Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 14 ontvang op 14 Augustus 2018

"Skryf nou en wees gehoorsaam aan MY Stem! EK IS WAT EK IS! EK IS jou Ewige VADER en MY Liefde vir jou ken geen perke nie.

MY Volk, MY Boerevolk! Hoor die Liefdestem van MY! Julle moet verstaan dat enige metaal of mineraal gesuiwer moet word deur die een of ander metode. Die rede hiervoor is sodat alle onsuiwer en onbruikbare materie of dele verwyder en opgelos moet word voordat die eindproduk enige waarde het en gebruik kan word tot sy volle potensiaal.

Netso moet EK deur die Vuur van MY Gees elkeen van julle lewens suiwer en skoonmaak, saam met julle ywerige samewerking, vrye keuse en volharding. MY Tugtiging kom oor elkeen wat MY verlaat het en ongehoorsaam is aan MY Huisreëls - net soos enige pa wat sy kinders liefhet en lei. MY Liefdesreëns, Seëninge en Beloftes kom oor elkeen wat getrou MY Stem gehoorsaam uit Liefde en ook hulle wat MY Liefde doen.

Daar is so baie van julle wat MY Wet, Verordeninge en Boodskappe van Liefde ken en daarvan weet, maar wat is die nut om die kennis te dra net om dit op geen manier toe te pas nie? Baie van julle ken julle Bybels byna woord vir woord, maar julle pas MY instruksies daarin nie toe nie. MY Opdragte van Liefdesdaad en sielesuiwering en bewerking moet oorgaan in vurige Daad saam met die volle Geloof in MY Krag.

Edel is die hart wat Liefde verkies. Edel is julle wat julle broers seën en ondersteun. Edel is die vrou wat opreg en sag is. Edel is die seun wat sy vader en moeder eer. Edel is die dogter wat haar ouers in vrolikheid gehoorsaam. Moenie kwaad met kwaad en haat met haat vergelde nie, want daaruit kom geen Liefde nie. Seën hulle wat jou vloek en wees stil terwyl jy na MY Waarheid luister binne jou hart. Keer innig na MY. Wandel saam met die Leidster wat EK vir julle gegee het in hierdie tyd. Wees lief vir Haar en luister na Haar Wysheid en Leiding met elke besluit en gedagte.

MY Dogter, MY Dogter van Sion! Eer MY elke dag en hou aan MY Brood deel en MY Saad versprei deur MY Winde van Waarheid en Liefde, as EEN! MY Seën het oor Jou gekom en sal al hoe kragtiger deur MY Hand in jou manifesteer! Bly by MY, jou Ewige Liefde. Daar is baie siele in jou midde wat smag na Brood, kinders van MY wat nie weet dat hulle maer is nie. Dit is 'n hartseer realiteit dat EK MY Brood oorvloedig gee elke dag, maar menige sal dit nie eet nie. MY Gees is kragtig besig met hulle en met jou, MY Dogter. Hou aan seën met Liefde en Daad. Jou oneindige Skat is in MY Hemele."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205