Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 102 - Woord ontvang op 03/07/19

“Hoor MY Stem, kneg van MY! Voel die Warmte van MY Asem van Lewe wat blaas oor die Aarde van jou hart en voel die verlossende Krag van MY Gees. Jy is geskape deur MY as ‘n oorwinnaar in MY Ryk. EK sal jou lei en EK bekragtig jou deur MY Barmhartigheid om ‘n lewe vir MY te leef. Neem op MY Gawes en stel MY altyd eerste in elke roeping, besluit en gedagte. EK IS LIEFDE en EK sal altyd LIEFDE wees.

Soos EK eens gesê het, “die blindes wat die blindes lei” – hierdie woorde het as Waarheid oral om julle gefloreer omdat julle as MY Volk, blind geword het. Maar aan die einde van hierdie tyd is EK besig om blindes te genees van hulle blindheid en EK is besig om MY Wagte, Knegte, Boodskappers en bewerkers van MY Wingerd uit te verkies. Laat dit hoor MY Israel: EK DOEN DIE UITVERKIESING EN NIEMAND WERK VIR MY, SONDER MY NIE! Daar is baie profete en boodskappers; daar is baie verkondigers en werkers in MY Volk, maar hulle het hulleself aangestel ten doel om eer en guns te bring aan hulle eie naam en lewe! Hulle doen dit vir roem en om gesien te word deur die menigte. Hulle werk sonder MY omdat EK en MY Waarheid nie welkom is in hulle harte nie. Tog gebruik hulle MY Woord om andere te leer volgens hulle eie selfopgemaakte opinies en invloede van MY teenpool om MY Kudde te mislei. Wee hulle wat sê: “VADER het gespreek.”, terwyl EK nie MY Mond tot hom of haar gereken het nie! Wee die bewerkers van misleiding, want hulle sal voor MY Aangesig weggevee word! Hulle hoor ‘n stem en hang hierdie stem aan en sê aan MY Volk “God het gesê” en hulle profeteer vals! Hierdie stem is nie MY Stem nie, maar is die stemme van laer duister geeste in diens van MY teenpool! Hulle verkry ingang by hulle omdat hulle ongehoorsaam geword het aan MY Waarheid en Wet; en hulle harte teen MY LIEFDE verhard het. Wee hulle wat MY Woord verdraai en vervals ten doel om MY kudde na die slagpale te lei binne-in die tempel van Babilon!

EK, EK sien julle! EK sien julle gedagtes, julle dade; julle planne om MY opregtes te laat struikel. EK sien julle duister vergaderings om ronde tafels waar die son in die middel van die tafel is. Dit kom al lank dat julle die son in die Ooste aanbid en MY verwerp en verloën het. Julle aanbid, maar nie vir MY nie! Julle het ‘n ander meester wat met sy valse lig en gemengde waarheid kom om MY Kudde te vermoor en te dood! Hy spreek baie van vrede en versoening, maar sy hart dra die wortels van haat en moord! Julle verberg julleself net soos Adam en Eva hulle probeer verberg het in die tuin toe EK besoeking gedoen het, nadat hulle oortree het aan MY Opdrag. Maar EK sien en hoor alles omdat EK terselfdertyd, orals en nêrens is! Maar weet, julle eie trone en magte sal verpletter word deur julle eie dwaasheid en hunkering na mag en krag. Julle wil soos EK wees deur om Goed en Kwaad te ken; julle wil soos EK wees deur om alle Kennis te bekom. Daar is baie van julle wat julleself gelyk aan MY wil stel – maar julle bewerk hulle eie ondergang! Julle bevorder julle tegnologie al so vêr met die doel om alle geestelike leringe vanuit MY te verhinder en MY Kudde tot julle slawe te reken. Julle beïnvloed die saad en voedsel wat MY Volk benodig ter oorlewing, deur die manipulasie van die boustene van materie. Julle speel God! Julle verbaster MY Skepping en die natuur deur die grense te kruis in julle laboratoriums en julle met die wit jasse word beloon deur julle meesters. Julle meesters is vanuit die afgrond en hulle is die blindes wat hulleself as die “verligtes” voordoen. Onthou wat EK aan die slang gesê het: “EK stel ‘n vyandskap in tussen jou en die vrou!”. So sal dit wees omdat die slang en sy saad MY en MY Saad tot vandag toe wil vernietig, tot na MY dood en opstanding! Die slang wil MY Vrou, MY Bruid, vernietig en hy is MY Bruid se vyand!

Maar weet dat MY Beloftes en Woord is getrou! MY Volk sal EK Apartstel en hulle sal MY aanbid, die LEWENDE EWIGE ELOHIM en SKEPPER! Die slang se duister planne sal tot ‘n einde kom en EK sal MY Volk verlos!

Weet dit: ALLES moet terugkeer na MY en hoe dit sal geskied is deur die omvorming terug na LIEFDE en die Waarheid vanuit die LIEFDE. Maar, dit is elke siel se eie wil en besluit. Daarom is dit in julle eie hande om uit liefde uit gehoorsaam te wees aan MY en die Vrug van Lewe te ontvang of om te rebelleer en daarmee saam dan die gevolge daarvan te dra. Die gevolge van ongehoorsaamheid word deur julleself veroorsaak, maar wanneer julle berou het, terugkeer na MY en nadat EK julle vergewe het kan julle ‘n lewe lei van oorwinning en verlossing. Nadat EK een van MY kinders gered en vergewe het, het niemand die reg om hom of haar te herinner aan sy of haar oortredinge nie, omdat EK dit weggeneem het! EK IS DIE REGTER en EK IS VOLMAAK! Nie een van julle is sonder sonde nie, daarom skrywe EK in die sand!

MY Huis van Judah, in jou sal EK wees en onder jou sal EK vertoef. Jou oë sal ek open en jou ore laat luister na MY Woord. Jy sal ‘n Vesting en Huis wees vir MY kinders. MY Woord en Wet sal vanuit Sion en MY Nuwe Jerusalem gaan en almal sal weet dat EK IS! EK Verlos en EK IS Waarheid! MY Sion sal geen afgodery bedrywe nie en hulle sal Krag van MY ontvang om staande te bly in MY Liefde en Werke. Hulle sal aan MY die Eer en Roem gee omdat EK hulle uitgered en genees het. MY Gees sal MY knegte lei in MY Voetspore en binne MY Laer sal EK MY Boerevolk vergader vir MY Doel. Hulle sal in MY Roem en alle lof aan MY gee. Hulle sal staande bly teen die verbasterde hande van Kain en Edom – in MY sal hulle Krag en Wysheid ontvang! Al wat EK van MY Boerevolk vra: Onthou MY, gehoorsaam MY en kom uit die besoedeling, wees weer LIEF vir MY en vergeet MY nooit! Dan sal EK julle nader en die Dag van EK IS sal die Dag van Seën genoem word vir jou, MY Volk!

Jy, MY Volk, is geskape as OORWINNAAR IN MY!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205