|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 542
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
1013. Want God het die mens na Sy beeld gemaak. Dat dit naasteliefde aandui, wat die “beeld van God”
is, volg as `n gevolgtrekking. In die vorige vers was naasteliefde behandel, wat aangedui word deur
“bloed” en dat dit nie uitgeblus moet word nie, en was aangedui deur “nie bloed te vergiet nie.” Hier
volg dit nou dat Hy die mens gemaak het na die “beeld van God”; waaruit dit duidelik is dat naasteliefde
die “beeld” van God is. Wat die “beeld van God” is, weet enigiemand skaars in hierdie dae. Hulle sê dat
die beeld van God verlore gegaan het in die eerste mens, wat Adam genoem was en dat dit verseker `n
volmaakte beeld was 1031.1 van die natuur of gesteldheid waaroor hulle onbekend is, en inderdaad was
daar volmaaktheid, want by “Adam” of “Mens” word bedoel die “Mees Antieke Kerk” wat `n hemelse
mens was, en het volmaaktheid gehad, soos wat geen kerk agterna gehad het nie, vir die rede dat dit
ook `n gelykenis van God was. `n Gelykenis van die Meester dui op liefde teenoor Hom. [2] Nadat hierdie
kerk met die verloop van tyd vergaan het, het die Meester `n nuwe kerk gestig, wat nie `n hemelse maar
`n geestelike kerk was. Dit was nie `n gelykenis nie, maar in beeltenis van die Meester. `n “Beeltenis” dui
op geestelike liefde, dit is, liefde teenoor die naaste, of dan naasteliefde, soos dit alreeds voorheen
gewys is (n. 50‐51). Dat hierdie kerk `n beeltenis van die Meester was, en dit uit geestelike liefde, of
naasteliefde, is duidelik uit hierdie vers, en dat naasteliefde self `n beeltenis van die Meester is, is ook
duidelik want dit word gesê; “want God het die mens na Sy beeld gemaak,” dit is te sê, naasteliefde
homself het hom so gemaak. Dat naasteliefde die “beeltenis van God” is, is baie duidelik uit die essens
(wese) van liefde, of naasteliefde. Niks ander as liefde of naasteliefde kan `n beeltenis of gelykenis van
enigeen maak nie. Dit is die wese van die liefde en naasteliefde om van twee as’t ware een te maak.
Wanneer een persoon `n ander liefhet soos homself, en meer as homself, dan sien hy die ander in
homself, en homself in die ander. Dit kan enigeen weet as hy net sy aandag aan liefde skenk, of aan
hulle wat mekaar liefhet – die wil van die een is die wil van die ander, hulle is innerlik asof hulle aan
mekaar gevoeg is, en slegs in die liggaam afsonderlik van mekaar. [3] Liefde tot die Meester maak die
mens een met die Meester, dit is, `n ewebeeld van Hom. So ook naasteliefde, of liefde teenoor die
naaste, maak hom een met die Meester, maar as `n beeltenis. `n Beeltenis is nie `n gelykenis nie, maar is
in ooreenstemming, of na die gelykenis van [est ad similitudinem]. Hierdie eenheid kom voort deur die
Meester lief te hê soos beskrywe in Joh. “Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U;
dat hulle ook in Ons een mag wees…en Ek het hulle heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle
een kan wees, net soos Ons een is.” (Joh. 17: 21‐23). Hierdie “een wees” is daardie mistieke eenheid
waaroor sommige dink, en wat slegs deur liefde kan geskied. Weereens: “…maar julle sien My omdat Ek
lewe en julle sal lewe. In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is, en julle in My, en Ek in julle. Wie My
gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal My Vader liefhê, en Ek sal
hom liefhê en My aan hom openbaar.” (Joh. 14: 19‐23). Daarom is dit duidelik dat dit liefde is wat
saamsnoer of aanmekaar bind, en dat die Meester by hom woon wat Hom liefhet, en ook met hom wat
sy naaste liefhet, want dit is liefde tot die Meester. [4] Hierdie vereniging, wat `n gelykenis en ewebeeld
of beeltenis maak, kan nie so goed tussen mense gesien word nie, maar word in die hemel gesien, waar
alle engele deur gesamentlike liefde soos een is. Elke gemeenskap, wat uit baie bestaan, maak as’t ware
een mens uit. En al die gemeenskappe saam – of die universele hemel – maak een mens uit, wat ook
genoem word die “Groot Mens” (die Kosmiese Mens) (sien n. 457, 549). Die universele hemel is `n
gelykenis van God, want die Meester is die alles in alles wat daarin is. So is elke gemeenskap `n gelykenis
van die Meester, so‐ook elke engel. Die hemelse engele is gelykenisse, die geestelike engele is
gelykenisse, dus bestaan die hemel uit soveel gelykenisse soos wat daar engele is, en dit alleenlik net
deur wederkerige liefde – die een het die ander lief, meer as homself (sien n. 548, 549). Want ten einde
dat die algemene of universele hemel `n gelykenis kan wees, moet die dele, of engele, ook gelykenisse
wees, of beeltenisse wat in ooreenstemming met die gelykenis is. Tensy die algemene uit dele bestaan
wat soos hyself is, is dit nie `n algemene wat een maak nie. Uit hierdie dinge kan dit gesien word as `n
grondvorm, of patroon, 1013.2 wat `n gelykenis en `n beeltenis van God maak, naamlik, liefde tot die
Meester en teenoor die naaste; gevolglik, dat elke wedergebore geestelike mens, uit liefde en
naasteliefde, wat slegs van die Meester is, Sy beeltenis is. En hy wat in naasteliefde uit die Meester is, is
in “volmaaktheid;” waarvan, uit die Goddelike genade van die Meester, meer hieroor later.
|
|
|
|
|