Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 53 ontvang op 03/12/18

"MY kinders, EK, julle Gewyde Liewe VADER is baie lief vir julle, maar EK smag na die Liefdesband met julle. MY Vaderhart smag daarna. EK moet dikwels streng Woorde van vermaning na julle bring om julle te probeer uitruk uit die vuur van julle hoogmoed, trots en wellus. Julle moet ook onthou dat EK niemand kan dwing om MY lief te hê of om MY te dien as hul Skepper en Meester nie. EK gee alles vir julle vanuit MY BARMHARTIGHEID en LIEFDE, maar julle moet die keuses maak wat julle met MY Genadegawes doen en hoe julle daarmee te werk gaan. Onthou MY Deuteronomium 28.

Emosies kan baie gevaarlik wees, maar kan ook 'n Lig wees wat julle donker sondes uitwys. Een baie groot voorbeeld is selfbejammering en woede wat dui op hoogmoed en eie-ekkigheid. Daarom het EK julle gewaarsku dat julle altyd moet heers oor die innerlike skepping van julle harte. Sodra julle ongehoorsaam word en ook dus verval in ongeloof, dan begin daar 'n wanbalans ontstaan. Julle moet op MY as middelpunt balanseer en op MY fokus. Julle moet by MY Sewe Boodskappers leer hoe om balans te handhaaf in julle lewens. EK is ten alle tye by julle met MY Wysheid en Waarheid om julle te lei omdat EK die beste weet hoe om elke aspek of taak te hanteer, want EK IS!

Dit is so dat hoe nader julle aan MY kom en hoe harder julle probeer om binne MY Wil te kom deur om julleself te suiwer, hoe harder sal MY teenpool probeer om julle aan te val en te laat struikel. MY Weg is waarlik baie smal en baie min van julle sal Haar bewandel en op MY Weg bly. Maar julle behoort te weet dat EK, die ALMAGTIGE LEWENDE ELOHIM, julle altyd bystaan en versterk met MY Krag en Lig. Maar dit is in julle hande of julle hierdie bystand en ondersteuning van MY wil aanvaar en die geleenthede wil gebruik. Julle moet begin fokus op die Gees en ophou om julle te verkyk aan die materie en die fisiese. Die materie vergaan en is vir julle geen verlossing nie.

Balanseer op MY as Middelpunt van die Kandelaar en weet dat EK altyd beskikbaar vir julle is. Kom na MY Voete en kom skuil in MY kleed van Beskerming. Want EK IS LEWE en wil hê julle moet in Vrolikheid begin LEWE in LIEFDE en VRYHEID! Wees lief vir MY."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205