DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 375

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

842. En Elohim het `n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het. Dat dit die reëling of rangskikking van alle dinge in hulle orde aandui, is duidelik uit die betekenis van “wind” in die Woord. Alle geeste, goed en boos, word vergelyk met “winde,” en word ook so genoem, en in die oorspronklike taal word “geeste” ook uitgedruk deur dieselfde woord wat “winde” beteken. In versoekinge, (wat hier die waters is wat gesak het) veroorsaak die bose geeste die oorstromings, deur die invloei van menigtes met hul fantasieë, en verwek soortgelyke fantasieë by die mens; en wanneer hierdie geeste of fantasieë uiteen gejaag word, word dit in die Wootd gesê dat dit deur die “wind” gedoen is, en inderdaad deur `n “oostewind. [2] Dit is dieselfde met `n enkele persoon gedurende versoekinge en beproewinge, en wanneer die drukte of waters van die versoekinge ophou, soos dit is met die mens oor die algemeen, soos ek geleer het uit herhalende ervaring; want bose geeste in die wêreld van die geeste kom somtyds soos `n bende troepe bymekaar, en wek versteurings op totdat hulle verstrooi word deur ander bendes van geeste, wat meestal vanaf die regterkant af kom, en dus van die oostelike kwartier, wat so `n helse vrees in hulle veroorsaak dat hulle aan niks anderd dink as om te vlug nie. En hulle wat hulle met mekaar geassosieër het, spat uitmekaar na al vier kwartiere, en daarby word die gemeenskappe van geeste wat gevorm is vir bose doeleindes, totaal opgelos. Die troepe van geeste wat hulle uitmekaar jaag, word genoem die “Oostewind;” en daar is ook ontelbare ander metodes van verstrooiing, wat ook “oostewinde” genoem word, en met die genade van die Meester, later meer hieroor. Wanneer bose geeste so verstrooi en uitmekaar gejaag word, word die staat van drukte en versteurings opgevolg deur kalmte en helderheid, of stilte, soos dit ook die geval is met die mens wat in versoeking was; want terwyl hy in versoeking is, is hy in die midde van so `n bende van geeste, maar wanneer hulle weggedrywe word of verstrooi is, volg daar `n kalmte, wat die begin is van die rangskikking van alle dinge in sy orde. [3] Voordat enigiets herlei kan word na `n staat van orde, is dit gebruiklik dat dinge eers herlei is na `n deurmekaar massa, of chaos, as’t ware, sodat dit wat nie goed saamhang met ander nie, geskei mag word, en wanneer hulle geskei is, dan rangskik die Meester dit in sy orde. Die proses kan vergelyk word met wat in die natuur plaasvind, waar alles in die algemeen en afsonderlik, eers herlei word na `n wanordelike massa, voordat dit herrangskik word in `n sekere orde. Dus, as voorbeeld, tensy daar storms in die atmosfeer is, om dit wat ongelyksoortig is te verstrooi, sou die lug nooit helder en deurlugtig word nie, maar sal dodelik en besmetlik word deur giftige opeenhopings. So ook dieselfde in die menslike liggaam, tensy alle dinge in die bloed, beide ongelyksoortig en gelyksoortig, voortdurend en opeenvolgend tesame vloei in een hart nie, om daar tesame gemeng te word, sou daar dodelike sameklewing van die vloeistowwe wees, en sal op geen manier afsonderlik gerangskik kan word vir hulle afsonderlike gebruike nie. So is dit ook met die mens in die loop van sy wedergeboorte. [4] Dat die “wind” en veral die “oostewind” niks anders aandui as die verstrooiing van van valshede en die bose nie, of, wat dieselfde is, van bose geeste en genii, (bose geeste van `n spesifieke orde), en agtena na `n rangskikking in `n orde, kan in die Woord gesien word, soos in Jes: “Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm sal hulle verstrooi, maar jy sal juig in JHWH, jou beroem op die Heilige van Israel.” (Jes. 41: 16). Hier word die verstrooiing vergelyk met die “wind,” en “wegneem” met `n “storm” soos dit gesê word van booshede; dan sal hulle wat wedergebore word, in JHWH juig. In Dawid: “Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek. Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos een wat baar. Deur `n oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.” (Ps. 48: 5‐7). Hier word die vrees en verwarring beskryf wat veroorsaak word deur `n oostewind, die beskrywing word geneem van dit wat in die geestes wêreld gebeur, wat betrokke is in die innerlike sin van die Woord. [5] In Jer: “Om hulle land te maak `n voorwerp van verbasing; van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verby trek, sal hom verbaas en sy hoof skud. Soos `n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand; met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang.” (Jer. 18: 16‐17). Hier word op dieselfde manier die “oostewind” aangedui as die verstrooier van die valshede. Ook was dit dieselfde verteenwoordiging van die oostewind waarby die Rooi See opgedroog was, dat die seuns van Israel droogvoets kon deugaan, soos beskrywe in Exo: “En JHWH het deur `n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.” (Exo. 14: 21). Die betekenis van die waters van die Rooi See is dieselfde as die waters van die vloed in die huidige teks, en is duidelik uit die feit dat die Egiptenare (wat die boosheid verteenwoordig), verdrink het, waarby die seuns van Israel (wat die wedergeborenes verteenwoordig, soos hier by “Noag”) deur kon gaan. Deur die “Rooi See;” dieselde soos deur die “vloed” verteenwoordig verdoemenis, en ook versoeking en beproewing; en deur die “oostewind” word die verstrooiing van die waters verteenwoordig, dit is, van die booshede van die verdoemming, of van die versoeking, soos dit duidelik word uit die lied van Moses nadat hulle oor is (Exo. 15: 1‐19); en ook uit Jes: “En JHWH sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur Sy gloeiende wind Sy Hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat `n mens met skoene daardeur kan loop. En daar sal `n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.” (Jes. 11: 15‐ 16). Hier dui die “grootpad vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur” op `n rangskilling in `n orde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205