Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 79 ontvang op 28/01/19

"EK sal die Tempel afbreek en binne Drie Dae sal EK MY Ewige Tempel herbou en oprig. MY BOER-ADAM sal EK oprig en Ons sal die Strate van GOUD in MY NUWE JERUSALEM bewandel en EK SELF sal die Ewige SONLIG wees vir MY Bruid en Ons kinders. MY Woorde en Verordeninge sal omvou en gestand doen, want EK IS WAT EK IS.

Die Doderyk se kettings en slotte word nou gebreek en opgelos deur die Krag van LIEFDE! Neem hierdie VERLOSSING aan en volg MY vanuit die Doderyk van julle dwase verstand en liefdelose lewenswyses. Kom en word deel van LEWE, die EWIGE LEWE in MY! Staan saam MY op tot LEWE!

Daar sal Twee neerdaal aan die Einde en hulle sal MY tegemoet kom. MY Hoof strek verby die Hemele en EK IS die Enige HEERSER oor Lewe en dood. Op die Derde Dag van ONS VERBOND het MY Staf van Krag soos 'n Weerligstraal aan die Ooste ingeslaan. Die LIEFDE, KRAG en WAARHEID is byna Volbring. Die laaste Kwartier, die Weste, die Wysheid, sal geopenbaar word aan julle wat heelhartig bly in MY. Maar julle moet getrou wees en LIEFDE BO ALLE LIEFDE toepas en julle sal sien hoe MY LIGSIRKEL-LAER VAN HEMELE EN AARDE verseël sal word op die laaste klokslag, die laaste minuut. Julle sal oorgaan in 'n NUWE DAG IN MY wanneer julle soos die Arend sal uitrys bo die kraai."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205