Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 11 ontvang op 9 Augustus 2018

“MY kneg, skryf hierdie neer: Wees geseënd terwyl die Leeu aan julle sy loop.

MY Volk, hierdie Woorde van MY is kragtig en kom in werking wanneer julle MY aanvaar as julle Eerste Liefde. Deuteronomium 28 is kragtig weer vrygestel deur die werking van die Trooster, MY Waarheid, onder julle en in julle. Julle wie hierdie Woord van MY ontvang, gaan lees en bestudeer Deuteronomium 28 om te verstaan. Julle moet besef hoe Barmhartig EK IS! MY Woorde van Seën is MY Belofte aan elkeen van julle wie nie die Olyfolie meng met basterolie nie. Wanneer julle MY Wet, MY Tien Gebooie onderhou, moet julle verstaan dat MY hele Wet is gebou op die fondamente waar Twee Ewige Klippe gelê is. Die een is: Liefde tot MY en die Tweede: Liefde tot jou naaste. Hierdie Twee is weer gelê op nog ‘n Fondament: MY Hoeksteen, WAARHEID!

MY Waarheid staan met Haar vurige voete op MY, die Ewige Fondament van LIEFDE. Onderhou die Twee, en julle onderhou al Tien! Om al Tien te probeer onderhou met ‘n denkwyse van ‘jy moet’ is nie in MY Orde nie. Liefde is die ontstaan van Liefde! Alles het voortgekom uit MY, die LIEFDE! Daarom, met enige taak wat julle aanpak, moet die LIEFDE die Bron daarvan wees. Sonder die Liefde, MY Liefde, sal die werke van julle hande nie voorspoedig wees nie. Om MY Wet te probeer onderhou sonder die Liefdesvlam in julle sal geen vrugte te voorskyn bring nie.

Dit is wat EK wil hê: Die wil en nie die moet nie. EK verskaf aan julle MY Brood en Wyn elke lewensdag om julle te voed, MY kinders. MY Brood daal neer vanuit MY Hemele, vir julle wie EK so liefhet. MY Brood bring nuwe Ewige Lewenskrag vir julle. Dit voed julle siele. Dit versag julle harte en bring Wysheid oor julle verstand. Julle is tot alles in staat deur MY wat julle Krag gee! Neem MY Krag in nederigheid en dankbaarheid, en gebruik MY! Nooi MY uit na jou Huis wat jy bou. Kom vra van MY die boumateriale wat jy benodig. Bou ‘n Huis vir MY, maar onthou, EK woon en bly nie in tempels van materiële klippe en torings nie!

Dit is hoe ‘n Huis vir MY moet lyk: Eerstens, ‘n Vurige brandende Liefdeshart vir MY en julle naaste! ‘n Hart wat heeldag en aldag aan MY dink. Daar waar jy alles aan MY oorgee om jou ten volle te lei. Daar waar julle heers in Liefde soos EK in die begin julle beveel het. Daar waar Liefdeswerke gedoen word en daar waar MY Brood gedeel word. Daar waar vir MY Volk gebid en ingetree word in MY teenwoordigheid. EK IS daar waar jy vir ‘n arme ‘n glasie water aanbied en ‘n broodjie laat eet. EK IS daar waar julle in die geheim vleeslike en geestelike werke vir MY doen. Onthou, soek nie eer by die mense terwyl julle Liefdeswerke doen nie, want dan ontvang julle nie MY eer en ook eer julle nie vir MY nie! Nederigheid! Verlaag julleself, en julle sal deur Myself verhoog word in MY Koninkryk!

Uit julle vrye wil, gaan altyd en wees bereid om te leer en te lees oor MY en MY Boodskappe en Beloftes. Begin belangstel om ook Brood te gaan eet daar waar Brood in MY Naam gedeel word. Julle is so maer, MY kinders! Die tyd is min en baie van julle olielampies is nog leeg. Word wakker, MY slapende kinders en kom na MY. Keer na binne en raak stil. Wees rustig en kalm terwyl EK aan julle sy loop! As EK aan julle sy is en julle word omring deur tienduisend vyande, gaan julle Vertrou op MY? Gaan julle op julle eie kragte staatmaak sodat as julle wen, julle julleself kan prys en verhoog? Al wat EK spreek in hierdie verband is: Dit is presies wat Lucifer gedoen het en hy was deur MY verlaag!

EK IS die Lewende Almagtige Jaloerse! EK IS LIEFDE en EK gee LIEFDE in oorvloed! Harte van Liefde is vir MY die soetste smaak en offerreuk! EK het vir julle die Weg gewys met Waarheid, wat julle kan lei na MY Ewige Lewe! Volg MY en wees vissers van mense! Met MY Klipwiel aan die beweeg, nooi EK julle uit weereens: Kom gee julle harte van klip vir MY. Bou ‘n Huis vir MY, ‘n Huis van Lig en Liefde!

MY Kneg jy is reg in wat EK in jou hart vir jou sê,

 

MY volgende twee Woorde aan jou:

MY Bergprediking!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205