Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 105 - Woord ontvang op 12/09/19

“EK IS! EK IS die Wind wat oor die Aarde van jou siel waai en die koue met MY Warm Briesie verdrywe… weg, weg van MY kinders af. Die Wind is MY Gees, wat EK IS, want alles is vanuit MY! Die Gees is Sy wat julle siele verkwik in die benoudheid van dae. Suiwer julle siele nou deur Haar wat EK vir julle stuur. Laat toe dat Sy die nag van bekommernis en besoedeling verdryf. Laat ONS die woes en leë leemtes vul met Lig, Lewe, Orde en Liefde. Laat toe dat EK ‘n Nuwe Skepping teweegbring in die heelal van julle wese. Want in die heelal van MY kinders se harte is die toestande woes en leeg; onvrugbare droë grond vol dorings en dooie bene. Daar is tekens dat daar lewe moes gewees het en dalk was... Maar net deur MY Barmhartigheid op Barmhartigheid, kan EK Nuwe Lewe in julle blaas – as julle net MY Vrymakende Liefdes-Waarheid wil aanvaar in nederigheid. EK IS WAT EK IS, EK IS EEN!

Die Dou, die Reën en die Wind het EK saamgevoeg. Die Dou, die Liefde ; Die Reën, MY Woord ; die Wind, MY Gees. Dit is deur Brandende Liefde wat nooit verflou in Lig of Hitte, dat julle MY Woord opneem en as Voedsel uitdeel om deur MY Gees Bekragtig en verenig te word in MY Oorspronklike VADERLIKE LIEFDE! Nie deur julle eie krag of deur geweld sal julle die bose oorwin nie, maar deur MY Gees! MY Gees is soos die Wind. MY Liefde is die sagte briesie wat verkwik, versterk en getuig van MY Barmhartige Liefde, maar MY Wind kan ook die Stormwinde in die Suidland wees, soos dit nou tans is. Die Stormwinde sal vererger namate MY Geregtigheid uitgevoer word IN LIEFDE om MY kinders tot insigte te bring. Maar vir hulle wat ag slaan op MY Stem, sal die Stormwinde, Golwe van Seëninge wees in die Dag van EK IS WAT EK IS!

‘n Ewige Sterk Klip van gladde GOUD is MY Gees, en hierdie Klip is in die Slingervel van Dawid! Let op, julle wat oë het en kan sien! Let op die Dae van EliJaH en Henog! EK Bekragtig julle! MigaEl en RafaEL! Wees geseënd in die Aarde deur MY, JAHSHUA, se Bloed gekoop, want MY Bloed is LIEFDE WAT VRYMAAK!

Die Olyfolie drup vanuit MY Ewige Fonteine en binne-in dryf en swem die GOUE deeltjies wat julle nodig het. Dit is MY Gawe aan julle wat MY en MY Koninkryk soek bo alles. Gee alles oor aan MY en los julle laste voor MY Voete, EK sal daarmee handel en EK dra julle laste. MY las, is Lig! Gaan en spreek van MY Liefde! Leef MY Liefde! Salf julle poorte en hoeke en word Bekragtig deur die Liefdeswind van MY Gees. Onthou, vir julle wat MY liefhet is MY Wind ‘n sagte versterkende Seën; en vir julle wat louwarm en lasterlik omgaan met MY Woord en Gees is die Wind vir julle ‘n plaag.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205