Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 74 ontvang op 21/01/19

“Daar kom ‘n nuwe Tyd in MY. EK sal julle uitred en beskerm, dit sê EK, EK IS WAT EK IS! Hoor die Stem van jul VADER EK IS: EK sal julle uitred! Wees dapper, wees bereid, wees LIEFDE! EK is besig om julle te leer wat naasteliefde is, want julle het vêr daarvandaan afgewyk deur die gejaag na wêreldse liefde en rykdom. Julle het MY vergeet, maar julle het MY weer onthou! En dit het MY VADERHART aangeraak en EK vergeef! Julle is MY Oogappel, MY Gilgal-Boerevolk! EK IS HIER en EK staan binne die Gilgal-Laer van MY. EK staan gereed om julle te lei en te versterk in hierdie Tyd van Duisternis. Maar in die Vuurkolom sal EK julle lei en rig na die Beloofde Land!

Jerigo o Jerigo! Jou mure sal verkrummel voor MY Aangesig! MY NAAM sal verheerlik word en EK sal geloof en geprys word! EK het klaar MY Nuwe Jerusalem binnegekom – EK IS HIER! En vir julle wat dit nie wil hoor of glo nie: Gaan binne-in julle harte en hoor MY en wees oortuig van MY Betroubaarheid! Net soos hierdie kneg vir MY vanoggend gevra het in sy smekinge en smagtinge na MY, ‘Waar is U!?’ Toe sê EK vir hom: ‘EK IS HIER!’ HOOR MY en SIEN MY! EK staan by GILGAL! EK STAAN BY die SENTERPUNT: LIEFDE BO ALLE LIEFDE – EK SIEN ALLES en MY AANGESIG IS ‘N VURIGE LIG wat MY teenstanders sal verdelg, maar vir julle wat MY liefhet sal MY Aangesig julle VERLOSSING beteken: LIEFDE BO ALLE LIEFDE!

Die laaste land het gesterf en geval in hierdie Tyd van MY Voorbereiding en Tugtiging. Maar MY Land, Suid-Afrika is afgeseël binne MY VOLMAAKTE WIL en RAADSPLAN van VERLOSSING en VERHEERLIKING van MY NAAM! Jerigo se mure sal val! EK IS GEREED! Is julle? Is julle gereed om MY te volg maak nie saak wat? Is julle gereed om op te kyk na MY gee nie om wat? Is julle dapper om sy aan sy te staan in MY LIEFDESLAER en MY te loof en te prys!? Is julle gereed om te sien wat die ALMAGTIGE van JISRAEL in staat is om te doen!? GLO DIT en EK wys julle, maar glo MY in oorgawe en gehoorsaamheid aan MY Opperbevele! Dit is LIEFDE BO ALLE LIEFDE wat MY Noag en ‘n klein oorblyfsel gered het; sal julle dieselfde doen? MY Knegte, gaan en verkondig die TYD VAN MY VERLOSSING en gaan waarsku MY skape wat nog vasgevang is! Gaan waarsku hulle nou met Erns! Want EK IS gereed! Julle moet MY gehoorsaam, want dit is MY VOORWAARDE vir julle verlossing en oprigting! Julle moet MY gehoorsaam en getrou aan MY bly in LIEFDE BO ALLE LIEFDE! Wees vrolik! Wees Vreugdevol, want die mure van Jerigo sal val! Berei voor geestelik en sielkundig MY kinders! Berei voor en los dadelik die verganklike en aardse dinge wat nie enige iets beteken vir die verlossing nie! Eet MY Brood om julle siele te versterk! Drink MY Wyn om julle harte te omvorm tot LIEFDE! Drink MY Melk vir Wysheid! Bid tot MY, begeer MY bo ALLES!

LIEFDE IS MY BANIER!

EENDRAG IN MY LIG MAAK MAG!

EENDRAG IN LIEFDE MAAK MAG!

EENDRAG IN WAARHEID MAAK MAG!

EENDRAG IN MY, IS MAG!

Gehoorsaam MY en werk hard aan julle siele en begeer om nie meer te oortree nie. As julle foute begaan uit onkunde en dwaasheid, sal EK julle altyd help en waarsku. Luister dan na MY Hulp en pas dit toe! Wees geseënd in MY LIG! Wees geseënd in MY LIEFDE! Wees geseënd in die komende Tweede Bloedrivier: MY GILGAL-VESTING van LIEFDE, KRAG, WAARHEID en WYSHEID!

Vergewe mekaar nou! Genees die wonde! Staak die ongeregtigheid en gestry! Sterwe af die eieliefde en eersug! BEGIN TE LUISTER NA MY! VOLG NET MY! Los alles en VOLG MY!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205