Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 117 - Woord 3 op 24/10/19; 14H37

“Skrywe nog MY kneg, want EK is nooit klaar gespreek met die Kinders van MY LIEFDE nie. Daar is soveel meer en soveel oneindighede meer wat EK aan MY kinders wil oordra. MY kinders, die kinders gebind en opgegroei deur MY Bloed! Hoor wat die EL van Ewige Skeppings vir julle te sê het en luister na die Insettinge van MY Orde. Julle moet altyd onthou om julle vaders en moeders te eer en respek te betoon aan hulle. EK het julle laat voortkom uit julle vaders en moeders en dus het EK hulle aangestel oor julle om julle in MY Wet en Leringe in te wy en te onderrig. Daarom moet julle let op hulle wyse raad en besluite. Hulle gee opgroeiende advies aan julle en EK werk deur hulle om julle terug na MY te lei. Slaan ag op hulle lewenswandel en word wys deur om hulle wyse woorde en tugtiging te verwelkom. Hulle tugtig julle omdat hulle julle liefhet en nie omdat hulle julle haat nie. Die LIEFDE tugtig en is daarop uit om teregwysing voort te bring wanneer die denke, woorde of dade teen die Goddelike Beginsels van die LIEFDE handel of wanneer die Liefdeslewe in gevaar gestel word. MY kinders, meng nie met die gruweldade van slegte maatjies in julle opleidingskole nie en wees nie in die kring van spotters en lasteraars nie. MY teenpool werk juis meeste van sy bose kragte in op die jonger geslag omdat julle baie vatbaar is vir die slegte genot wat hy bied deur die wêreldse sisteme en neigings. Julle siele is nog in ontwikkelingsfase in julle jong liggame en hierdie siele van julle kan maklik gevang word in dwaling en slawerny. Wanneer julle hoor van lasterlike praatjies en skinder, vermy dit en loop die ander weg. Nader nie diegene wat omgaan met seksistiese denke en woorde nie, want hulle is vasgevang in die dwaalgees van vermenging en rebellie teen MY LIEFDESORDE. MY kindertjies, vestig nie julle oë op die besoedelde televisiebeeld, rekenaarbeeld en die selfoonbeeld nie. Deur hierdie drie beelde word julle siele vermoor en julle harte word besoedel. Deur fyn bewerkte en voorbereide beelde, frekwensies en klanke, verlei en bedwelm MY teenpool julle denkvermoë en redenasievermoë. Deur hierdie manipulasie van beelde en klanke word julle “waarheid” geprogrammeer tot die van hulle “waarheid”, wat vals is en NIE MY WAARHEID IS NIE! Die langdurige wees op die selfoonbeeld is ook nadelig vir die kind se liggaam en siel en sy of haar geestelike groei en ervaringe. MY kinders, moet nie gevang word in valse leerstellings van die wêreld nie en moet nooit probeer beter wees as die ander kind van MY nie.

In die huidige geslag van MY volk, is baie van MY kinders erg opstandig en eie-ek ingestel omrede die satan allerhande speelgoed in allerhande vorms en blinkende gewaad laat skep het om julle siele te beroof. Hy doen dit om julle oog te vestig op sy koninkryk - dieselfde koninkryk wat hy MY probeer mee verlei het toe hy MY versoek het op aarde. Val nie daarvoor nie MY kindertjies! Deur hierdie dinge wek hy ‘n gees van beterweterigheid, hoogmoed en selfbejammering op by julle. EK IS julle ewige VADER en SKEPPER en EK het julle vir ewig lief. Julle is so wonderbaar vir MY! So jonk, soveel potensiaal om groot dinge te bereik op hierdie aarde, vir MY en vir julle siele. Vermy die leuentaal van die besoedelde leraars en afgodetempels. Julle moet die geestelike begryp soos kindertjies wat na hulle moeder hardloop net na sy vir julle lekkernye gebring het. Maar weet dat die Lekkernye van Gees wat EK julle wil aanbied veel en oneindig saliger smaak in julle siele en groot vernuwing bring vir julle harte. Daarop moet julle let; lees en wees werksaam in die Geskrifte van MY Lewende Gesproke Woorde. Val nie in die vangnet van valse fantasie gebaseerde storieboeke wat geen WAARHEID vanuit MY bevat nie. Wanneer julle wil lees, lees graag MY Woord en MY Nuwe Openbaringe omdat die LEWE en VERLOSSING en die KRAG daarin opgesluit lê. In julle, MY kindertjies, lê die hoogste potensialiteit verberg om ‘n hele nuwe Era en Geslag teweeg te bring wanneer julle MY, JAHSHUA, volg soos EK MY dissipels aanbeveel het in Liefde en vrye wil en keuse. Wanneer julle MY volg, dan LEWE julle alreeds en EK sal julle laat opgroei tot oorwinnaars van LIEFDE, LIG en LEWE. Die dood sal julle nie vrees nie en die ongeregtighede van hierdie wêreld sal julle nie versteur nie. Fokus op MY vir die res van julle lewens. Behandel julle vaders, moeders en julle maatjies met liefde en wees altyd eerlik en opreg. Verkondig MY liefde deur julle eerlike woorde, julle passievolle liefdesdade en julle suiwere, wysheidsbekragtigde denke. Laat hulle wat MY nog nie ken nie, vra: “Wie is die Meester wat julle so help en Wie is HY wat julle so mooi aanbid en gehoorsaam? Wie is HY vir Wie julle so lief is dat julle julle hele lewens so mooi omvorm het dat die Liefde so uit julle straal? Wie is HY wat julle so glimlaggend vrolik maak en hoe kan ons ook so ‘n geloof kry dat julle vir niks vrees of bang is nie?” Julle is volgens ONS Beeld geskape en so moet julle deur julle lewenswandelinge hierdie Beeld uitstraal om nog meer kindertjies na MY te lei en hulle te laat ontwaak.

Vaders en moeders van MY kindertjies! Julle het EK aangestel as onderrigters en leiers vir julle kinders om hulle na MY Weë te rig. Dit is julle ouerlike plig om na MY kindertjies wat EK vir julle geleen het, om te sien en hulle veilig te bewaar teen die invloede van MY teenpool en die wêreldse onregverdighede. Deur julle ervaringe regdeur julle lewens, moet julle hulle wysmaak van die edele en ook wat onedel is. Hulle moet geleer word om te werk vir elke beloning en om dit nie verniet te wagte te wees nie. Wees daarop ingelig om nie julle kinders te bederf met aardse lekkernye, speelgoed en mensgemaakte tegnologie nie. MY kindertjies moet aktief wees in die natuur, hulle moet opgelei word in handvaardighede en talente; hulle moet altyd geleer word met MY as die Bron en terugkerende Bestemming van die Ewighede. Leer hulle, voed hulle op en mishandel hulle nie vanuit ‘n wraakgierige hart nie. Die tugtiging in die geval van opstandigheid en ongehoorsaamheid is nodig vir die siel en geestelike vooruitgang van MY kinders. Tugtig met LIEFDE en ERNS, volgens MY Leiding op daardie stadium. Wanneer die kind terugkom na julle en berou toon, vergewe MY kindertjies en leer hulle rakende die fout wat hulle begaan het; en toon Barmhartigheid met ‘n sagte les van Wysheid en Insig. Help hulle in hulle tekortkominge en lei hulle om die regte dinge te doen wat welbehaaglik is voor MY Aangesig. Vaders en moeders, julle moet julle poste inneem en Goddelike vaders en moeders word wat MY gehoorsaam in hierdie Wysheid. Wee die vaders en moeders wat MY kindertjies ontneem van hulle vryheid om MY te dien en om na MY te kom. Laat EK dit weer sê: VERHOED NIE DIE KINDETJIES OM NA MY TE KOM NIE! Wanneer julle, vaders en moeders, MY Opdragte van LIEFDE verontagsaam en MY kindertjies skade berokken, dan sal EK hulle van julle af wegneem en die skuld sal teen julle wees. Wanneer julle roekeloos omgaan en onverantwoordelik leef, terwyl MY kindertjies daaronder ly, sal EK kom en EK sal MY kindertjies red en hierdie Woorde sal in julle harte opkom: “Jy het jou ouerlike taak versmaad en jou ongeregtighede stink voor MY Aangesig!” Wees doelloos en liefdeloos met MY kindertjies, en hulle bloed sal EK van julle eis wanneer hulle skade verkry het as gevolg van julle haatlike dade! Vertrap nie verder MY Genade en Barmhartigheid nie en hoor wat EK julle nou mee aanspreek, vaders en moeders van MY volk! Leef MY LIEFDE uit en stroom MY LIG deur julle harte uit na MY kindertjies wat EK aan julle toevertrou het. EK IS die Bron van LIEFDE en LIG, maak MY dus deel sodat julle ‘n volkome Liefdesfamilie kan wees op Aarde waar julle die volgende welbekende woorde kan uitspreek: “Ek en my huis, ons sal JAHWEH dien!”

Geseënd is die Man wat hart aan hande bind,

En die kind wat opgroei net deur MY Bloed verbind!

Edel is die vader wat sy kind rig tot die weë van Liefde, Respek en Gehoorsaamheid.

Edel is die moeder wat haar kind vertroos, versterk en met Wysheid en Nederigheid toerus.

Edel is die kind wat gehoor gee en wandel volgens die Liefdeswan­delinge van hul vaders en moeders.

Eer jou vader en jou moeder sodat die dae van julle lewens verleng mag word ter Oorwinning, Verlossing en Vrolikheid in die land wat EK julle sal skenk.

EK IS WAT EK IS, die VOLMAAKTE VADER-MOEDER, ELOHIM VAN DIE SKEPPINGSLEERMAG!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205