DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 601

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1072. Het hy dronk geword. Dat dit aandui dat hy daardeur in vergissings en dwaallere verval het, is duidelik uit die betekenis van 'n “dronkaard” in die woord. Hulle word “dronkaards” genoem wat in niks glo, maar slegs dit wat hulle kan sien en verstaan, en vir hierdie rede delf hulle in die geheime van die geloof. En omdat dit gedoen word deur middel van die sinlike dinge, of deur die geheue of deur die filosofie, verval die mens, soos wat hy is, daarby in totale dwaallere en vergissings. Want die mens se denke is maar merendeels aards, liggaamlik, en materialisties, omdat dit van aardse, liggaamlike en materieële dinge is, wat deurentyd daaraan vaskleef, en waarin en waarop sy idees van sy denke gebaseer is en ook daar eindig. Dus, om daarom te dink en te redeneer daaruit oor die Goddelike dinge, is om jouself in dwaallere en verdraaiings te bevind; en dit is onmoontlik om op hierdie manier geloof te verkry as vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan. Die vergissings, onjuisthede en waansinnigheid wat uit hierdie bron verkry word, word in die Woord “dronkenskap” genoem. Inderdaad word die siele of geeste wat in die ander lewe hieroor redeneer en argumenteer oor die waarheid van die geloof, of wat daarteen is, soos dronkaards en handel ook soos een; waaroor, met die Goddelike genade van die Meester, meer later hieroor. [2] Geeste word baie deeglik van mekaar onderskei, of hulle in die geloof van naasteliefde is, of nie. Hulle wat in die geloof van naasteliefde is, argumenteer nie oor die waarhede van die geloof nie, maar sê 'n ding is so of nie, en ook so ver as moontlik dit bevestig deur dinge van die gewaarwording en deur geheue, en deur die analise van die rede; maar sodra as wat enigiets wat duister is in hulle pad kom, en van die waarheid wat hulle nie waarneem of verstaan nie, vertraag hulle dit, of hou dit terug, en sal dit nooit betwyfel deur te sê dat daar meer net 'n paar dinge is om verstaan, en daarom, om te dink dat alles nie waar is wat hulle nie kan verstaan nie, is totale waansinnigheid. Dit is hulle wat in naasteliefde is. Maar – in die teenoorgestelde – hulle wat nie in die geloof van die naasteliefde is nie begeer meerendeels om te argumenteer of 'n ding so is of nie, en om te weet hoe dit is, en sê, tensy hulle weet hoe dit is, kan hulle nie glo dat 'n ding so is nie. Hierdeur alleen word hulle geken as dat hulle nie in die geloof is nie, 'n kenteken waardeur hulle nie alleen twyfel oor alle dinge nie, maar ook ontken in hulle harte; en wanneer hulle onderrig word oor hoe dinge is, klou hulle nog steeds aan hulle ongeloof en begin met allerhande besware, en sal nooit berus nie, al is dit tot in alle ewigheid. Hulle wat dus volhard met hul weerbarstigheid hoop net meer dwaalleerstellings op dwaalleerstellings op hulleself. [3] Hulle, en diegene wat soos hulle is, is hulle wat in die Woord genoem word “dronk met wyn en sterk drank.” Soos in Jes. “En ook die manne hier wankel en waggel deur sterk drank; die priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien...want al die tafels is vol walglike uitbraaksel...vir wie wil hulle dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak. Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is.” (Jes. 28: 7‐9). Dat dit hulle is wat hier bedoel word, is duidelik. Weereens: “Hoe kan hulle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd? Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat JHWH van die leërskare oor Egipte besluit het. JHWH het daarin 'n gees van bedwelming gegiet en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.” (Jes. 19: 11‐12, 14). 'n “Dronkaard” dui op hulle wat begeer, om uit geheue‐kennis [scientifica], geestelike en hermelse dinge te ondersoek. “Egipte” dui op daardie kennis en noem homself derhalwe “seun van die wyse manne.” In Jer: “...drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.” (Jer. 25: 27), en beteken valshede. [4] In Dawid: “Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.” (Ps. 107: 27). In Jes: “Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitegewoon groot!” (Jes 56: 12), en dit is wat teenstrydig is met die waarhede van die geloof. In Jer: “Elke kan word vol wyn gemaak...Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land...en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.” Jer. 13: 12‐13); “wyn” dui op die geloof; en “dronkenskap” op die dwaallere. In Joël: “Word wakker julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is. Want 'n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land... dit het my wingerdstok verwoes...” (Joël 1: 5‐7), dit word gesê van die kerk wanner sy verwoes en verstrooi is ten opsigte van die waarheid van die geloof. In Joh: “Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. (Openb. 14: 8, 10; 16: 19; 17: 2; 18:3; 19; 15). Die “wyn van haar hoerery” beteken vervalsde waarhede van die geloof, waarvan “dronkenskap” die resultaat is. So ook in Jer: “Babel was in die hand van JHWH `n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies dronk geword.” (Jer. 51: 7). [5] Omdat “dronkenskap” waansinnigheid aandui ten opsigte van die waarhede van die geloof, het dit ook verteenwoordigend geword en was dus verbode vir Aäron en sy seuns, dus: “Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie...en julle moet 'n onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is... “(Lev. 10: 8, 9). Hulle wat niks glo behalwe dit wat hulle verstaan en kan sien deur middel van die sintuie en geheue [scientifica] word ook “helde om wyn te drink” genoem. In Jes: “Wee hulle wat in eie oë wys is en na eie oordeel verstandig is. Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng.” (Jes. 5: 21: 22). Hulle word “wys genoem in hulle eie oë en intelligent of verstandig volgens hulle eie oordeel” omdat hulle wat argumenteer teen die waarhede van die geloof dink dat hulle wyser as ander is. [6] Maar hulle wat niks omgee vir die Woord en die waarheid van die geloof, en wat nie gewillig is om enigiets van die geloof te weet nie, ontken sy eerste beginsels, en word genoem “dronk sonder wyn.” In Jes: “...hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie. Want JHWH het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë – die profete – toegesluit en julle hoofde – die sieners – toegebind. (Jes. 29: 9‐10). Dat dit die kwaliteit is, is duidelik uit dit wat vooraf gaan en dit wat volg, in daardie Profeet. Sulke “dronk mense” dink dat hulle meer op en wakker as ander mense is, maar hulle is in 'n diepe slaap. Dat die Antieke Kerk in die begin so was soos beskrywe in hierdie vers, veral hulle wat van die Mees Antieke Kerk afstam, is duidelik uit wat voorheen gesê was (n. 788).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205