Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Boodskap No 133 aan Lukaas van Hout op 8 Januarie 2014

Plae van dood en verwoesting oor Suid-Afrika en Afrika

Lukaas: (Dit was nie 'n goeie nag nie. Ek wens dat julle my almal kan leer ken en weet hoeveel liefde daar in my hart is en hoe ek net goedheid begeer vir mense. Tog dien ek Elohim en sal altyd doen wat hy my wys om te doen, ongeag die koste vir myself of die pyn oor die woorde wat hy my gee om aan julle te gee. Hierdie woorde het my hart en siel baie siek gemaak oor wat moet gebeur. Die woorde wat vannag ontvang is, hoef nie te gewees het nie, as mense net sy wil wou gevolg het en in Sy liefde vertrou het, die liefde van ons Skepper, ons liefdevolle, hemelse Vader wat ons net voortdurend wil seën. Dus, hier is dit:)

"Ja, Ek is met julle en Ek sal met julle wees soos wat Ek julle vertel het, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, ja, Ek sal met julle wees in die tyd van daardie dae en in daardie tyd gedurende die vervulling van My woorde deur My profete en boodskappers wat deur die eeue heen na julle toe gestuur is, so sal Ek by julle wees!"

EK IS wat EK IS:

"Gewigtig en ernstig is My woorde aan julle in hierdie nag, ja gewigtig en ernstig is My woorde aan julle in hierdie nag, want dit is nooit My wil dat enige van julle moet ly nie, nooit nie!"

"Hierdie woorde bring ontsetting en wee aan hulle wat gekies het om My en My woorde te verloën, My woorde wat met die grootste verdraagsame liefde en genade deur die eeue heen gegee is, so het Ek getrou, geduldig en liefdevol My woorde deur My profete en boodskappers aan hierdie land, Suid-Afrika gegee."

"Getrou, geduldig en liefdevol en met die grootste verdraagsaamheid het Ek My woorde aan julle gegee, Suid-Afrika, ten spyte van julle beker van ongeregtighede wat oordeel en vergelding verdien en wat voortdurend oorloop in groter mate van boosheid as wat ooit voorheen daar was; die beker loop nou so oor van ongeregtighede in hierdie land, Suid-Afrika, 'n beker van ongeregtighede waarvan riviere van bloed en riviere van ongeregtighede aanhoudend vloei en wat onstuitbaar is, so oorvol het die beker van suiwer boosheid geword."

"My verdraagsaamheid met julle, Suid-Afrika, eindig hierdie nag."

Ek het opdrag gegee en Ek het beveel dat julle My volk moet laat gaan, "Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek het opdrag gegee en Ek het beveel dat julle My volk laat gaan!”

"Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, Ek, ja EK, EK IS wat EK IS, Ek het Eugene Terre'Blanche GESTUUR, MY UITVERKORENE BOODSKAPPER VIR MY HUIS VAN ISRAEL, Ek het Eugene Terre'Blanche gestuur met hierdie selfde instruksies as 'n streng waarskuwing aan MY SUID-AFRIKA, ja Ek het Eugene Terre'Blanche gestuur as 'n streng waarskuwing aan MY SUID-AFRIKA, maar julle het hom vermoor, My uitverkorene, julle het My uitverkorene vermoor, selfs met die wete dat Ek hom gestuur het!"

"Selfs toe het Ek getrou, geduldig en liefdevol en met die grootste verdraagsaamheid voortgegaan om te spreek met My Suid-Afrika deur hierdie eerste instruksies en opdragte om My volk te laat trek, sodat hulle My kon dien soos wat Ek hulle beveel het om te doen deur My skrif en deur My woorde aan hulle!"

"Julle wil My nie hoor nie, ook sal julle My voorskrifte en My gebooie nie gehoorsaam om My volk te laat gaan nie, soos wat My dienaars dit getrou aan julle afgelewer het, sodat julle gespaar kon word van die toorn wat kom!"

"Omdat julle My nie nou sal hoor nie en ook sal julle My nooit wil hoor nie, het Ek beveel en opdrag gegee om My verdraagsaamheid met julle, Suid-Afrika, hierdie nag te eindig."

"Neem kennis en verstaan, MY Huis van Israel, dat julle slawerny vir 'n kort tyd sal toeneem, as gevolg van die wrewel van Farao vir My woorde om My volk te laat gaan."

Soos dit was in die dae van Moses en daardie Farao, sal dit nou wees soos in daardie dae, wend julle nie af van My of van My woorde nie!”

"EK IS met julle en Ek sal by julle wees deur al hierdie dinge, soos wat Ek julle vertel het, MY Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek sal by julle wees!"

"Bly by My, bly standvastig saam met My in geloof in My opdragte aan julle om te spreek of te skryf aan Farao: `Laat ons trek, sodat ons ons Elohim kan dien, EK IS wat EK IS'!"

"Julle moet nie nou en ook nooit staak om standvastig en getrou aan My in My opdragte aan julle wees om aan Farao te skryf nie, tot aan die tyd van julle verlossing, deur te sê: `Laat ons trek, sodat ons ons Elohim kan dien, EK IS wat EK IS!"

"Bly by My in geloof en woon in My en in My liefde in My skuilplek van My, die Allerhoogste, soos wat My skrifte julle getoon het om te doen, doen dit."

"My Heilige Gees het reeds begin met die werk in die hart van Farao en in My tyd en in My plek sal julle verlos word, maar nie op die wyse waarop julle dink nie." "Groot vrees en wee sal Farao in besit neem en hy sal sy aangesig van julle af wegdraai."" In daardie dag en in daardie tyd sal Ek die deur vir julle oopmaak om uit Egipte te vlug, soos wat Ek julle reeds vertel het!"

"Ja, Ek is met julle en Ek sal altyd by julle wees soos wat Ek julle vertel het, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, EK IS met julle en Ek sal altyd by julle wees!"

"Ja, Ek sal altyd by julle wees in die tye van daardie dae en in daardie tyd gedurende die vervulling van My woorde deur My profete en boodskappers, sal Ek altyd by julle wees!"

"Ek sal altyd by julle wees in die lig van die dag en in die duisternis van die nag; Ek sal altyd by julle wees!"

"Ek sal altyd by julle wees om julle te versterk wanneer julle eie krag faal; Ek sal altyd by julle wees!"

"Ek sal altyd by julle wees om My moed aan julle te gee om hierdie tye in die gesig te staar, in die tye wat kom en in die tye wat nog daarna sal kom, wanneer julle eie moed julle sal faal; sal Ek altyd by julle wees!"

"Ek sal altyd by julle wees en Ek sal altyd My liefde, My vertroue en My geloof aan julle gee wanneer al die ander julle gefaal het, ja Ek, Ek, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS; Ek sal altyd by julle wees!"

"Julle moet nie nou of ooit vrees terwyl hierdie magte van die duisternis nou teen julle opstaan nie, EK IS altyd by julle!"

"In daardie dae sal julle My oordele en vergelding sien wat Ek, ja Ek, Ek IS wat EK IS, julle My sal oordele en vergelding sien teen hierdie nasie, Suid-Afrika, wat slegs voortdurend boosheid soek, selfs van hulle wat Ek van My af weggewerp het in hulle boosheid teen My waarskuwings en pleidooie deur My profete en bood­skappers wat deur die eeue heen gestuur is."" Ja, deur die eeue heen het Ek deur My profete en boodskappers gewaarsku teen My oordele en vergelding, selfs tot vandag toe!"

"Dit was nog nooit My wil dat enigeen êrens moes ly nie, nooit nie!"

"Wat moet gebeur, het al hierdie bose mense aan hulself gedoen, deur hul liefde van ongeregtigheid."

"Soos wat dit My eens berou het dat Ek het die mens gemaak het, so berou dit My dat die mens van hierdie nasies van Afrika so volkome van My af weggedraai het en teen My en in hulle boosheid gerebelleer het en hierdie vergelding en oordele gekies het, in plaas van die menigte van seëninge wat Ek so begeer het om aan hulle te gee, as hulle maar net na My stem wou luister!"

"Neem kennis en verstaan dat hierdie vergelding en oordele plae sal wees wat 'n vreesaanjaende en weersinwekkende dood sal bring, 'n onuitspreeklike dood, so vreesaanjaend en weersin­wekkend sal hierdie dood wees onder hierdie nasies."

"Hierdie plae sal 'n dood bring soos wat nog nooit vantevore in die wêreld gesien is tot op hede nie, so vreesaanjaend en weersinwekkend sal hierdie groot dood wees!"

"Vanaf die waters sal daar 'n plaag van groot sterftes opkom van dit wat swem, vlieg, kruip en loop, ja vanaf die waters sal hierdie groot dood opkom wat vooruit gewaarsku is aan hierdie nasie, Suid-Afrika, as hulle nie na My sou luister nie." "Die ander nasies van Afrika sal ook groot sterftes ly van hierdie selfde plaag van die waters, as gevolg van hul uittarting in My aangesig en die ontelbare menigte van hul ongeregtighede.”

"Hierdie nasie, Suid-Afrika en baie van die ander nasies van Afrika sal toekyk en ly onder hierdie plae, plae van die waters, plae van oorlog, plae van die winde en lug en wrede moordende plae vanuit hulle eie volke soos wat Ek sal voortgaan om My rede uit hul verstand te verwyder, soos wat My Heilige Gees uit hul harte uitgedryf sal word deur hul eie hand, as gevolg van hul sondes wat My Heilige Gees so bedroef."

"Hierdie nasie, Suid-Afrika, en ook baie van die ander nasies van Afrika, sal ly onder die groot plae van oorlog van hulle van buite Suid-Afrika af, wie die dood van oorlog en verwoesting oor hierdie land sal bring."

"Soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, soos wat Ek die grense van die volke vasgestel het, so sal Ek nou hierdie bose nasies van Afrika teister met die verlies van baie van hul grense, nie net van hierdie nasie Suid-Afrika, soos wat voorspel is nie, maar ook van baie van die ander nasies van Afrika, sal Ek hierdie nasies teister met die verlies van baie van hul grense, vir My planne en vir My doelwitte, as gevolg van hulle boosheid teen My, My wil en My kinders."

"My Huis van Israel en Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat hierdie plae van die dood julle bitterheid en haat vir ewig sal verwyder, as gevolg van die vreesaanjaende en weersin­wekkende sterftes van so baie en die getalle wat deur hierdie plae gedood sal word, sal so vreesaanjaend en weersinwekkend wees, dat julle slegs hartseer en medelye sal hê vir hulle wat so sal ly as gevolg van hierdie plae."

"Nie Ek, My leërskare of JULLE, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, sal enige genot put oor die lyding van hierdie nasies nie, so groot sal hul lyding wees."

"Slegs hartseer en medelye sal oorbly vir hulle wat so sal ly as gevolg van hierdie plae."

"Dit moet so wees om My kinders te reinig en om hulle te suiwer van hulle haat en bitterheid, sodat Ek kan begin om hulle My Heilige Volk te maak."

"Dit berou My dat hierdie plae nou so moet wees!" "Ja, dit berou My, Ek het so begeer om Afrika saam met My te seën en al wat Ek vir Afrika wou gehad het." "Dit berou My dat dit nou so moet wees."

"Sodat hulle sal weet dat hierdie woorde Myne is, sê aan hulle, 'n bitter en onsmaaklike oes van wyndruiwe in die Boland sal hierdie woorde merk as myne, ja 'n bitter en onsmaaklike oes van wyndruiwe sal hierdie woorde merk as Myne, Ek, Ek IS wat EK IS."

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205