Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 52 ontvang op 28/11/18

“MY kneg van MY LIEFDE, daar kom ‘n tyd wanneer jy baie dapper sal moet staan… vir MY en MY Volk! Dit sê EK, die Almagtige SKEPPER van ALLES! Gehoorsaam sal jy elke LEWENDE Woord van MY opteken en aan MY kinders gee as voeding en ook as waarskuwings en leiding. Jy het en gaan tans deur ‘n tyd van benoudheid en terselfdertyd ‘n tyd van suiwering. EK is besig om jou te brei en voor te berei. Daarom, wees vol moed en vrolikheid want jy weet: DIT IS EK! EK sal aan jou die Oorwinning gee! Baie knegte het EK opgewek en hulle sal vir MY Volk MY Brood en Wyn bring.

Kinders van MY Lieflingsvolk! MY kosbare Boerevolk! Luister na die Stem van JaHWeH EK IS! Luister met die ore van julle Boereharte! MY Boerevolk, jou vestings lê verpletter en jou poorte gaan tot niet. Jou landerye word gestroop en jou bloed drup op MY grond. MY kindertjies se trane rol en stroom, uit vrees tot binne-in MY Vaderhart! MY kindertjies aanskou die wreedheid van MY Grimmigheid en Sambok omdat julle steeds nie wil luister na MY Opdrag nie: EXODUS! MY Boere-Gilgaliete staan sy aan sy op MY Gilgal-Klipwiel in afwagting vir die trek deur die Jordaan. Hulle staan gereed om MY te volg tot binne-in die Land van Vryheid en Suiwerheid: die Allerheiligste, die Apartgestelde Apartheid van MY, EK IS WAT EK IS!

Waar is die res van MY Volk? Waar is julle? O julle is steeds vasgevang in Egipte! Julle vermeng steeds met die Egiptiese gode en modes; julle betree steeds die tempels van besoedeling en vermaak steeds julself met die drank van die Egiptiese hoere! Julle neem die kaf aan terwyl julle die Koring aangebied word! Julle word mislei deur die valse wonders van die Farao en sy trawante! Julle het die ordes van Egipte omhels en toegelaat dat die laaste Hoeksteen van Apartheid geplunder word te danke aan julle ongeregtigheid en ongehoorsaamheid aan MY, die LIEFDE! Geld is julle verlossing en drank is julle vertroosting! Dwelms is julle toevlug en die duister put van die kerk is die vermaak vir julle harte! Liefdeloosheid is julle kroon en om leuens oor julle lippe te laat rol is die ring aan julle vingers! Julle het verbonde gesluit met die ooste en toegelaat dat die afgode van die gevallene julle huise versier! Julle hou die feeste van MY teenpool en die verlokkende oë van die een op die dier het julle mislei. Julle huise is vuil en vol drek. Julle fondasies is vol krake en is gebou op sand; julle mure verkrummel en die dakke tuimel in van die losbandigheid van julle dade! Julle het die Apartheid van JaHWeH verwerp en agter die verbastering van die wêreld aangeloop. Julle het teen mekaar gedraai en julle het mekaar verraai, en as 'n gevolg: Tot in die diepste seer en wond! O hoe diep en seer is jou wond, MY Boerevolk! Jou broer Esau het jou nou al byna ingesluk in sy valse koninkryk en jy is verstrengel met lemmetjiesdraad om jou keel! Die ergste hiervan is: Julle siele staan op die drumpel van die dood en julle weet dit nie eens nie! O MY kinders! Waarom het julle MY verlaat? Waarom het julle ‘n ander verlossing gesoek as MY? Waarom het julle ‘n ander koning oor julle aangestel?

Die bloed… drup… swaar! Die trane stort in MY Grond… Waar sal julle Hulp tog vandaan kom?

Vir julle wat nog in Egipte vasgevang is, dit sê EK JaHWeH JAHSHUA: Luister nou en hoor die OPROEP vanuit MY VADERHART! Dit sê EK: EXODUS! EXODUS! EXODUS!

Kom onder die juk van MY teenpool uit! Maak gou! Want soos Sodom sal Esau se koninkryk wees en soos Gomorrah sal die Vuur van MY Toorn oor die hoofde van die bose magte kom! Swael sal neerdaal oor hulle wat MY EIENDOM vervolg en geplunder het. MY Grimmigheid sal oor hulle kom wat MY LIEFDE verkrag het en hulle wat MY kindertjies verhoed het om na MY te kom. Die Oordeel en Vloek is oor hulle wat MY duifies en MY arende se vlerke geknip het om hulle na die drekhuise van besoedeling te sleep!

Die Beker van MY Toorn is vol! Hoor O JisraEl; Hoor al die nasies van die Aarde; Luister o konings van die wêreld en luister julle wat MY regverdiges verdruk: DIE BEKER VAN MY TOORN IS VOL!

MY Boerevolk, neem MY Wet van LIEFDE op en KOM! Kom na MY in julle harte! Kom na GILGAL waar EK met MY Geloftevolk wag! Want die Verbondsark moet deur die Jordaan gedra word in lofgesang en MY Sewe sal die Ark dra in deemoed en dapperheid! Hulle kyk op na MY, hulle EWIGE LEWE! Hulle wat as Volk in eenstemmigheid van die LIEFDE, MY VERLOSSING aangeneem het in GEHOORSAAMHEID - Hulle sal EK Self verlos en Bekragtig en aan hulle behoort die KONINKRYK van LEWE, LEWE en weereens sê EK JAHSHUA: LEWE! Vergeef mekaar die skuld en skade! Kom na mekaar in die Naam van MY LIEFDE en met die Suiwerheid van julle wil – en genees mekaar se wonde in MY NAAM! Die is die sleutel: MY LIEFDE… julle WIL… as EEN! Sonder julle wil om te genees; sonder julle wil om op te staan; sonder julle wil om lief te hê; sonder julle wil om te EXODUS – sonder so 'n wil sal julle altyd gevange wees in die boeie van julle moordenaar en die dief van julle verlossing!

Aan elke Boere-Gilgaliet, luister na MY GEES in julle. Dit is nou MY Opdrag aan elkeen van julle: Werk ywerig en volhard met die Kandelaar van Sewe Vlamme van Verlossing. Daarmee gaan julle na elke broer en suster en straal die Lig van Hoop en die Warmte van MY LIEFDE uit; en met MY Saad van Waarheid, gaan en plant die Geloof met MY Krag om die Banier te bevestig en in Herinnering te bring: die Banier van LIEFDE!

Hier staan EK, die Heilige EL van Hemele en Aarde om die Gelofte vas te trek in elke boerehart-kind van MY.

Want die EER van MY NAAM sal VERHEERLIK word en aan julle sal EK die Oorwinning gee en saam MY sal julle heers in LIEFDE en WAARHEID!

Hoe kosbaar en hoe WYS is MY VERLOSSINGSPLAN! Waarom sal julle MY nie wou volg? Wat het julle om te verloor? NIKS! Wat het julle om te wen? ALLES!

Word nederig en met oop gemoed, open die deur van jou hart. Want EK klop en aan julle wat vir MY die deur oop sal maak sal daar ‘n Dag aanbreek waar die Ark se deur sal oopmaak; en julle sal uitstap en ‘n Nuwe Aarde en ‘n Nuwe Hemele betree. Voet aan voet en sy aan sy sal julle nuwe voetspore afdruk in MY Vrugbare Grond. Met ramshoring geblaas sal daar ‘n Oorwinningslied weergalm en dit sê EK: DAAR SAL GEEN MEER TRAAN VAN SMART WEES NIE!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205