Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 28 ontvang op 13 September 2018

“MY kind skrywe neer en luister na die Ramshorings van MY Hemele! Luister na die STEM van jou VADER, die SKEPPER van Hemele en Aarde, EK IS WAT EK IS!

Sewe keer het MY Boodskapper op die Ramshoring geblaas vanuit MY Hemele en die pilare van die Aarde is in verkrummeling net soos die bose planne van MY teenpool en MY kinders se verdrukkers! Soos die vyande kom vanuit die ooste en vanuit die noorde om julle te kom beroof, besteel en plunder, so sal EK met hulle reken in die geveg! Maar vir julle wil EK sê MY kinders dat julle binne MY LIEFDESKRAG moet bly omdat EK ‘n Laer getrek het met MY Vinger in Sion! MY kneg, KYK hoe seën EK hulle wie op MY wag! Daarom het EK gesê: “Moenie sê wys ons dan glo ons nie, want EK sê: glo MY dan WYS EK julle!”.

MY Duif sal verenig met MY kinders wat ywerig na MY en MY WIL soek in Liefde tot MY. Sy sal julle lei en bewaar op die Weë van Waarheid en Geregtigheid in MY LIEFDE. EK neem en EK gee; EK neem weer weg en dan gee EK weer! Is EK nie die Voorsiener van ALLES nie? Wat het EK gedoen toe EK vir MY kind Abraham gevra het om sy seun Isak vir MY te offer? Baie van julle verstaan dit nie omdat julle nog vashou aan die hout van dryf na die groot afgrond! EK het vir Abraham gevra om vir MY ALLES oor te gee in GELOOF en WERKSAME WIL! Uit MY kind Abraham se hart het hy vir MY sy LIEFDE in GEHOORSAAMHEID bewys en EK wat GETROU is aan MY WOORD, het voorsien! EK het HOM OORVLOEDIGLIK VOORSIEN en MY Seëninge aan hom tot stand gebring omdat hy MY bo ALLES gehoorsaam het.

Dit is wat EK van julle vra MY Boerevolk, MY Geloftekinders! Gee ALLES oor aan MY en los julle wêreldse liefdes wat julle gebonde hou aan die dood! Julle dink dit is lewe MY kinders! Julle lewe, maar eintlik is julle dood omdat julle nie MY LEWE in julle toelaat nie. Wees gehoorsaam al lyk die taak of beproewing hoe moeilik MY kinders, want EK die ALMAGTIGE sal dit vir julle maklik maak met MY LIEFDE, KRAG, WAARHEID en WYSHEID wat julle sal rig op MY. Harte wat LIEFDE verkies is edele diamante wat deursigtig is en skitterend MY HEMEL-KLEURE uitstraal tot eer van MY Koninkryk. Tog is sulke harte van WARE LIEFDE binne MY ORDE ‘n rare ‘spesie’ omdat hulle toegelaat het dat die knegte van valsheid en besoedeling hulle oë verblind en hulle ore verdoof het! Maar HIER IS EK MY VOLK! HIER IS EK! Het EK nie blindes en dowes genees nie? Moenie langer uitstel nie MY kinders omdat julle nie langer gaan kan rebelleer teen MY Tugroede in MY land, Suid-Afrika nie! MY Fontein het ‘n KRAGTIGE BRON, ‘n DRYFKRAG wat geen bewerker van valsheid kan teenstaan nie, omdat EK die ENIGE ALMAGTIGE is wat aan hulle wat MY geglo en MY GEVOLG het, die OORWINNING gegee het!

Wankel nie verder in julle stryd van die GELOOF nie en wantrou nie MY Woorde nie! AL wat EK vra is: NET soos Abraham, kom gee ALLES oor aan MY uit julle vrye liefdes-wil en offer julle harte vir MY! Want onthou, uit twee vissies en vyf brode kan EK ontelbare voed met MY LEWE! Maar die teendeel is ook waar: Uit een appel kan MY teenpool julle siele vermoor en so julle beroof van julle ERFDEEL van EWIGE LEWE in MY JAHSHUA die WEG, die WAARHEID en die EWIGE LEWE-LIEFDE! Daarom, kom terug op MY Weë van LIEFDE en EK bring MY Hemelse Stad tot ‘n gesing en tot lofgesang deur MY Kneg, Dawid! Daar sal ‘n Oorwinningslied weergalm tot aan die eindes van die oneindighede en ‘n Stem sal weerklink: GEVAL GEVAL GEVAL BABILON!

Skryf tot hier MY kind omdat jou siel moet rus in MY Sabbat en sê aan elkeen dat MY Sabbat is ‘n oneindige LIG van LIEFDES-RUS wat geen nag ken nie, omdat EK in MY NUWE JERUSALEM SELF ALLES sal verlig!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205