Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 31 - Visioen ontvang op 21 September 2018

JaHshua het my kom haal en vir my gesê: "Kom kyk MY kind!". Ek neem SY Hand en Ons was toe eweskielik in die Suide op 'n klein roeibootjie op die see. JaHshua sê vir my: "MY kind, kyk daar en sien hoe MY Gewyde Wil geskied!" Ek sien toe twee gevegskepe met die afgryslikste groot wapens op ons afstorm. Daar was twee: die een skip was swart en die ander een rooi. Ek raak toe bang en sê vir JaHshua: "JaHshua ons moet hier wegkom, wat maak ons nou?!". HY sê toe vir MY: "Kom, kom ons klim uit die bootjie en stap rustig oor die see. EK wil jou gaan wys waarnatoe hierdie oorlogskepe op pad is."

Ek sê toe vir JaHshua: "Hoe gaan ons op die water loop?" HY reik SY Hand na my uit terwyl HY klaar langs die bootjie staan op die water en sê vir MY: "MY kind, volg MY in LIEFDE BO ALLE LIEFDE!". Skielik sien ek toe 'n Duif aangevlieg kom en op JaHshua kom sit. Ek gryp toe SY Hand en klim uit die bootjie uit. Ons loop toe op die see en JaHshua neem my na 'n ark, wat eintlik amper soos Noag se ark gelyk het. Ek sien toe die ark en vra vir JaHshua: "Wat se ark is hierdie JaHshua?" HY sê vir my: "Kind, kind van MY Liefde.

Daardie ark huisves MYNE! Hulle wat MY verkies het en teen MY teenpool gedraai het. Hulle het na die geroep van ELIJAH geluister en hulle siele bevrug deur MY Gees." Skielik vlieg die Duif na die ark toe en ek sien die Duif neerdaal op die ark en 'n wonderbaarlike LIG styg op vanuit die ark amper soos 'n LIG-RING wat die hele ark omring. Dit was die mooiste wit lig substans en JaHshua loop saam my en ek vra toe vir Hom: "Hoe ontstaan die wit lig en hoekom omring dit die ark?". HY sê vir my: "MY kind, hierdie LIG word gegenereer deur die LIEFDES aandrywing van die wiel binne-in die ark en deur hierdie wiel was hierdie ark afgeseël binne MY LIG van BESKERMING en VERLOSSING. Kyk gou agter jou en sien MY kneg."

Ek kyk toe agter my en ek sien hoe die gevegskepe aangestorm kom en ek hoor toe die geblaas van 'n ramshoring. Die skepe se wapens was reguit gerig na die ark toe en toe eweskielik draai al die wapens van beide die skepe reg na mekaar toe. Daar kom toe 'n soet smakende stilte vir 'n kort tyd terwyl die skepe se wapens na mekaar kyk. JaHshua sê toe vir my: "Daniel, die leeus se bekke is deur MY gesluit!" En toe eweskielik vuur al die wapens na mekaar toe af en al twee skepe sink in 'n verterende vuur na die diepste duister van die oseaan."

(Einde van die visioen)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205