|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 408
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
878. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en hom by hom in die Ark gebring. Dat dit sy eie
krag aandui, en dat hy gedoen het wat goed was, en gedink het wat waar was uit homself, is duidelik uit
die betekenis van “hand” as krag, en hier sy eie krag waaruit hy hierdie dinge gedoen het. Want deur “sy
hand uit te steek en hom gegryp en in die Ark by hom gebring” is om die waarheid wat bedoel word
deur die “duif,” toe te pas en aan homself toe te skryf. Deur die “hand” word krag aangedui, asook
outoriteit [potestas], en die daaruit afgeleide selfvertroue, en is duidelik uit baie gedeeltes uit die
Woord; soos in Jes: “...dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië
se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen, en
deur my wysheid...” (Jes. 10: 12‐13), waar “hand” sy eie krag aandui van dit wat hy gedoen het, en dit
was die oorsaak van die besoeking aan hom. Weereens: “En as hy sy hande daarin uitsprei soos `n
swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy
hande.” (Jes. 25: 11); waar die “hande” weereens die mens se eie krag aandui, waar hy homself beskou
as bokant ander, dus uit trotsheid. [2] Weer: “Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!” (Jes. 45: 9), en dit
beteken hy het geen krag nie. In Eseg: “Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en
die hande van die mense van die land sal met skrik verlam wees.” (Eseg. 7: 27), waar die hande
weereens krag beteken. Booshede is van die Eie van die mens se wil, valshede is van die Eie van sy
intelligensie. Dat dit die bron van die booshede en valshede is, is duidelik genoeg uit die natuur van die
mens se Eie, wat niks anders as booshede en valshede is nie (soos hierbo gesien kan word in n. 39, 41,
141, 150, 154, 210, 215). Soos wat “hande” in die algemeen krag voorstel, word dit ook baie keer in die
Woord toegeskryf aan JHWH, of die Meester, en dat onder “hande” ook die Almag van JHWH verstaan
word, soos in Jes. “JHWH, is U hand opgehef, hulle sien dit nie...”. (Jes. 26: 11), en dui die Goddelike krag
aan. Ek – My hande het die hemele uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.” (Jes 45:
12). Die wedergeborene word dikwels in die Woord die “werk van die hande van JHWH” genoem. In
dieselfde: “Ook het My hand die aarde gegrond, en My regterhand die hemele uitgesprei.” (Jes. 48: 13),
waar “hand” en “regterhand” Almag beteken. [4] Weereens: “Ag, JHWH kyk, U het die hemel en die
aarde gemaak deur U grote krag en deur U uitgestrekte arm... en U volk Israel uitgelei het uit Egipteland
deur tekens en wonders en deur `n sterke hand en deur `n uitgestrekte arm...” (Jer. 17, 21), en dui die
Goddelike krag aan, “krag” wat genoem word in die sewentiende vers, en “hand” in die een‐entwintigste.
Dat Israel uit Egipteland uitgebring is deur `n “sterke hand en met `n uitgestrekte arm” word
dikwels gesê. Soos in Eseg: “...het Ek My hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob...op dié dag
het Ek My hand opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei...” (Eseg. 20: 5‐6). In Moses: “Ook het Israel
die magtige hand (daad) gesien wat JHWH aan die Egiptenare verrig het...”(Ex. 14: 31). [5] Dat deur die
“hand” is dit nou baie duidelik dat “krag” daardeur bedoel word. Inderdaad was “hand” so betekenisvol
as krag dat dit ook sy verteenwoordiger geword het, soos dit duidelik is uit die wonderwerke wat in
Egipte gedoen was, toe Moses beveel was om sy staf uit te steek na die hemel, en JHWH het hael op die
aarde laat reën op die land van Egipte. (Ex. 9: 22, 23). “Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en
JHWH het deur `n sterk oostewind die see laat wegvloei...en Moses het sy hand oor die see uitgestrek,
en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei...” (Ex. 14: 21, 27). Niemand met die potensiaal
om reg te dink kan glo dat daar so `n krag was in die hand en staf van Moses nie, maar omdat die oplig
en uitstrek van die hand die Goddelike krag aandui, word dit `n verteenwoordiger in die Joodse Kerk. [6]
Dit was dieselfde toe Joshua sy spies uitstrek: “En JHWH het vir Joshua gesê: Steek die spies wat in jou
hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Joshia die spies wat in sy hand was,
na die stad uit. En Joshia het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die
inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.” (Jos. 8: 18, 26). Uit hierdie is dit ook duidelik hoe die
saak gestaan het met die verteenwoordiging wat die uiterlikes was van die Joodse Kerk; en ook hoe dit
met die Woord gesteld was; dat die dinge in sy eksterne sin nie voorkom asof dit verteenwoordigend
van die Meester en Sy koninkryk is nie, en hier die uitstrekking van die hand, en al die ander soortgelyke
dinge, wat nie die voorkoms het van verteenwoordiging nie, terwyl die denke slegs op die historiese
besonderhede van die letter gerig is. Dit is ook duidelik hoe die Jode weggeval het van die ware en
korrekte verstaan van die Woord en van die rites van die kerk, terwyl hulle alle aanbidding laat bestaan
slegs uit die eksternes en niks van die innerlikes nie, selfs tot die mate dat deur aan die staf van Moses
en die spies van Joshua werklike krag toe te skryf, terwyl daar net so min krag in was soos in `n stuk
hout. Maar omdat die Almag van die Meester hierdeur aangedui word, en dit word so in die hemel
verstaan wanneer die hand of staf uitgestrek word, volg die tekens en wonderwerke daarop. [7] So was
dit ook toe Moses op die top van die berg sy hande opgehou het, het Joshua die oorhand gehad, en
wanneer hy sy hande laat sak het, is Joshua oormeester, en daarop het Aäron en Hur sy hande
ondersteun. (Ex. 17: 9‐13). Dus was dit hoekom daar hande opgelê was deur die kinders van Israel op die
Leviete toe hulle ingeseën was (Num. 8: 9, 10, 12), en op Joshua deur Moses, toe hy in sy plek aangestel
was (Num. 27: 18, 23), ten einde dat daar krag op hierdie manier aan hulle verskaf kan word. Daarom
word hierdie rite nog steeds onderhou by die inseën of inhuldiging deur die oplê van hande. Tot watter
mate die hand verteenwoordigend en aanduidend van krag is, is duidelik uit wat gesê is in die Woord
betreffende Ussa en Jeróboam. Wat Ussa betref word gesê dat hy sy hand uitgesterk het na die Ark van
God, en daaraan geraak, en as gevolg daarvan het hy gesterf (2 Sam. 6: 6, 7). Die “Ark” verteenwoordig
die Meester, dus alles wat heilig en hemels is. Ussa wat sy “hand” uitstrek na die Ark, verteenwoordig
die mens se krag, of dit wat sy Eie is, (persoonlike individualiteit), en omdat dit heiligskennis of
besoedeld is, word die woord “hand” hier verstaan, maar word nie uitgedruk in die oorspronklike nie, uit
vrees dat die engele dit sal waarneem dat so `n besoedelde ding die Ark aangeraak het. [8] En omdat
Ussa dit gedoen het, het hy gesterf. Wat betref Jeróboam word gesê: “En net toe die koning die woord
van die man van God hoor wat hy teen die altaar van Bet‐el uitgeroep het, steek Jeróboam sy hand uit
bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgestrek het, het styf geword,
sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog
die aangesig van JHWH jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van
God het die aangesig van JHWH om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom
teruggekeer het en dit soos tevore was.” (1 Kon. 13: 4‐6). Net so hier ook, “om die hand uit te strek”
word die krag van die mens aangedui, of sy Eie, wat besoedel is, en dat die begeerte is om dit wat heilig
is te ontheilig deur sy hand uit te strek teen die man van God; daarom het die hand opgedraag; maar
omdat Jeróboam `n afgodsaanbidder was kon hy nie ontheiliging pleeg nie, en was sy hand weer herstel.
Dat die “hand” krag verteenwoordig en aandui, is duidelik uit die verteenwoordigers in die wêreld van
die geeste, waar `n nakende arm somtyds tevoorskyn kom, waarin daar genoeg krag is om `n mens se
bene te vergruis en om die binneste van die murg te verpletter tot niks, wat soveel angs veroorsaak dat
dit die hart wegsmelt.
|
|
|
|
|