) land Juda sal vir die Egiptenaars `n skrik wees...in dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek (Jes. 19: 17‐18), waar “grond” die kerk voorstel, en “land” (aarde) waar daar geen kerk is nie. In dieselfde: “Die Aarde waggel geheel en al soos `n dronkaard en swaai heen en weer soos `n naghut; En in dié dag sal JaHWeH besoeking doen oor die leërmag van die hoë hoogtes (hoë grond) en oor die konings van die Adamah (Aarde).” (Jes. 24: 20‐ 21). In Jer: “Weens die Adamah (aarde) wat verslae is, omdat daar geen reën op die Aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof. Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi [haar lam] weg” (Jer. 14:4‐5), waar “aarde” dit is wat die “grond” bevat en die “grond” wat weer die “veld” bevat. [3] In dieselfde: “maar” So waar as JaHWeH leef wat die saadlyn van die huis van JisraEL laat optrek en laat kom uit die Aarde van die Noorde (land) en uit al die dele van die Aarde waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle Adamah (grond). (Jer. 23: 8). Waar “land” en “lande” die gedeeltes is waar geen kerk is nie; “grond” waar daar wel `n kerk of ware aanbidding is. Weereens: “...en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie Aarde (land) oorgebly het en die wat in die Aarde (land) van Egipte woon. En Ek sal hulle `n skrikbeeld maak, besoedeling vir al die konings van die Aarde, en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongesnood en die pes, totdat hulle omgekom het vanaf die Adamah (grond) wat Ek aan hulle en hulle vaders gegee het. (Jer. 24: 8‐10), waar “grond” die doktrine en die aanbidding wat daaruit vloei, aandui; en dieselfde kom voor uit dieselfde Profeet, hoofstuk 25: 5. [4] In Eseg: “Ek sal julle uit die volke uitlei en julle uit die Aarde (lande) versamel waarin julle verstrooi was, en ek sal My in julle as die Aparte Een laat ken voor die oë van die nasies. En julle sal weet: Ek – JaHWeH as Ek julle in die Adamah (grond) van Israel bring, in die deel van die Aarde (land) waar Ek My hand oor opgehef het om haar aan julle vaders te gee.” (Eseg. 20: 41‐42), waar “grond” die innerlike aanbidding aandui; maar dit word “land” genoem wanneer daar geen innerlike aanbidding is nie. In Mal: “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrengs van julle Adamah (grond) nie sal verwoes nie. En al die nasies sal julle geseënd noem, omdat julle Aarde (land) Vreugdevol sal wees.” (Mal. 3: 11‐12), waar die “land” die “houer” aandui, en daarom dui dit duidelik op die “mens”, wat “land” genoem word, waar “grond” weer op die kerk of doktrine dui. [5] In Deut: “...Hy sal wraak oefen op Sy teëstanders en versoening bewerk vir Sy Adamah (grond) en Sy volk.” (Deut. 32: 43), en verwys na die kerk van die heidene wat “grond” genoem word. In Jes: “Want voordat die Seuntjie weet om te verwerp wat besoesel is en te kies wat suiwer is, sal die Adamah (grond) waaroor jy treur verlate wees, uit die aangesig van haar twee konings.” (Jes 7: 16). Die “grond wat verlate is” dui op die kerk, of die ware doktrine van die geloof. Dat “grond” en “veld” so genoem word deurdat dit met saad beplant word, is duidelik; soos in Jes: “Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die Adamah (grond) besaai, en die osse en die esels wat die Adamah (grond) bewerk.” Jes: 30: 23‐24). En Joël: “Die veld is verwoes, haar Adamah (grond) treur; want die koring is verwoes...” (Joël 1: 10). Daarom is dit dan duidelik dat “mens” wat in Hebreeus die “Adam” genoem word, en dus uit die “aarde” die kerk voorstel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205