Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 118 – Woord 1 op 25/10/19; 07H30

“Julle weet MY kinders, wanneer ‘n organisasie gestig word uit die pure doel om geld na te jaag en die mensdom uit te buit deur valse beloftes, dan is dit ‘n gruwel voor MY Aangesig. So is daar baie sulke organisasies en bewegings wat opgerig is in MY land, Suid-Afrika. EK het julle alreeds gewaarsku om nie te val vir hulle bedrieglikhede en strelende beloftes nie. Hierdie organisasies wat beloof om MY volk te help en te verlos, en wat deurtrek is met leuentaal en geldgierigheid, sal voor MY Aangesig verdelg word! Niemand koop MY om met 30 sikkels silver nie!

Skrywe aan hulle MY kneg en sê vir hulle: Die hoogmoedige leuentaal en valse beloftes van die trotse geldjagters is julle eie ondergang. Julle weet dat julle MY kudde mislei en julle weet julle verwerp MY waarskuwings! Julle wat beloof om te red en te verlos, maar wat in julle harte nie eens vir MY aanvaar nie, hoe dink julle sal die verlossing plaasvind? O julle dwases en hardkoppiges! EK en EK ALLEEN verlos en EK sal MY volk uitred uit hulle benoudhede. Al wat hulle hoef te doen is om hul harte vir MY te gee, in plaas van geld wat julle julle eie sakke mee vul. MY volk sal EK opwek en MY Wagte op MY Muur sien alles wat julle in die geheim doen. Niks kan vir MY Oë weggesteek word nie, EK SIEN ALLES! Wee julle wat MY volk mislei en weglei vanaf MY Waarheid en Liefde! EK IS Toornig teenoor julle! Begin gehoor te gee aan MY uitroep en waarskuwinge aan julle en kom na MY om julle ‘n nuwe Lewe te gee!

MY volk, baie van julle word steeds gevang deur mensetaal wat as MY Gesproke Woord voorgedoen word. Julle word steeds mislei deur leuentaal vanaf die wêreld en julle val vir die strelende blinkende skatte wat MY teenpool julle aanbied. Die bree weg lei na die afgrond MY kinders! Kom na MY Weg wat lei na WAARHEID!

Skryf nog MY kneg. EK, EK IS WAT EK IS, sal MY volk red en hulle lei na MY Waarheid. Hulle sal nie mense eer nie, maar net vir MY as hulle VADER en SKEPPER. Hulle sal nie jagters van geld en aardse rykdomme wees nie, maar eerder jagters na die Skatte van MY LIEFDESBRONNE! Hulle sal in Liefde verkeer met mekaar, sonder om soos baie van julle, iets terug te verwag altyd. Die LIEFDE verwag niks, die LIEFDE vervul!

Tot hier MY kneg.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205