Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 10 ontvang op 6 Augustus 2018

“Aan jou spreek EK in jou hart, MY kneg! Raak weer stil en fokus op MY Woord en teken op die Stem van MY Vaderhart.

Kyk, daar is weinig knegte, so min, en min het nog MY Opdrag ter harte geneem van Deuteronomium 28 en ook die seën en belofte van MY Klipwiel. MY Woord is Getrou en MY Opdragte sal by elkeen van julle uitkom op welke manier EK dit aan julle oordra. Die jong vrou het begin dans om MY Boom! Aan MY knegte wat wel MY Opdrag uitvoer en na MY Stem luister volgens MY Liefde, aan julle behoort die Koninkryk van MY Hemele! MY Klipwiel draai alreeds in julle! Elkeen van MY kinders, boodskappers, profete en knegte wat na MY Wet van Liefde luister en uitvoer, elkeen van julle sal saam MY kom sit en Ons sal saam die prag van die Ewige Lewe smaak! Waarom wil EK dit nou alleen smaak? EK soek MY kinders terug hier by MY in MY Huisgesin.

Julle wat klaar die Gelofte aan MY kom aflê en julle harte vir MY kom gee het in Gees en Waarheid, tot julle wil EK spreek: Durf nie louwarm of koud word nie, want julle sal MY Beloftes nie ontvang soos EK verklaar het in die skrifte van ouds en MY huidige Woorde nie. Laat MY teenpool jou nie van MY Weg af laat verdwaal nie. Rig julle oë op MY, EK IS WAT EK IS!

MY Boerevolk in MY Suid-Afrika en aan julle wat landuit verkeer as gevolg van die dreigemente van MY teenpool, EK IS SPREEK met Liefde tot julle. Julle moet begin verstaan dat EK, as julle VADER, julle moet tugtig wanneer julle dinge doen en aanvang wat julle siele skade aanrig. MY Wet en Verordeninge het EK ingestel deur MY Wysheid en ook deur MY Waarheid, deur MY as Seun van die Adam! Dit het EK gedoen om julle te probeer terugkry uit LIEFDE, vir LIEFDE en in LIEFDE. Julle sal moet verstaan dat EK as VADER en SKEPPER julle nooit sal dwing en teen julle vrye wil sal handel om julle te kry om MY weer lief te hê nie. Maar waarom MY Reddende Hand nie aangryp nie? Lees MY Skrifte, bestudeer MY Openbarings en gaan leer van MY Beloftes. EK IS Getrou aan MY Ewige Woord! In die oeroue ewige bestaan van MY Krag en Lig was die Woord en tot aan die oneindigheid van oneindighede sal die Woord bly! EK IS die Lewende Woord in julle harte wat met julle pleit om julle aangesig af te keur van die wêreldse gode! EK IS daardie sagte Stem wat jou lei in jou hart, daardie einste Stem wat julle soveel kere bevraagteken met die woorde van julle verstand ‘Maar dit kan nie wees nie!?’

EK het ‘n Gelofte met jou gesluit te Bloedrivier, MY Boerevolk! Julle was gehoorsaam tot MY in Waarheid en Geloof, daarom het EK die Oorwinning gegee. Om MY Ewige Liefde vir jou te bevestig het EK weer ‘n Verbonds-Gelofte met jou gesluit te Filadelfia Ark! EK het hierdie Huis gekies met MY Regterhand! Dit is MY uitnodiging aan jou, MY Boerevolk. MY Hand wat uitreik na jou, MY reddingsboei vir julle wat nie op die waters kon loop nie! MY Petrus, MY Petrus, waarom jou afvalligheid om nie op MY as jou enigste Redding, te VERTROU nie?

Waarlik waarlik! Daar gaan ‘n baie klein oorblyfsel wees na hierdie nag van messe! MY Volk, julle besef nie die erns van die gevaar wat om julle briesend brul nie! Die gediertes kom uit die gate in julle grond om julle te verniel en te pynig! Waarom? Omdat julle nie julle grond gesuiwer, voorberei het en nooit MY saad wat ek gesaai het, laat groei met MY reëns en laatreëns nie! Huidig val baie saad op die klipharde grond van julle harte en die wind kom en neem MY saad - soekend na ander grond. Maar julle moet weet dat MY Wind bring MY Saad weer oor julle grond nou in hierdie tyd. MY vraag aan julle is: Waarmee is julle nou besig? Het jy al ‘n hart van vlees? Is jy voorbereid vir MY laatreëns? Skep jy olie uit MY Fontein? Eet jy MY brood en voed jy jou siel met MY Liefde en Waarheid? Drink jy MY Wyn?

Weereens, roep EK elkeen van julle om soos die verlore seun, terug te kom Huis toe. Al hoe julle dit kan doen, is wanneer julle begin dink met julle harte en MY Gebod van Liefde aan te gryp met vurige passie vir MY en jou saak! EK doen besoeking en waarmee EK jou besig gaan vind is heeltemal jou besluit. Bewerk jou grond en wees besig met jou naaste in hierdie tyd. Doen MY Liefde en laat MY Klipwiel in jou draai! Gee jou grond vir MY en heers!

Skryf nog net hierdie woorde vir nou:

Wees geseënd in die Aarde deur MY Bloed gekoop!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205