|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 530
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
Die Eerste Drie Kerke 1001‐1050 (Afr)
Emsnuel Swedenborg 1688‐1772
Arcana Coelestia – Geheime van die Hemele
Naasteliefde en die voortspruitende liefde daaruit is die absolute essensie (lewe) van
die wil
1001. Dat die “bloed” naasteliefde aandui, is duidelik uit baie dinge. Dus dui dit op die nuwe wil gedeelte
wat die wedergebore mens van die Meester ontvang het, en wat dieselfde as naasteliefde is, want die
nuwe wil is gevorm uit naasteliefde. Naasteliefde of liefde is die absolute essensie (lewe) van die wil,
want niemand kan sê dat hy enigiets wil, tensy hy dit so verkies of liefhet nie. Om te sê dat iemand `n
ding dink is nie om dit te wil nie, tensy dit wel in die denke is. Hierdie nuwe wil wat van die naasteliefde
is, is hier die “bloed” en hierdie wil is nie die mens se wil nie, maar die Meester s’n wat in die mens is. En
omdat dit die Meester s’n is, moet dit nooit gemeng word met dit wat van die mens se wil is nie, en wat
so vuil is, soos dit hierbo getoon is. Vir hierdie rede was dit in die verteenwoordigende kerk beveel dat
hulle nie die vleis (vlees) met die siel, of die bloed, moet eet nie, dit is, hulle moet nie die twee met
mekaar meng nie. [2] Die “bloed,” omdat dit heilig is, dui op dit wat heilig is; en die “vleis (vlees),”
omdat dit die mens se wil aandui, dui op dit wat besoedel of ontheilig is. En omdat hierdie dinge geskei,
en teenstrydig is, was hulle verbied om bloed te eet; want om vleis (vlees) met die bloed te eet, was in
die hemel verteenwoordig as heiligskennis, of die vermenging van dit wat heilig is met dit wat goddeloos
is; en hierdie verteenwoordiging kan nie anders as om die engele met afsku te vervul nie, want op
daardie tyd het alle dinge wat by die mens van die kerk bestaan het, tussen die engele, verander na
korresponderende geestelike verteenwoordiging, in ooreenstemming met die betekenis van die dinge in
die innerlike sin. Soos wat die natuur of gesteldheid van alle dinge bepaal word deur dit van die mens
waarop dit van toepassing is, so ook met die betekenis van “bloed.” Relatief tot die wedergebore
geestelike mens dui “bloed” op naasteliefde, en relatief tot die wedergebore hemelsde mens, dui dit op
liefde tot die Meester, maar relatief tot die Meester dui dit op al Sy Menslike karaktereienskappe (of
essensie), gevolglik Liefde op sigself, dit is, Sy genade teenoor die menslike ras. Daarom dui “bloed,” oor
die algemeen, omdat dit op die liefde en alles wat op die liefde gebou is, op hemelse dinge wat hy vanaf
die Meester ontvang. Die hemelse dinge wat die wedergebore geestelike mens van die Meester
ontvang, is hemels geestelik – waarvan, deur die Goddelike genade van die Meester, later meer hieroor.
[3] Dat “bloed” dit aandui wat hemels is, en op die hoogste vlak die Menslike essensie van die Meester,
dus die Liefde op sigself, of Sy genade teenoor die menslike ras, is duidelik uit die heiligheid waarin dit
beveel was hoe die bloed in die Joodse verteenwoordigende kerk beskou moet word. Vir hierdie rede
was bloed genoem die “bloed van die verbond”, en was oor die mense gesprinkel, so ook op Aäron en sy
seuns, tesame met die salwende olie; en die bloed van elke geofferde dier was op en om die altaar
gesprinkel (sien Ex. 12: 7, 13, 22‐23; 24: 6, 8; Lev. 1: 5, 11, 15; 4: 6‐7, 17‐18, 25, 30, 34; 5: 9, 16: 14‐15,
18‐19; Num 18: 17; Deut. 12: 27). [4] En omdat die bloed so heilig gehou was, en die wil van die mens so
ontheiligend, was die eet van bloed ten strengste verbode, op grond van sy verteenwoordiging van die
ontheiliging van dit wat heilig was. Soos in Moses: “`n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle
woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.” (Lev. 3: 17). “Vet” dui hier op hemelse lewe, en
“bloed” hemelse geestelike lewe. Die hemelse geestelike is die geestelike wat van die hemelse is; soos in
die Mees Antieke Kerk was die liefde tot die Meester die hemelse, omdat dit in die wil ingeplant is; en
hulle hemelse geestelike was hulle geloof daaruit, (sien bo n. 30‐38, 337, 393, 398). Alhoewel, met die
geestelike mens bestaan die hemelse glad nie, maar wel die hemelse geestelike, omdat naasteliefde in
sy intelligensie ingeplant is. Weer in Moses: “En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge
wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet, sal Ek My aangesig rig en hom uitroei onder sy
volk uit. Want die siel van die vlees is in sy bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle
siele versoening te bring; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Want die siel van alle vlees is
in sy bloed; elkeen wat dit eet moet uitgeroei word. (Lev. 17: 10, 11, 14). Hier word dit duidelik getoon
dat die siel van die vlees in die bloed is, en dat die siel van die vlees is die bloed, of die hemelse, dit is,
die heiligheid self, wat die Meester s’n is. [5] Weer: “Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie,
want die bloed is in die siel, en jy mag nie die siel saam met die vleis eet nie.” (Deut. 12: 23‐25). Uit
hierdie aanhaling is dit ook duidelik dat die bloed ook die siel genoem word, dit is, hemelse lewe, of dan
hemels, wat verteenwoordig word deur die brandoffers van daardie kerk. En op dieselfde manier, dit
wat hemels is, is die Meester se Eie [Domini Proprium] – dit alleenlik is hemels en heilig – en mag nie
vermeng word met dit wat die mens se eie is nie – wat ontheiliging is – en was ook verteenwoordig deur
die gebod dat hulle nie `n offer of die bloed van `n offerande moes bring saam met gesuurde brood nie
(Ex. 23: 18; 34: 25). Dit wat gesuur is, dui op dit wat korrup, ontheiligend en besoedeld is. Dat bloed die
siel genoem word en dui op die heiligheid van naasteliefde, en dat die heiligheid van liefde
verteenwoordig was in die Joodse Kerk deur bloed, is omdat die lewe van die liggaam in die bloed
bestaan. En omdat die lewe van die liggaam in die bloed is, sodat gesê kan word dat die bloed die
liggaamlike siel is, of waarin die liggaamlike lewe van die mens is, en in sover as wat
verteenwoordigende kerke die interne dinge verteenwoordig was deur die eksterne, was die siel of
hemelse lewe verteenwoordig deur die bloed.
|
|
|
|
|