Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 63 ontvang op 24/12/18

"Liefdeswerke MY Kneg is die sleutel tot genesing en verhoog jou liefdesvlak in hart en gees. MY Volk, julle moet mekaar voed in gees en liefde betoon deur dade van die Liefde. Die werke van vlees en Gees moet EEN wees voor MY en in alle opregtheid van hart geskied. Julle moet mekaar ondersteun en bystaan volgens MY Wysheid en Waarheid wat vanuit die LIEFDE as Oorsprong en Bron is.

Leer uit die natuur en sien hoe die natuurskepsels in harmonie lewe volgens MY Natuurwette, maar dit alles is oorspronklik vanuit MY LIEFDE en Verlossingsplan van Barmhartigheid en Genesing. Julle siele moet omhoog styg tot LIG, LEWE, LIEFDE deur Liefdeswerke tot julle naaste, broers en susters, MY kinders.

Julle is geroep tot die LIEFDE en julle is geskape vir Oorwinning in MY, JAHSHUA ImmanuEL! EK LEEF en EK Regeer! Julle moet deur Volmaakte en suiwer Liefdesbegeertes met passie en oorgawe, in harmonie begin lewe saam en vir mekaar, met MY op die Troon van julle harte. Julle is tempels vir MY en julle tempels moet rein en suiwer gemaak word sodat die Volmaaktheid kan neerdaal in die Wolkkolom van Wysheid en Verlossing. Die LIEFDESWET van MY word op julle harte van vlees deur MY Vinger geskryf, maar julle moet Haar uitleef in Geloof en Vertroue.

Geloftedag was die aanbreek van 'n Nuwe Tyd van Opstanding, Oorwinning en Wedergeboorte in MY. EK IS BARMHARTIG! Neem MY aan en volg in MY Voetstappe en wees lief vir die Weë van MY Voetspore, want MY Spore lei deur die nou Poort. EK IS DIE WEG!

Julle moet ook waaksaam wees omdat die slang listiger en slinkser is, meer as ooit! Net soos hy aan Kain verskyn het in verskillende vorme en voorkomste, so sal hy op nog meer verlokkende maniere aan julle verskyn. Maar met MY Wysheid gebind om jou hals en MY Waarheid op jou hoof as Kroon en MY aan jou sy sal jy nie val! Maar open julle oë en sien waar MY Voetspore lê en volg MY.

MY Geloftevolk, wees VRUGBAAR in GEES en dra MY Vrugte omdat julle geken sal word aan julle Vrugte en julle sal geweeg word op MY Skaal en daar sal 'n Jongman uitgaan met die meetsnoer. Julle Liefde sal gemeet word.

Volhard om te suiwer en julleself te omvorm tot LIEFDE in MY, julle VADER."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205