DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 529

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

999. Dat “vleis” die wil gedeelte van die mens voorstel, is duidelik uit die betekenis van “vleis” in sy korrekte sin met verwysing na die korrupte mens. “Vleis” in die algemeen, dui op die gehele mens, en veral die liggaamlik‐sinlike mens, dit dui op wat eie is aan die mens, gevolglik sy wil deel. Die mens se wil deel, of wil, is niks anders as boos nie; daarom is “vleis” toepaslik op die mens, omdat hy so is, en dui op al die hebsugte, of alle opvallendheid, want die mens se wil is niks anders as hebsug nie, soos telkemale al getoon. En omdat “vleis” hierdie betekenis het was al die verteenwoordiging van die “vleis” waarna die mense verlang het in die woestyn saam met Moses: “En die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?” (Num. 11: 4). Hierdie vleis of vlees word duidelik begeerte genoem, want dit word gesê dat hulle `n “lus” gevoel het deur te sê “wie sal vir ons vleis gee?” Dieselfde is duidelik uit dit wat volg: “Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van JHWH alreeds teen die volk ontvlam het, en JHWH het onder die volk `n baie groot slagting teweeggebring. Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot‐Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was” (Num. 33‐34). [2] Dit moet aan elkeen duidelik wees dat so `n plaag nooit onder die volk ingestuur sou gewees het net op grond van die belustiging na vleis nie, siende dat dit `n natuurlike drang is wanneer die mens hom weerhou het van die eet van vleis vir `n lang periode, soos die mense in die woestyn. Maar `n dieper betekenis lê binne‐in verskuil, wat geestelik is, naamlik, dat die mense van so `n geaardheid was om dit wat die manna aangedui en verteenwoordig het, te verafsku – soos dit ook duidelik in die sesde vers is – en om slegs net sulke dinge te begeer wat deur “vleis” aangedui en verteenwoordig word, dat die mense met so `n groot plaag gestraf is; want wat tussen die mense gedoen is, was geestelik in die hemel verteenwoordig. Die manna verteenwoordig in die hemel dit wat hemels is, en die vleis waarna hulle verlang het, die onrein dinge van hulle eie wil. Om hierdie rede, omdat hulle van so `n geaardheid was, was hulle gestraf. Uit hierdie en ander gedeeltes uit die Woord, is dit duidelik dat deur “vleis” aangedui word dit wat van die wil is, en hier die wil van die mens, is dit die onsuiwerheid of onreinheid wat gesien kan word in die tweede vers van hierdie hoofstuk, waar die “dier van die aarde” behandel word. Dat die “siel” lewe aandui, is duidelik uit die betekenis van “siel” in die Woord op baie plekke. “Siel” in die Woord in die algemeen dui op lewe, sowel innerlik, of dit van die interne mens, asook uiterlik, of dit van die eksterne mens. En omdat dit alle lewe aandui, dui dit op so `n lewe soos die van die mens waar die siel van toepassing is. Hier is dit toepaslik op die lewe van die wedergebore mens, wat apart is van die wil van die mens, want, soos alreeds gesê, die nuwe lewe wat die wedergebore geestelike mens van die Meester ontvang is totaal apart van sy wil of die Eie van die mens, dit is, van die lewe wat sy eie is, wat nie lewe is nie, alhoewel dit so genoem word, maar is die dood, omdat dit `n helse lewe is. Hier word daarom “vleis met sy siel daarin” wat hulle nie moet eet nie, aangedui as vleis tesame met die siel; dit is, dat hulle nie die nuwe lewe wat van die Meester is, moet vermeng met die ou drek besmette lewe wat uit die mens is, dit is, met sy Eie wil nie. oooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205