Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 9 ontvang op 3 Augustus 2018

“MY kneg, EK IS! Hier is EK! Raak rustig in jou hart. Jy is toornig teenoor jou en MY Volk. EK ken jou hart en het jou geken voordat jy jou voet neergeplaas het op hierdie aarde.

EK sluit die monde van die vyande! Hulle woorde en dade val op klippe en lei na niks! EK IS Almagtig! Luister nou na MY! EK gee nou hierdie Opdrag aan jou en MY ander knegte van MY Volk. EK spreek dit in die harte van MY kinders! Hier is dit: Deuteronomium 28! EK Wil dat julle hierdie skrywe as Brood deel aan MY Volk en doen dit met Erns en Liefde, doen dit met haas en ywer! Hierdie spreuke van seën en vervloeking moet ernstig oorweeg en ondersoek word deur elkeen van julle. Lees MY Woorde met ERNS! Die Tyd van diepe nag het aangebreek! Net EK ALLEEN kan jou red! Gee oor aan MY, gee alles aan MY! EK IS LIEFDE! Die Tyd wat EK jou gun uit MY Barmhartigheid is min, hoe vol is jou oliekannetjie? Is jou hart vol van MY en MY Woord? Het jy jouself gevoed en het jy voorberei? Is jy besig om MY ‘n glasie water en ‘n vars broodjie aan te bied? Klee jy MY? Deel jy jou Liefde met MY? Verstaan julle hierdie Woorde van MY?

Deuteronomium 28! Gee die aan MY Volk met die woorde:

“Geseënd is julle wat die Wet en Gebod van Liefde tot VADER en NAASTE doen. Julle weet wie julle is; en oor julle het MY Seën gekom en julle rys bo die draak!

Vervloek is julle wat MY Wet en Gebod van Liefde tot VADER en NAASTE verag en haat! Julle weet wie julle is, want MY Gees openbaar dit aan julle! Oor julle het MY Geregtigheid gekom! Julle het die vervloeking self oor julle gebring en kan dus nie MY blameer!’

Eet hierdie Brood, en besluit self, wil jy MY Brood inneem of uitspoeg. Huis van Juda, voeg jou tot MY Klipwiel as jy MY wil soek en eer. Bring seën oor jou aarde deur om jou hart van klip te bring vir MY, jou VADER! EK soek harte van Liefde.”

 

Deuteronomium 28: (Aangehaal uit die Boek van Herinnering)

28:1 AS jy dan goed luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie wat Ek jou vandag beveel, dan sal JaHWeH jou Elohey jou die hoogste stel bo al My nasies van die Aarde.

28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey. [Psalm 37:22]

28:3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

28:4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou Adamah [adamiet se Aarde] en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

28:5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

28:6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

28:7 JaHWeH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

28:8 JaHWeH sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee.

28:9 JaHWeH sal jou vir Hom as `n apart gestelde volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die Gebooie van JaHWeH jou Elohey hou en in Sy Weë wandel.

28:10 En al My volke van die Aarde sal sien dat die Naam van JaHWeH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.

28:11 En JaHWeH sal suiwerheid aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde], op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.

28:12 JaHWeH sal Sy suiwer skatkamer, die Hemele, vir jou oopmaak om die reën van jou Aarde op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

28:13 En JaHWeH sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die Gebooie van JaHWeH jou Elohey wat Ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

28:14 en jy nie regs of links afwyk van al die Woorde wat ek julle vandag beveel, om agter gode van andere aan te loop om hulle te dien nie.

28:15 Maar as jy nie luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey, om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

28:16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

28:17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

28:18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde], die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

28:19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

28:20 JaHWeH sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die besoedeling van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

28:21 JaHWeH sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar in besit te neem.

28:22 JaHWeH sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

28:23 En jou Hemele wat bo jou hoof is, sal koper, en die Aarde wat onder jou is, yster wees.

28:24 JaHWeH sal die reën van jou Aarde poeier en stof maak; van die Hemele sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

28:25 JaHWeH sal maak dat jy voor die aangesig van jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor die aangesig van hom uit vlug; en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die Aarde word.

28:26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die Hemele en vir die wesens van die Aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

28:27 JaHWeH sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.

28:28 JaHWeH sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,

28:29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.

28:30 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar in hom nie woon nie; 'n wingerd plant, maar haar vrug sal verbaster wees

28:31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is.

28:32 Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.

28:33 Die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.

28:34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

28:35 JaHWeH sal jou tref met besoedelde swere aan die knieë en aan die bene - waarvan jy nie gesond kan word nie - van jou voetsool tot jou kroontjie.

28:36 JaHWeH sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien.

28:37 En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen JaHWeH jou sal wegvoer.

28:38 Jy sal baie saad op die landery uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal hom afeet.

 

28:39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal haar opeet.

28:40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.

28:41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.

28:42 Al jou bome en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] sal die sprinkaan in besit neem.

28:43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.

28:44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die Stem van JaHWeH jou Elohey om Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

28:46 en hulle sal by jou 'n Teken en 'n wonder wees, en by jou saad tot in ewigheid.

28:47 Omdat jy JaHWeH jou Elohey nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,

28:48 sal jy jou vyand wat JaHWeH teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.

28:49 JaHWeH sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die Einde van die Aarde af, soos 'n arend vlieg - 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,

28:50 'n nasie hard van aangesig, wat 'n grysaard nie ophelp en vir 'n seun geen barmhartigheid het nie.

28:51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, druiwe of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

28:52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele Aarde vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het.

28:53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.

28:54 Die vertroetelde en delikate man by jou, wat groot en voortvarend is - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;

28:55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks [anders] oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.

28:56 Die vertroetelde en delikate vrou by jou wat sag en teer is wat nie waag om die sool van haar voet op die Aarde neer te sit nie - haar oog sal die man wat aan haar sy is en haar seun en haar dogter skeef aankyk,

28:57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

28:58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie Wet hou wat in hierdie Boekrol geskryf is, om hierdie eerbare en gedugte Naam, JaHWeH jou Elohey, te vrees nie,

28:59 dan sal JaHWeH oor jou en oor jou saad buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en aanhoudende siektes van besoedeling;

28:60 en Hy sal weer op jou bring al die siektes van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.

 

28:61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die Boekrol van hierdie Wet nie geskrywe is nie, dié sal JaHWeH teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

28:62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die Sterre van die Hemele in menigte, omdat jy nie geluister het na die Stem van JaHWeH jou Elohey nie.

28:63 En soos JaHWeH oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal JaHWeH oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar in besit te neem.

28:64 En JaHWeH sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die Aarde tot by die ander einde van die Aarde; en daar sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

28:65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar JaHWeH sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.

28:66 En jou lewe sal voor jou [aan 'n draad] hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.

28:67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! - vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

28:68 En JaHWeH sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205