|
DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 517
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677. |
|
|
987. Oor al die diere van die aarde. Dat dit aandui die hebsugte van die laer denke, is duidelik uit wat
die betekenis van “diere” in die Woord is, waar hulle of hebsugte of emosies aandui, emosies van die
goeie word aangedui deur sagte, bruikbare, en rein diere; en emosies van die bose, of hebsugte, deur
diere wat brutaal, wild, onbruikbaar en onrein is (sien hierbo n. 45, 46, 142, 143, 346, 776). Hier, waar
hebsugte aangedui word, word hulle “diere van die aarde” genoem, en nie “diere van die veld” nie. Ten
opsigte van die heers van die wedergebore mens oor die hebsugte, moet dit bekend wees dat hulle wat
so dink, die grootste fout van sy lewe maak; en is glad nie die wedergebore mens, wat glo dat hy uit sy
eie kan heers oor die booshede nie. Want die mens is niks meer as die bose self nie; hy is `n bondel
booshede; sy hele wil is besmet met booshede; en dit is wat gesê word in die vorige hoofstuk (8: 21);
dat, “want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af.” Dit is aan my getoon uit `n
lewendige ervaring dat `n mens en `n gees, selfs `n engel, in homself gereken, boos is, ten opsigte van
alles wat sy eie is, en niks anders is as die vuilste uitskeiding nie; en as hy aan homself oorgelaat word,
adem hy niks anders as die grootste haat, wraak, wreedheid, en die vuilste owerspel uit nie. [2] Hierdie
dinge is sy eie; dit is sy wil; en is duidelik aan elkeen as hy maar net terugdink, dat die mens, as hy
gebore word, die mees gemeenste en laagste lewende kreatuur is. En wanneer hy opgroei en word sy
eie meester, en as hy nie verhinder word deur eksterne beperkinge van die wet nie, en beperkinge wat
hy op homself lê vir die doel vir die verkryging van groot eer en rykdom, sal hy instorm in elke misdaad
en boosheid, en nie rus totdat hy almal in die universum onderwerp het nie, en alle rykdom van die hele
universum bymekaar hark, en ook sal hy niemand spaar behalwe diegene wat hulle onderwerp as
nederige bediendes nie. So is die natuur van elke mens, alhoewel hy onbewus daarvan is terwyl hy
kragteloos is en waar dit vir hom nie moontlik is nie, en ook hulle wat in bande verkeer en onderdanig is
soos hierbo genoem. Maar laat die moontlikheid ontstaan dat daar weer mag verleen word, en die
bande en beperkinge verlig word, dan sal hulle dadelik instorm tot die volle potensiaal van hulle
bekwaanheid. Wilde diere toon nooit so `n natuur nie. Hulle word in `n sekere orde van hulle natuur
gebore. Hulle wat geweldadig en roofsugtig is dien slegs beserings toe aan ander kreature as dit in
selfverdediging is, en die verslind van ander diere is uit noodsaaklikheid om te kan oorlewe. Maar dit is
anders met die mens. Uit al hierdie is dit duidelik dat hy nooit oor homself kan regeer, of oor die bose
nie. Dit is `n teenstrydigheid vir die bose om te regeer oor die bose, en nie net oor die bose nie, maar
ook oor die hel; want elke mens is in kommunikasie met die hel deur middel van bose geeste, en
daardeur word die boosheid in hom opgewek. Uit al hierdie kan enigeen nou sien, en hy wat `n gesonde
verstand het kan tot die gevolgtrekking kom, dat die Meester alleen regeer oor die boosheid in die mens
en oor die hel in hom. Ten einde dat die boosheid in die mens onderdruk mag word, dit is, die hel, wat
daarop uit is om elke oomblik in te storm op die mens en om hom te verwoes, word die mens
wedergebore deur die Meester en toegerus met `n nuwe wil, wat die gewete is, waardeur die Meester
alle goeie bewerk. Hierdie is punte van geloof dat die mens niks is behalwe boos nie, en dat alle goeie
van die Meester is. Hierdie dinge is nie net bekend by die mens nie, maar word ook erken en geglo, en
as hy dit nie glo en erken in die lewe van die liggaam nie, word dit in die lewe wat kom getoon.
|
|
|
|
|