Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 96 ontvang op 21/03/19

"My kneg, skryf nou vir MY! Gaan en dra MY Woord oor aan hulle wie MY LIEFDE vertrap!

Julle loop rond soos brullende leeus en julle dink julle kan maak en breuk soos julle wil. Julle hanteer My skape soos julle goeddink volgens julle hartelose dwaasheid! Julle verdruk die armes en hanteer 'n lewe soos 'n nikswerd stuk yster. Wee julle! Wee wee wee julle wat in MY Naam spreek en sê dat julle handel in MY Naam terwyl dit NIE so is NIE! (ek het 'n groot Toorn vanuit VADER begin aanvoel net na hierdie Woorde van JAHWEH)

Laat EK julle nou sê: EK EN ALLEEN NET EK IS JULLE VADER EN JULLE LEIER! NET EK, EK IS WAT EK IS! EK SAL JULLE BESOEK OP 'N DAG EN WAARMEE SAL EK JULLE BESIG VIND? Julle spreek die seën uit en vanuit dieselfde mond vloek julle julle volksgenote en gaan om met leuenwoorde! Vanuit dieselfde fontein vloei daar vars Waters en terselfdertyd ook vuil brakwater! Hoe dan nou MY kinders? Wat is julle besig om te doen? Laat EK julle vertel! Julle is besig om MY te tart en om MY in MY Aangesig uit te daag! Hoor wat EK vir julle sê, julle wat dink julle kan regeer oor julle geliefdes soos julle wil en julle wat dink julle het mag en krag: EK SAL ALLES VAN JULLE AF WEGNEEM! Julle sal alles ontneem word behalwe julle eie vrye wil en tallose waarskuwings vanaf MY!

NIE LANGER SAL EK TOELAAT DAT EK, LIEFDE, IN DIE GESIG GESPUUG WORD NIE! EK SAL HANDEL VOLGENS MY GEREGTIGHEID! Die Woord sal julle oordeel en aan julle wie hierdie Oordeel nou gekom het, skeer julle vuil klere en gooi as oor julle hoofde omdat die verstand en hoogmoed in julle hoofde julle afvallig gemaak en laat struikel het!

MY Beloftes is Ewig betroubaar en geldig NET vir julle wat MY VOORWAARDES BEWAAR EN ONDERHOU VANUIT JULLE HARTE VAN LIEFDE! EK IS!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205