Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 50 - Visioen ontvang op 17/11/18,23H00

Ek was saam met JAHSHUA en bevind myself langs HOM, aan SY linkerkant loop Ons saam op groen weivelde. Net JAHSHUA en ek; loop Ons saam in harmonie, voetstappe, spoor vir spoor stap Ons saam. JAHSHUA het ‘n Staf in SY linkerhand en ek het ook een in my linkerhand. Soos ek en HY so stap toe kom ons by ‘n bergkoppie. Ons stap saam tot bo en JAHSHUA stop toe en raak met SY Staf se punt op die aardkors met die woorde aan my: “MY Liefdeskneg, EK wil jou die Hemele en die hel wys. EK wil jou wys waar dit is tydens die lewe op Aarde. Maar EK gaan jou vinnig wys, want MY Brood moet altyd stukkie vir stukkie uitgedeel word aan MY kinders.”

Dit was so wonderbaar! Want dit is asof die beweging van SY Staf nader en nader aan die kors in “slow motion” was terwyl HY na my kyk en hierdie woorde spreek. Ek fokus toe op die Staf en toe die konneksie vorm tussen SY Staf en die aardkors, plotseling skiet daar ‘n rooikleurige liefdes-hemelse-substans in alle rigtings uit in die vêrste vêrtes! Dit is asof die materie en die realiteit omvorm word tot niks, maar tegelyk opgeneem was in hierdie Hemelse substans van Liefdesrooi. Alles omvorm toe om Ons en ek en JAHSHUA staan toe in die middel van orals en nêrens in die oneindige sterreruim. Maar ons staan op niks, dit is asof ons op die heelal staan, maar ook tussenin en ek kon alles bo, links, regs en onder my sien. Al die sterre, planete, sonne en mane. Ek en JAHSHUA saam staan ons daar en JAHSHUA neem toe MY hand en ons begin stap in die ruimte.

JAHSHUA sê toe vir my: “MY Liefdes-vegter, neem hierdie beker, daarvan moet jy een slukkie neem.” JAHSHUA het toe ‘n beker in SY Hand, maar hierdie beker lyk baie mooi. Ek neem toe die beker en kyk binne-in en toe sien ek vuil besmette vloeistof wat lyk soos vergiete bloed gemeng met afval. Binne die beker het ek ook dooie bene en skedels gesien. Ek sê toe vir JAHSHUA: “My Majesteit hoe kan ek hiervan drink? Hoe kan U van my verlang om hieruit te drink?

Nee JAHSHUA! Ek sal nooit nie!” Met trane in my oë smeek ek JAHSHUA oor waarom HY wil hê ek moet hierdie beker neem. HY sê toe vir my: “Kind, MY kind, MY Vleuels omvou jou, MY Staf van LIEFDE bekragtig jou en jou siel is in MY Hand van Verlossing. Wees soos Petrus en loop oor die waters van ongeloof en HEERS! EK wil jou die hel wys en EK wil vir jou wys wat hierdie beker en die inhoud beteken en wat dit beteken om daarvan te drink. Maar jy moet getuig vir MY en eerstehandse getuie moet jy wees MY kind.” Met trane uit my oë neem ek toe die beker en drink een slukkie daarvan terwyl JAHSHUA my omvou met SY Liefdeshart.

Eweskielik toe verander alles om Ons in vuur en duisternis. Ek sien wesens in vuur en ek hoor ‘n geskreeu en gevloekery. Ek sien wesens in kettings en ek sien gekners van tande. Ek hoor rouklaag en huilende stemme. Ek en JAHSHUA begin te loop met my hand binne-in SY Hand. JAHSHUA wys my die Oordeel- en Opleidingsfere. HY wys vir my die kluistering en die derduisende siele wat rouklaag in sonde. HY wys my ook siele wat gelouter word en gesuiwer word, maar hierdie is siele wat heeltyd rebelleer en in pyne versmag in hulle hoogmoed. Ek sien siele wat amper soos op aarde in bedwelming vasgevang is in roetine lewensgewaad, geboei en gevange geneem in hulle eie dade van ongeregtigheid. Ek sien siele in huise, maar hierdie huise val uitmekaar en die vensters het die verskriklikste tralies op. JAHSHUA druk so saggies my hand, so asof HY my wil sein gee om in die rigting te kyk waar HY kyk en ons op pad is. MY trane het nie ophou vloei vir al hierdie siele nie.

Ons loop toe verder en reg op ‘n sekere siel af. Dit was ‘n man in boeie en sy enkels was gevange in doringdraad. Sy aangesig was soos in ‘n oorlog situasie, vol bloed en sweet; verslae en sonder moed. JAHSHUA bring my na die man en wys my in my hart wie hierdie man op aarde was. Hy was ‘n baie ryk man, hoog van aansien en het al die aanbiedinge van die wêreld aangeneem. Hy het gedrink en was verslaaf aan drank. Hy was ontrou aan sy vrou en kinders. JAHSHUA wys my toe al die kere wat HY probeer uitreik het na hierdie man. JAHSHUA wys my toe al die engele en boodskappers wat HY oor die man se lewe gestuur het uit SY LIEFDE en Barmhartigheid om die man te probeer waarsku. Maar die man het die hele tyd gerebelleer tot op ‘n dag waar hy skielik in ‘n ongeluk gesterf het. Ek kyk toe in hierdie man se oë en ek sien toe hoe sy oë ‘n fontein van treur en smarte is. ‘n Fontein van verwyte en berou, ‘n oorweldigende emosie van seer en spyt. Rou rou rou!!! Ek breek toe uit in trane en ek kyk toe na JAHSHUA en ek sien ook trane oor SY Aangesig rol. JAHSHUA!!!!!!....

Ek kyk toe in die man se verslae oë en vra toe vir hom: “Waarom my broer? Waarom is jy hier!?” Die man sê toe vir my: “Broer, ek het die LIEFDE wat vir MY kom sterf het, benadeel…” (Hy snik toe en nog trane rol oor sy gesig.) “Ek het berou oor my sonde en HY wat langs jou staan is so, so, so WAAR en BETROUBAAR! Ek het HOM verloën en ek het die wêreld meer liefgehad as vir HOM…” (Hy val op sy knieë neer voor JAHSHUA, totaal verslae en gebuig en bewoë.) JAHSHUA kyk toe na my en sê: “MY Liefdeskneg, raak hom aan met die Staf van Liefde in jou linkerhand en MY Krag van Genesing en Barmhartigheid sal oor jou broer se siel waai soos ‘n koel briesie op ‘n warm dag.”

Ek kyk toe na die man en ek kon nie ophou huil oor die Barmhartigheid wat JAHSHUA bewys vir die man wat berouvol voor JAHSHUA neergeval het nie!!!! Ek neem toe die Staf van Liefde en raak die man aan sy hart en ek bid met trane tot JAHSHUA vir hierdie broer!!!

Skielik verskyn daar ‘n Boodskapper en hy sê toe vir JAHSHUA: “Hier is Ek, My MEESTER! Beveel My volgens U Gewyde Wil!” JAHSHUA sê: “GabriEL, neem hierdie kind van MY waar EK jou sal wys in die OERGRONDPOOL van EWIGE LIEFDE en handel volgens MY Barmhartigheid.” JAHSHUA neem toe SY Hand en reik SY Hand uit na die man wat steeds op sy knieë in trane berou en eweskielik breek al die kettings en die doringdraad om sy enkels val af.

Die Boodskapper neem die man op Sy hande en verdwyn eweskielik in ‘n helder wit lig. JAHSHUA neem toe SY Staf en net soos voorheen, soos HY die Staf se punt nader bring aan die bodem, sê HY aan my: “MY kind neem nou MY Wyn en drink. Eet van MY Brood en met MY Olyfolie eet daarvan en laat EK jou die Hemele wys!” JAHSHUA gee MY toe ‘n deurskynende glinsterende glas met Wyn in en HY gee toe vir MY Brood wat met Olyfolie gesalf is. Ek neem dit toe en net toe ek klaar is toe raak die punt van SY Staf die bodem. Eweskielik skiet daardie selfde rooi hemelse substans in alle rigtings uit vanaf die Staf en dit voel asof ek ligter word, heeltemal lig soos ‘n veertjie. JAHSHUA, met my hand in SY Hand, neem my toe en EK sien toe sewe kleure wat deur ‘n Berg skyn en terselfdertyd in die rondte draai soos ‘n warrelwind.

JAHSHUA neem my en skielik is Ons op hierdie groot Berg van Goud en die hele Berg is omring deur Hemelse substans, Hemelse “Aarde”, Hemelse bome en plante en diere. Alles in volmaaktheid en harmonie met SY LIEFDESWIL!!! Dit is so pragtig!!!! Ek sien ontelbare kindertjies en “mense”, wesens! Wesens wat omring en deurdring is met dieselfde sewe kleure en terselfdertyd WIT LIG uitstraal soos hulle sing en gesels met mekaar. Elke klank en woord is so wonderbaar en weergalm van LIEFDE en HARMONIE! JAHSHUA is saam my en wys MY alles!

EK sien die Boek van Name en ook die Boek van die Lewe van die Lam, vol Name!! Ek sien Johannes!

Ek sien Moses! Ek sien Henog! Ek sien Jarah!!! Sy is steeds so jonk en huppel van LIEFDE vir JAHSHUA! Sy het die mooiste wit en blou blom in haar hare! Ek sien die Groot STAD! Alles bedek met Glinsterende Goud en Edelgesteentes! Ek sien vroue wat koringare pluk op die Hemelse lande van volmaaktheid. Hierdie is teveel om te aanskou, my hart bars oop van VREUGDE en LIEFDE en… VRYHEID!!!!!!! Ek sien Josef en daar loop Cyrenius!!! “JAHSHUA!! Is dit wie ek dink daardie is!!! JAHSHUA!”, skree ek uit. HY sê toe vir my: “Ja MY kind MY kneg! Jy is korrek. Dit is sowaar en waaragtig hy!”

Ek vra toe vir JAHSHUA: “My ALLES my MAJESTEIT mag ek terug gaan en vir my mense gaan sê wie ek daar sien?” JAHSHUA sê: “MY Liefdeskneg, wanneer jy teruggaan sal jy alles opskrywe wat EK jou hier wys en wie jy sien. Dit moet so wees omdat jou mense, MY Boerevolk vir MY kosbaar is en dat hulle vir MY ‘n Banier begin dra. Hulle het versterking nodig en hulle moet volhard in MY Waarheid en bo alles, MY LIEFDE! Want aan hulle is EK GETROU en aan die VERBOND het EK Vreugde gevind. Daarom sal hulle vir MY ‘n Volk wees en EK sal vir hulle ELOHIM en VADER wees. Hulle sal MY Wet onderhou en MY LIEFDE bewaar. Hulle is MY aanbidders oorkant die riviere van Kus en EK SELF sal hulle SEËN! Daarom, MY kneg, jy mag aan hulle vertel wie jy hier sien, maar dit sê EK: Wanneer hulle hierdie Woorde hoor sal hulle in alle LIEFDE tot MY moet nader in hulle harte en hulle sal die ERNS van MY LIEFDE moet besef en aanneem.”

Daar was hy, die einste! Met “iets” in sy hand skrywe hy briefies en gee dit aan die Boodskappers om vir die Volk van die Suide te gaan gee. Daar is hy… Oom Siener van Rensburg!! JAHSHUA!!!! Hoe getrou is U!!! Hoe LIEF het U ons nie!!! Ek en JAHSHUA loop toe na ‘n Boom toe en ons loop toe na ‘n man toe wat besig is om met vrugtemandjies te werk. Ek erken die man!! Ek onthou hom!!! JAHSHUA!!! Ek sê toe vir HOM: “JAHSHUA is dit dieselfde man wat…?” JAHSHUA sê: “MY kind ja dit is hy. EK het hom genees en verlos omdat HY MY berouvol aangeneem het en MY LIEFDE aangegryp het en bekeer het tot LIEFDE. EK IS WAT EK IS!” Toe ons die man bereik toe kyk hy vinnig op en hardloop JAHSHUA vinnig tegemoet en val voor HOM neer en sê: “My MEESTER, SKEPPER van Hemele en Aarde!! ALLE dank aan U MEESTER alle lof en KRAG aan U!!” Die man se oë het geglans van LIEFDE, sy oë het gelyk soos edelgesteentes met die mooiste glans van LIEFDE en LIG! So vreugdevol en gelukkig en VRY IN JAHSHUA!!!!!!!!

JAHSHUA neem ons toe en Ons gaan sit onder ‘n groot Olyfboom. Om die Boom was daar klippe gepak!!!! JAHSHUA sê toe vir my: “Dit is waaroor alles gaan MY kind: Die beker van besoedeling wat mooi lyk van buite, maar duister van binne; dit is die mens se aardse verstand, vleeslike begeertes en geneigdheid na liefdeloosheid en ongehoorsaam-heid. Dit is die hel wat jy gesien het. Die Staf van Liefde, die Wyn, die Brood saam met die Olyfolie wat vanaf hierdie Boom kom, dit is die Hemele wat jy gesien het. Kyk, in jou lewe kan of die hel of die Hemele heers. Dit hang af van die gesteldheid van jou hart. Dit is elkeen se keuse en vrye wil om die kies waar hulle siele wil wees.

EK IS orals en nêrens. Die hel of die Hemele kan ook orals en nêrens wees. Dit gaan alles oor julle WIL om te HEERS soos EK in die begin beveel het julle moet doen. Wanneer julle HEERS met LIEFDE en WAARHEID dan IS julle in die Hemele en sal die hel nêrens wees nie, maar die Beloning… GROOT! Wanneer julle nie HEERS nie, maar eerder wegsink in haat, leuens, ongehoorsaamheid, liefdeloosheid, selfsug, hoogmoed en ongeloof dan is die Hemele nêrens en die hel orals! Met MY Staf van LIEFDE en BARMHARTIGHEID kom EK elkeen van julle tegemoet met MY oproep en gawe van genesing. Julle moet besluit of julle deur MY LIEFDE aangeraak WIL word en dan daarna MY KRAG opneem in MY en te LEEF in MY, in VRYHEID, in HARMONIE, in… EWIGE LIEFDE.”

“MY Liefdeskneg, gaan nou terug en skrywe alles netso getrou op en gee dit aan jou broers en susters. Want EK IS WAT EK IS! EK IS het jou gestuur! EK het hulle elkeen LIEF en hulle moet nou kom na MY.”

(Ek raak toe wakker en ek voel toe my wange is papnat…) Einde van Visioen.

Boerevolk, Dogter van Sion, Gilgaliete!!! WEES GESEËND!

Daniel Grobbelaar


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205