Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 58 ontvang op 14/12/18

“Hoor MY Stem, o MY geliefde kneg! Hoor die Vrolikheid van GEES! Hoor die geklank van Vreugde en Vryheid! Hoor hoe die klippe MY Glansrykheid loof! Elke oggend MY kind, hoor hoe die voëltjies sonder bekommernis MY Barmhartigheid deur gefluit besing! Voel hoe die winde van MY Gees van LIEFDE in Vryheid weerklink en voel die Warmte van die Son se strale oor julle siele. MY kinders, dit is TYD…

Tyd het aangebreek om op te staan en te begin sing en jubel! Kan julle nie sien hoe EK die Fonteine oopgemaak het nie? Kan julle MY nie voel nie? Kan julle MY nie sien nie? As julle MY gesien het, dan het julle die VADER gesien! Onthou julle MY Woorde? As julle MY gesien het, dan het julle die LEWENDE LEWE gesien! Dan het julle die ONEINDIGE VOLMAAKTHEID gesien! Waarom so verslae en bekommerd, MY kinders? Waarom kla julle so en waarom so ondankbaar? Julle mors julle kosbare tyd, en tyd… is duur! Vir julle wil EK een vraag vra: Het julle agtergekom dat die tyd al hoe vinniger versnel en het julle bemerk dat julle dae al hoe vinniger verbygaan? Het julle vergeet dat EK gesê het dat EK die tyd sal verkort terwille van julle?

Daarom sê EK vir julle: Mors nie meer tyd om julself besig te hou met negatiwiteit en hopeloosheid nie. Moenie verder in selfbejammering verval nie, STAAN OP en KOM! EK het geskape: OORWINNAARS! Julle is geroep om in MY Krag en MY LIEFDE te oorwin! STAAN OP en staan SAAM as kinders in MY HUIS!

Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek: EENDRAG IN MY MAAK MAG!

Wees geseënd in die Aarde deur MY Bloed gekoop, want die bloed van Abel, Jakob en MY Boerevolk wat die Aarde moes drink, die bloed is deur MY Bloed geseën, verlos en behoort aan MY, EK IS WAT EK IS!

Wees geseënd terwyl die Leeu aan julle sy loop, want EK IS die LEEU-KONING wat SPREEK oor MY SKEPPING en wat kom loop in Krag en Barmhartigheid langs MY Geloftekinders! Wie is daar om te vrees?

Wees geseënd as in ootmoed die Wiel draai en die arend se gesang uitrys bo die kraai, want dit sê EK: EK IS die AANVOERDER van MY Ossewawiel en die kraai se geraas sal nie meer gehoor word onder die GESANG van WAARHEID nie!

Edel is die Volk deur MY Hand uitverkies, want EK neem en EK gee; EK kies! MY Wysheid en MY Duif rig MY Volk op en bekragtig Haar! Edel is die Volk wat MY bo ALLES verkies!

Edel is die hart wat Liefde verkies, want EK IS LIEFDE en die LIEFDE spreek tot LIEFDE; LIEFDE herken LIEFDE, LIEFDE weet wie LIEFDE is, omdat die LIEFDE HOMSELF kom bewys het… as die LIEFDE!

Edel is die Man wat hard aan hande bind en die kind wat opgroei, net deur MY Bloed verbind, want so spreek EK JaHWeH van die leërskare: MY Bloed is vir JOU gestort en dit wat gebind is op Aarde, is gebind in die Hemele en geen kind wat aan MY gebind is sal ooit ooit verlore gaan nie!

Dit sê EK - EK, die Begin en die Einde hiervan spreek: GESEËND IS DIE SIEL WAARIN MY BROOD NOU BREEK IN ALLE EWIGHEID! EK IS WAT EK IS!

MY Boere-Geloftevolk! Hoor die Stem van Vrolikheid! HOOR die Ramshorings van MY Boodskappers! Hoor die Skepping se gesang! Voel die nood van MY Aarde! Sien die tekens waarvan EK gespreek het! Kyk hoe MY Woorde en Vermanings waar geword het reg voor julle eie oë! Maar hulle wou MY nie glo nie en hulle het MY aangevat as ‘n dienskneg van Beëlsebul! Maar kyk, die LIEFDE en WAARHEID word weinig gevind en aanvaar…

Het julle geweet dat EK ook pyn kan ervaar? Ja, EK het wel opgestaan en IS LEWEND as Volmaakte Almagtige, maar hoor nou wat EK vir julle wil sê: Elke keer as een van MY kinders die LIEFDE benadeel, dan PYN MY HART en SY, julle Moeder, traan vanuit Haar Glansende oë! MY kindertjies, het julle geweet dat julle ‘n Mamma het? Onthou die Woorde: ‘Net soos in die Hemele, net so ook op die Aarde!’ en julle is geskape na ONS Beeld en Gelykenis! Elke keer wanneer julle val, rebelleer, laster, vloek, ongehoorsaam is en liefdeloos in eieliefde handel, dan pyn MY Vaderhart van hartseer omdat EK weet hoe MY Wette en Insettinge moet werk en omdat julle die geleenthede verloor deur om tyd te mors!

ONS Dag is naby, MY kinders en die stryd het aangebreek waarin julle MY Wapenrusting moet aantrek in Geloof en standvastigheid. Met die Swaard sal julle die oorlog voer, maar hierdie Swaard is tweesnydend Blou en die handvatsel is versier met Rooi. Beide kante van die handvatsel vind julle Groen en Wit edelgesteentes ingesmelt. EK bring vertroosting en verlossing, maar julle, julle bring vir MY julle harte in bewerige handjies en met trane in ogies kyk julle na MY, en julle sal sien hoe MY Oë trane bring vanuit MY Vaderhart. MY Trane heet: BARMHARTIGHEID! EK sal jou RED! Wees net LIEFDE. Vergeet die verskille tussen julle, MY kinders, al wat EK nou sê is: WORD LIEFDE, LEWENDE TEMPELS VAN LIEFDE!

EENDRAG IN LIEFDE MAAK MAG!

Volhard soos EK julle nou beveel het, want ONS Dag is naby en daar is nie meer tyd vir liefdeloosheid en haat nie. MY skone Bruid! EK sien Haar! Sy dans huppelend op MY Wawiel en Sy sing net oor die LIEFDE. Dit is so mooi vir MY Vaderoë!! Dit is so so MOOI! EK stuur GabriEL, UriEL, RafaEL, MikaEL, SarakaEL, RaguEL en RemiEL uit na julle om julle siele-strale in balans te bring. Deur balans, kom ‘n stille liefdesgees en daaruit straal LIG, LEWE, LIEFDE! Julle moet MY ontvang en MY uitleef. Behandel mekaar soos julle MY sou behandel en soos EK julle behandel in LIEFDE.

Moenie MY teenpool toelaat nie, want HY probeer julle invaar deur julle swakhede. EK sal julle elkeen help en versterk, maar julle moet vir MY net oopmaak en toelaat. Met ‘n Ernstige WIL van julle kant af, KAN julle OORWIN deur LIEFDE BO ALLE LIEFDE. Kom en verseël julle binne-in MY Laer en met die Geloof van die Ossewa trek die Laer van Liefdeskring.

Kyk nie na benede en kyk nie terug na die verlede,

Want MY NAAM is EK IS WAT EK IS, EK IS hier by jou in die hede!

Vorentoe moet jy in dappere voete stap

En in Geloof, Hoop, Liefde moet jy nie verslap.

Onder Wawiel se gerol word die slang te kop vermorsel,

Want hoe lank nog wil julle met die sonde worstel?

Boere MY Boere, julle is kosbaar,

Dit is Tyd om in MY te wederbaar!

Wysheid is julle sleutel tot genesing en groei;

In dwaasheid word julle in eie gevangenskap geboei.

Julle moet uit vrye wil kies die Seën of die vloek,

Maar EK wil julle almal hê, opgeskrywe in die LAM se Boek!

In een asemteug op Nuwe Oggend-Dou

Sal julle oë opslaan en sien WIE is Getrou.

En daar sal EK wees saam MY Gilgaliete in Gelofteland,

Want EK IS het met julle ‘n onbreekbare Liefdesband.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205