|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 524
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
994. Alles wat beweeg en lewe. Dat dit alle plesiere aandui waarin daar die goeie is wat lewe, is
duidelik uit die betekenis van `n “ding wat beweeg” (al die diere, alles wat kruip) soos voorheen
aangetoon. Dat die “kruipende ding, of alles wat lewe” net die rein diere en voëls beteken, is duidelik
aan elkeen, want dit word gesê dat hulle as voedsel gegee is. Kruipende gediertes in hulle normale
betekenis is soos al die vuil en onrein diere van almal (soos genoem in Lev. 11: 23, 29, 30), en hulle is
almal onrein en kan nie geëet word nie. Maar in die breër sin, soos hier, word diere bedoel wat vir
voedsel gegee word, en tog word hulle “kruipende dinge of diere” genoem omdat hulle genot of plesier
aandui. Die mens se emosies word in die Woord aangedui deur rein diere, soos alreeds gesê, maar
siende dat sy emosies waargeneem word slegs in sy genietinge en plesiere, dat hy dit wel plesier noem,
word hulle “kruipende dinge of diere” genoem. [2] Plesiere is van twee soorte, daardie van die wil, en
daardie van die intelligensie. In die algemeen is daar die plesier van die besit van grond en rykdom, die
plesiere van eer van `n amp in die staat, die plesier van huweliks‐liefde en liefde vir die kinders, die
plesiere van vriendskap en geselskap van vriende, die plesiere om te lees, om te skryf en om te ken, om
wys te wees en baie ander. Daar is ook die plesiere van die sintuie: soos die plesier om te kan hoor, wat
gewoonlik spruit uit die soet klanke van musiek en sang, en die van sien, wat oor die algemeen dit is van
die verskeie mooi dinge, bv. in die natuur, en om te ruik, wat spruit uit die soetheid van geure; en om te
proe, wat spruit uit die aangename en gesonde voedsel en dranke; en van aanraking of gevoel, uit baie
genotvolle sensasies. Hierdie tipe plesiere, wat in die liggaam gevoel word, word genoem die plesiere
van die liggaam. Maar geen plesier kan ooit bestaan in die liggaam tensy dit bestaan en lewe uit `n
innerlike emosie nie, en geen innerlike emosie bestaan behalwe uit `n mees innerlike nie, waarin die
oorsprong en die einde is. [3] Hierdie dinge wat, in `n algemene orde, innerlik is, en wat voortkom uit dit
wat nog meer innerlik is, word nie deur die mens ervaar terwyl hy in die liggaam lewe nie, en die meeste
mense is skaars bewus daarvan dat dit bestaan, nog minder dat dit die bron van plesier is; wanneer niks
tog bestaan in die eksterne behalwe uit dinge wat innerlik geleë is. Die innerlike dinge lê nie oop om
besigtig te word, solank die mens in die liggaam lewe nie, behalwe aan hulle wat daaroor nadink. In die
ander lewe kom hierdie dinge vir die eerste keer te voorskyn, en inderdaad in die orde waarin die
Meester hulle ophef na die hemel. Innerlike emosies met hulle genot manifesteer hulleself in die wêreld
van die geeste, en die een meer innerlik met hul genot in die hemel van die engele geeste, en dan nog
méér innerlik met hul genot in die hemel van die suiwer engele; *want daar is drie hemele, die een meer
innerlik, meer volmaak, en meer gelukkig as die ander (sien n. 459, 684). Hierdie innerlikes ontvou en
bied hulleself aan, aan die waarneming in die ander lewe; maar solank as wat die mens in die liggaam
lewe, siende dat hy voortdurend in die idee en denke van die liggaamlike‐stoflike dinge is, is hierdie
innerlike dinge asof dit aan die slaap is, of latent, en is nog gedompel in die liggaamlike‐stoflike dinge.
Maar tog is dit duidelik aan enigeen wat terugdink, dat alle plesiere so is soos wat die emosies is, en dat
dit meer en meer innerlik in hulle orde is, en hulle ontvang hieruit al hulle essens (lewe) en kwaliteite.
[4] Siende dat die emosies wat meer innerlik in hulle orde geleë is, gevoel word in die ekstreme of
uiterlike dinge, dit is, in die liggaam as plesiere, word hulle genoem “kruipende dinge of diere” maar
hulle is slegs liggaamlik‐stoflike dinge geaffekteer deur innerlike dinge, soos dit aan enigeen duidelik
moet wees slegs deur die sig en sy plesiere. As daar nie innerlike sig is nie, sal niemand kan sien nie. Die
sig van die oog bestaan uit innerlike sig, en vir hierdie rede sien die mens na die dood net so goed, en
selfs beter as wanneer hy geleef het in die liggaam‐ nie die wêreldse en liggaamlike‐stoflike dinge nie,
maar die dinge in die ander lewe. Hulle wat blind was in die lewe van die liggaam, sien in die ander lewe
net so goed as hulle wat goeie sig gehad het. So‐ook die mens wat slaap, hy sien in sy drome net so
helder as wanneer hy wakker is. Dit is aan my gegee om met innerlike sig die dinge in die ander lewe
meer duidelik te sien as wat ek dinge in die wêreld kan sien. Uit al hierdie is dit duidelik dat eksterne sig
kom van interne sig, en hierdie vanuit sig wat nog dieper geleë is. Dit is dieselde met elke ander sintuig
en elke plesier. [5] Net so word plesiere en genot in ander dele van die Woord “kruipende dinge”
genoem, met `n onderskeiding tussen rein en onrein, dit is, tussen plesiere en genot van dit wat lewe, of
hemels, en plesiere en genot van dit wat dood is, of van die hel. Soos in Hos: “Verder sluit Ek in dié dag
vir hulle `n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende
diere van die veld.” (Hos. 2: 17). Dat hier die wilde diere van die veld, die voëls van die hemel, en die
kruipende diere (of ding), sulke dinge aandui soos hierbo genoem, is duidelik uit die feit dat die
onderwerp die nuwe kerk is. In Dawid: “Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.”
(Ps. 69: 35). Die see en dinge wat daarin roer kan nie vir JHWH prys nie, maar die dinge in die mens wat
hierdie dinge aandui, is lewendig, dus uit dit wat lewendig is in hulle. Weer: “Loof JHWH – wilde diere en
alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls.” (Ps. 148: 10), met dieselfde betekenis. [6] Dat deur die
“kruipende diere” niks anders bedoel word as die goeie emosies waaruit die plesiere kom nie, is ook
duidelik dat die “kruipende diere” ook met hierdie mens as onrein gewees het, en is duidelik uit die
volgende: “Hoe talryk is U werke, o JHWH! Daar is die see, groot en alkante toe wyd – daar is `n
gewemel sonder tal, klein diere saam met grotes. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op
die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak U hand oop, hulle word versadig met die
goeie.” (Ps. 104: 24‐28). Hier word in die innerlike sin deur “see” die geestelike dinge bedoel, deur die
“gewemel” al die dinge wat daaruit lewe; die genot word aangedui deur hulle voedsel te verskaf in die
seisoen, en deurdat hulle versadig word met die goeie. In Eseg. “En al die lewende wesens wat wemel
oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal `n menigte visse wees, omdat hierdie waters
daarheen gekom het…” (Eseg. 47: 9). Hier word bedoel die waters van die Nuwe Jerusalem; hierdie
waters dui geestelike dinge met `n hemelse oorsprong aan. Die “lewende wesens wat wemel” is die
emosies van die goeie; en die plesiere daarvan, beide van die liggaam en van die sintuie; dat dit lewe uit
die “waters” of van geestelike dinge met `n hemelse oorsprong, is baie duidelik. [7] Die vuil en
besoedelde plesiere ook, wat sy oorsprong in die mens se Eie het, dus sy smerige hebsugte daaruit,
word ook “kruipende diere” genoem, en is duidelik uit Eseg: “Ek gaan toe in en kyk – en daar was
allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die
huis van Israel wat al rondom die muur uitgesny was.” (Eseg. 8: 10). Hier dui die “kruipende viervoetige”
diere op die onrein en besoedelde plesiere wat se innerlikes die hebsugte is, en die innerlike hiervan
weer is, haat, wraak, wreedheid, en owerspel; so is die “kruipende diere” of genot van die plesiere uit
die liefde vir die self en vir die wêreld, of uit die mens se Eie, wat hulle “afgode” is, omdat hulle dit as
genotvol ag, en het dit lief, hou hulle as gode, en dus aanbid hulle dit. In die verteenwoordigende kerk,
was hierdie “kruipende dinge of diere” – omdat hulle so `n vuil betekenis het – so onrein, dat dit nie eers
toegelaat was om dit aan te raak nie, en hy wat dit aangeraak het, was onrein (soos gesien kan word in
Lev. 5: 2; 11: 31‐33; 22: 5‐6).
[*Invoegsel uit `n vorige gedeelte
Die Drie Hemele (Afr)
Uit “Die Eerste Drie Kerke – 650‐700
[684. Betreffende die Gemeenskappe wat die Hemele uitmaak. Daar is drie hemele: Die Eerste is die
woonplek van die goeie geeste, die Tweede van die engele geeste, en die Derde dié van die suiwer
engele. En die een hemel is meer innerlik en suiwerder as die ander, sodat hulle grootliks verskil van
mekaar. Elke hemel, die eerste, tweede en derde, word onderskei uit ontelbare gemeenskappe; en elke
gemeenskap bestaan uit baie individue, wat deur hulle harmonie en eensgesindheid so innig
saamgevoeg is dat hulle as’t ware één persoon uitmaak; en al die gemeenskappe tesame is soos een
mens. Die gemeenskappe verskil van mekaar ooreenlomstig tot die verskille van wedersydse liefde, en
die geloof in die Meester. Hierdie verskille is so ontelbaar dat selfs nie eers hulle mees universele genera
kan getel word nie, en daar is nie die kleinste verskil wat nie gerangskik is in die mees perfekte orde nie,
om saam te span in die mees harmonieuse na `n gemeenskaplike eenheid, en die gemeenskaplike
eenheid tot die eensgesindheid van die individue, en daarby tot die geluksaligheid van almal vir een, en
een vir almal. Elke engel en elke gemeenskap is daarom `n ewebeeld van die universele hemel, en is as’t
ware `n klein hemel op sy eie.]
|
|
|
|
|