Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 101 - Woord ontvang op 27/06/19

“MY Huis van Judah, jy moet weet Wie jou gemaak het en Wie jou opgerig het. Jy moet weet Wie is die EEN wat jou bewaar en seën. Dit sê EK, jy moet weet Wie vir jou die WET VAN LIEFDE EN APARTHEID gegee het! Dit IS EK, EK IS WAT EK IS! Jou SKEPPER en VADER, die ALMAGTIGE en daar is niemand gelykstaande aan MY nie. EK is die EEN wat jou verlos deur MY Bloed en Gees! EK is die EEN wat met jou spreek en wat jou lei deur MY Gees van Waarheid. EK IS die EEN wat jou voorouers verlos het in die Aarde van Egipte. EK IS die EEN wat wegneem en gee; wat beheer het oor dood en lewe; wat regeer oor die heelal! EK is die EEN wat jou, MY Volk van die Suide, hierheen gebring het om te floreer in MY Waarheid en Liefde, as MY Apartgestelde Volk! EK het julle hierheen gebring omdat julle voorouers vervolg was vanuit die Noorde en het hulle hierheen gebring tot eer van MY Naam; om ‘n nageslag te bou! Dit was ‘n nuwe era en volgende fase van MY Raadsplan! Hoeveel oorwinnings het EK nie vir MY Boere laat bring toe hulle na MY geroep het en Geloftes met MY gesluit het nie? Was EK ontrou? Het EK al ooit MY teen MY eie Woord en Wet verset? Is EK dan nie Betroubaar en WAAR nie? DIT IS EK, EK IS WAT EK IS, die EL van Adam! Die EL van Sion!

Maar julle MY Boerevolk het MY vergeet in die tye van voorspoed in MY land, Suid-Afrika! Julle het verkoel in julle dappere navolging van MY Woord en julle liefde vir MY het verkoel. Julle siele het begin hunker na ‘n ander man. Hierdie man het binnegedring in julle volk in elke faset van julle lewens. Hy was baie slinks en julle het vir sy mooi woorde en beloftes geval; en julle het MY Waarskuwende Gees van Waarheid afgeweer omdat hierdie man se rykdomme en genot net te stralend en aanloklik vir julle oë was! Daarmee het julle toegelaat dat die kerke julle volk byna vernietig en julle teen mekaar gedraai het, tot vandag toe! MY Huis lê verpletter en die doodsbeendere lê oral in die gange en poorte van julle verharde harte. Julle het julself gewend na die strewe om beter as die volgende een te wees en so het hierdie man ‘n hoogmoedige gees in julle laat ontkiem. Daar was nie meer sprake van naasteliefde en eensgesindheid nie, maar eerder sprake van die begeertes en strewe na geld en plesier. Hierdie strewe na geld en plesier, wat deur hierdie man op ‘n goue skinkbord vir julle opgedis was, het julle gelei na ongehoorsaamheid aan MY Ewige Wet wat sê “Jy mag nie vermeng nie.” Hierdie man het geweet hoe om julle harte met sy slinkse vingers te manipuleer om julle te laat dwaal en het julle gelei na ‘n ander boom. Hierdie boom is nie MY Boom van die Lewe nie, maar eerder ‘n boom vol dorings. Maar moenie julle misgis nie, hierdie boom dra die mooiste vrugte, gefabriseer deur hierdie man, maar binne-in daardie valse vrugte lê die gif van verbastering, liefdeloosheid, hoogmoed en rebellie. Hierdie boom skei ‘n geur af wat julle neusgate laat prikkel en julle siele laat smag na ‘n ander liefde -‘n liefde wat dood en moor! Hierdie liefde is afkomstig van hierdie man en hierdie liefde was die oorsaak dat EK hierdie man vanuit MY Huis verban het. Hierdie liefde heet, eie-liefde!

MY Volk, jy moet weet Wie jou tugtig and Wie jou gaan uitred!

Hierdie ander man het MY Volk met besoedelde wyn besmet en dit het veroorsaak dat die vry skone Bruid wat EK MY Volk as gesien het, verander het in ‘n dronk besmette vrou wat rond strompel van straathoek na straathoek in die nag ure van haar siel. Hierdie man het drie beelde in hierdie volk in gebring wat baie van julle laat struikel en val. Drie beelde van die dier wat so diep in julle lewens en tot binne-in julle siele al vesting gemaak het: die televisie-beeld, die selfoon-beeld en die rekenaarskerm-beeld! Agter hierdie beelde verander hierdie man homself in allerhande vorms en pleeg allerhande dade op baie fyn beplande maniere om julle geeste te dood, julle siele te besmet en julle hartsdenke te verander sodat julle hele lewens verander word ten gunste van hierdie man! Dit het julle toegelaat omdat julle jul harte na hierdie man gewend het en weg van MY, julle ENIGSTE EWIGE MAN, af beweeg het! Hierdie drie beelde is die finale dood van MY Volk! Dit sê EK, want dit is hierdie man se metodes om julle binne-in sy sisteem in te trek waar die volgende hoogty vier: Haat, verbastering, liefdeloosheid, afguns, eie-eer, eie-liefde, geestelike vermenging, afgodery, vermaak, liggaamlike plesier, homoseksualisme, politiek, mammon-rykdom, ongehoorsaamheid, dwaasheid, sluimering, wanorde, vervloekinge, rebellie teen MY, manipulering van DNA en die biologie, oorlog, mag, beroemdheid onder die nasies, valsheid, leuens, bedrog en die uitwissing van alle geestelike Waarhede en pogins van MYSELF om MY kinders te voed en te laat groei om MY Verlossingsplan uit te voer. Hierdie is die vrugte wat aan daardie boom hang en julle smul lekker daaraan en julle besef nie die komplikasies wat dit het op die bestemming van julle siele nie! EK het julle oor en oor gewaarsku deur MY Profete en Knegte, maar julle wou nie luister nie. Julle is so mislei dat julle ook nie wil aanvaar dat EK steeds met MY kinders en knegte wat EK uitverkies het, praat nie. Hierdie man het julle hele wese so verander dat tot julle wat die Waarheid tot ‘n mate gevind het, nie die LIEFDE met Wysheid en Insig kan toepas nie, omdat julle deur die Waarheid hoogmoedig geword het. EK het gesê dat julle mekaar moet liefhê en mekaar moet leer wat EK julle leer deur MY Woord. En tog is daar diegene wat dit doen, maar hulle is nie eens uitvoerders van MY Leringe en Woord nie. Die saad en die boom is daar, maar daar is geen vrugte te oes nie – dit is julle wat die mense leer van MY Waarheid en Liefde, maar wat self nie eens een woord daarvan toepas en uitvoer nie! Dit sê EK, Waarheid is geen Waarheid as dit nie vanuit die LIEFDE kom nie, want as dit nie vanuit MY LIEFDE en vanuit jou liefdevolle hart kom nie dan is jy besig met ‘n ander waarheid!

MY Volk, EK hoor julle smekinge en gebede in julle benoudheid in MY land, Suid-Afrika. EK sien wat met julle gebeur. Maar dink julle nie EK is in beheer daarvan nie? Hierdie is die volgende Verborgenheid: EK gaan julle uit Egipte haal en terselfdertyd gaan EK Egipte uit julle uit haal. Dit is hoe julle verlos gaan word! Waarom dink julle kry julle nie meer werk nie? Waarom dink julle word julle grond van julle af weg gevat? Waarom dink julle word julle stede en dorpe en huise geplunder en julle besittings word besteel? Waarom dink julle gebeur hierdie dinge? Dit is omdat julle hierdie dinge meer liefgehad het as vir MY en daarom neem EK dit stelselmatig van julle af weg. Daarom vermaan EK julle nou om op te hou rebelleer teen MY Strafgerig en eerder te fokus op wat julle kan doen om MY weer te behaag en MY Toorn af te wend, sodat die Strafgerig opgehef kan word deur MY Barmhartigheid. Maar weet, die Strafgerig is ook vanuit MY Barmhartigheid, want hoe anders sal EK julle siele ooit weer by MY kan terugkry? Julle VADER is die Ewige Barmhartige! EK sal julle leer om weer mekaar lief te hê en om waarlik na mekaar te kan omsien soos dit behoort te wees in MY Huis, want EK IS VADER! EK sal julle leer om weer ten volle op MY afhanklik te wees in slegte en sowel as goeie tye - te ALLE tye! MY Plan is reeds in uitvoering en EK is besig om MY Bruid weer te suiwer en apart te stel vir MY. Die Anker is reeds uitgegooi vir MY kinders om te kan trek en heers oor die berg van die draak. En dit sê EK, daardie ander man is die draak en die draak is MY Teenpool, satan. Heers oor hom en floreer in MY LIEFDE en WAARHEID! Neem op MY Verlossing en gryp MY Reddende Hand nou aan! Wend julle aangesigte en harte weer na MY en hef julle hande op na MY! Want EK IS!

Kom weer terug na MY, julle WARE MAN en BRUIDEGOM!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205