DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 399

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

868. Totdat die waters weggedroog het van die aarde af. Dat dit die klaarblyklike verstrooiing van die valshede aandui, is duidelik uit die staat van die mens wanneer hy wedergebore word. Elkeen vandag glo dat die booshede en valshede in die mens word totaal opgehef gedurende sy wedergeboorte, sodat wanneer hy wedergebore is, daar niks van die boosheid en valsheid oorbly nie, en dat hy skoon en geregverdig is, soos een wat gewas en gereinig is met suiwer water. Hierdie idee is totaal vals, want nie `n enkele boosheid of valsheid kan so afgeskud word nie, maar wat ookal verkry is deur oorerwing ontvang van die kinderjare, en verkry deur handelinge en dade, bly in die mens, nieteenstaande die feit dat hy wedergebore is, en die mens bly boos en vals, soos getoon in die lewe van siele na die dood. Die waarheid hiervan kan genoegsaam gemanifesteer word uit die oorweging, dat daar niks van die goeie en die waarheid in die mens is nie, behalwe uit die Meester; en dat alle boosheid en valshede is die mense se Eie (persoonlike individualiteit), en dat die mens, gees en selfs `n engel, as hy in die minste aan homself oorgelaat word, direk homself in die hel sal werp; daarom word dit ook in die Woord gesê dat die hemel nie suiwer is nie. Dit word erken deur die engele, en hy wat dit nie erken nie, kan nie tussen die engele wees nie. Dit is alleenlik die genade van die Meester wat hulle vrymaak, en hulle selfs uit die hel uittrek en weerhou hulle om in die helle in te storm. Dat hulle weerhou word om hulleself in die hel te stort, word duidelik deur die engele waargeneem, en selfs in `n mate deur die goeie geeste. Alhoewel, bose geeste, soos die mens, glo dit nie, maar dit is dikwels aan hulle getoon, en deur die Goddelike genade van die Meester sal ons later meer hieroor vertel. [2] Siende dat die staat van die mens so is dat geen boosheid en valshede ooit afgeskud en vernietig kan word nie, omdat die lewe wat sy eie is, net bestaan uit boosheid en valshede, sal die Meester, uit Sy Goddelike genade, terwyl hy die mens lei in sy wedergeboorte, deur die versoekinge en beproewinge sy booshede en valshede so onderdruk dat dit voorkom asof hulle dood is, alhoewel hulle nie dood is nie, maar is net onderdruk sodat hulle nie kan veg teen die goeie en die waarhede wat uit die Meester is nie. Terselfdertyd gee die Meester deur versoekinge en beproewinge `n nuwe aanleg deur die ontvangs van die goeie en die waarhede, deur hom te begiftig met idees en emosies van die goeie en die waarhede, waardeur die booshede en die valshede gebuig kan word, en deur besonderhede in sy algemenes in te plaas, en deur die enkelvoudiges, wat in die mens opgestoor is waarvan hy niks weet nie, want hulle is innerlik tot die sfere van sy begripsvermoë en waarneming. Dit het die gesteldheid om te dien as `n ontvangs‐houer of kanaal, sodat naasteliefde daar kan inwerk wat ontvang word vanaf die Meester, en ook in naasteliefde se onskuld. Deur al hierdie dinge se wonderlike werking met die mens, gees en engel, is `n tipe van reënboog daar verteenwoordig, en vir hierdie rede was die reënboog gemaak as `n teken van die verbond. (Gen. 9: 12‐17), waaroor, uit die Goddelike genade van die Meester, ons dit onder sy eie hoofstuk sal bespreek. Wanneer die mens dus so gevorm is, word gesê hy is wedergebore, en al sy booshede en valshede bly nog steeds daar, en tog terselfdertyd bly al sy goeie en waarhede bewaar. Maar met die bose mens keer al sy booshede en valshede terug na hom in die ander lewe, net soos wat hy dit in die lewe van die liggaam gehad het, en word verander in helse fantasieë en strawwe. Maar met `n goeie mens, word al sy state van die goeie en waarhede, soos die van vriendskap, van naasteliefde, en van onskuld, in die ander lewe teruggeroep, en tesame met hulle genot en geluksaligheid, word dit ontsaglik vermeerder en vermenigvuldig. Hierdie dinge word dan aangedui deur die wegdroging van die waters, wat die klaarblyklike verstrooiing van die valshede is. Vers 8. Daarop laat hy duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde (grond) verminder het. Deur `n duif word die goeie van die waarheid wat wedergebore moet word wat met hom is, aangedui. “Hy laat `n duif van hom af wegvlieg om te sien” dui die staat van die ontvangs van die waarhede en die goeie van die geloof aan; “om te sien of die waters oor die aarde (grond) verminder het” en dit dui op valshede wat nog teenhou; “van die aarde (grond) af” dui op die dinge van die kerk wat in die mens is; dit word gesê “aarde” (dit moet volgens Swedenborg “grond” wees) want dit is die eerste staat wanneer die mens `n kerk word. Belangrike invoegsel uit een van die vorige hoofstukke Let op hoe Swedenborg die begrippe “Grond, Aarde en Veld” gebruik! Uit “Die Eerste Drie Kerke ‐ 551‐600” Deur die “aangesig van die adamiet se grond” word bedoel al daardie streke waar die kerk was, en is duidelik uit die betekenis van “Aarde;” want in die Woord word daar `n akurate onderskeiding gemaak tussen “grond” en “aarde;”‐ deur “grond” oraloor word bedoel die kerk, of iets wat aan die kerk behoort; en hiervan kom die naam van “mens” of “Adam” wat “grond” is; en deur “aarde” oraloor word dit op verskeie plekke bedoel waar daar geen kerk is nie, of enigiets wat aan die kerk behoort nie, soos in die eerste hoofstuk, waar slegs “aarde” genoem word, omdat daar op daardie stadium nog nie `n kerk was, of `n wedergebore mens nie. Oor die “grond” word eers gepraat in die tweede hoofstuk, omdat daar toe `n kerk was. Op dieselfde manier word dit hier gesê, en in die opvolgende hoofstuk (Gen. 7: 4, 23), dat “al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die grond af verdelg” dui op die streek waar die kerk was; maar in Gen: 7: 3, word gepraat van `n kerk wat opgerig gáán word, word dit gesê, “om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.” “Grond” het dieselfde betekenis oral in die Woord; soos in Jesaja: “Want JHWH sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land (grond) laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal aansluit by die huis van Jakob. En die volke sal hulle neem en op hulle woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land (grond) van JHWH as besitting verwerwe...” (Jes. 14: 1‐2), en hier word gepraat van die kerk wat opgerig was; waar dit so is dat as daar geen kerk is nie in dieselfde hoofstuk, word dit dan genoem “aarde” (Jes. 14: 9, 12, 16, 20‐21, 25‐26. [2] Weereens: “En die (grond) land Juda sal vir die Egiptenaars `n skrik wees...in dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek (Jes. 19: 17‐18), waar “grond” die kerk voorstel, en “land” (aarde) waar daar geen kerk is nie. In dieselfde: “Die Aarde waggel geheel en al soos `n dronkaard en swaai heen en weer soos `n naghut; En in dié dag sal JaHWeH besoeking doen oor die leërmag van die hoë hoogtes (hoë grond) en oor die konings van die Adamah (Aarde).” (Jes. 24: 20‐ 21). In Jer: “Weens die Adamah (aarde) wat verslae is, omdat daar geen reën op die Aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof. Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi [haar lam] weg” (Jer. 14:4‐5), waar “aarde” dit is wat die “grond” bevat en die “grond” wat weer die “veld” bevat. [3] In dieselfde: “maar” So waar as JaHWeH leef wat die saadlyn van die huis van JisraEL laat optrek en laat kom uit die Aarde van die Noorde (land) en uit al die dele van die Aarde waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle Adamah (grond). (Jer. 23: 8). Waar “land” en “lande” die gedeeltes is waar geen kerk is nie; “grond” waar daar wel `n kerk of ware aanbidding is. Weereens: “...en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie Aarde (land) oorgebly het en die wat in die Aarde (land) van Egipte woon. En Ek sal hulle `n skrikbeeld maak, besoedeling vir al die konings van die Aarde, en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongesnood en die pes, totdat hulle omgekom het vanaf die Adamah (grond) wat Ek aan hulle en hulle vaders gegee het. (Jer. 24: 8‐10), waar “grond” die doktrine en die aanbidding wat daaruit vloei, aandui; en dieselfde kom voor uit dieselfde Profeet, hoofstuk 25: 5. [4] In Eseg: “Ek sal julle uit die volke uitlei en julle uit die Aarde (lande) versamel waarin julle verstrooi was, en ek sal My in julle as die Aparte Een laat ken voor die oë van die nasies. En julle sal weet: Ek – JaHWeH as Ek julle in die Adamah (grond) van Israel bring, in die deel van die Aarde (land) waar Ek My hand oor opgehef het om haar aan julle vaders te gee.” (Eseg. 20: 41‐42), waar “grond” die innerlike aanbidding aandui; maar dit word “land” genoem wanneer daar geen innerlike aanbidding is nie. In Mal: “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrengs van julle Adamah (grond) nie sal verwoes nie. En al die nasies sal julle geseënd noem, omdat julle Aarde (land) Vreugdevol sal wees.” (Mal. 3: 11‐12), waar die “land” die “houer” aandui, en daarom dui dit duidelik op die “mens”, wat “land” genoem word, waar “grond” weer op die kerk of doktrine dui. [5] In Deut: “...Hy sal wraak oefen op Sy teëstanders en versoening bewerk vir Sy Adamah (grond) en Sy volk.” (Deut. 32: 43), en verwys na die kerk van die heidene wat “grond” genoem word. In Jes: “Want voordat die Seuntjie weet om te verwerp wat besoesel is en te kies wat suiwer is, sal die Adamah (grond) waaroor jy treur verlate wees, uit die aangesig van haar twee konings.” (Jes 7: 16). Die “grond wat verlate is” dui op die kerk, of die ware doktrine van die geloof. Dat “grond” en “veld” so genoem word deurdat dit met saad beplant word, is duidelik; soos in Jes: “Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die Adamah (grond) besaai, en die osse en die esels wat die Adamah (grond) bewerk.” Jes: 30: 23‐24). En Joël: “Die veld is verwoes, haar Adamah (grond) treur; want die koring is verwoes...” (Joël 1: 10). Daarom is dit dan duidelik dat “mens” wat in Hebreeus die “Adam” genoem word, en dus uit die “aarde” die kerk voorstel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205