Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 43 en visioen en ontvang op 03/11/18

“MY kind, MY lieflingskneg! Vanaand laat EK jou skrywe oor MY VREUGDE en VROLIKHEID! Vanaand, daar waar julle saamgekom het in MY Naam en in MY LIEFDE, daar was EK saam met julle! Ja MY kneg! Jy het MY mos gesien! Julle het mekaar versterk met woorde van LIEFDE en WYSHEID! Julle het getuienisse van MY gedeel en so soveel siele versterk in MY Krag en Waarheid. Julle het vir MY gesing en MY geloof vanuit julle harte! Ag hoe VREUGDEVOL is EK, EK IS WAT EK IS! MY kneg, terwille van MY Naam en LIEFDE, en ter wille van elkeen van MY kinders wat daar was, en terwille van jou groter familie in MY Dogter van Sion, en terwille van elke siel van MY Volk - deel nou wat jy gesien het en EK verfris jou geheue om dit met presiesheid oor te dra:"

My MEESTER en MAJESTEIT JAHSHUA, my LIEFDE! Ek het U gesien daar toe ons gesing het! U het daar op die bankie gesit, met U spierwit kleed van Glansrykheid! O hoe het EK U Aangesig van VREUGDE bewonder! My hart wou OOPBREEK met trane van VREUGDE toe ek sien hoe U glimlag stralend na elke kind en broer van U kyk, terwyl U Voete saam die geklank van musiek-ritme beweeg! Ek het gesien hoe U toe opstaan en elke kind aanraak met U linkerhand op elkeen se linkerskouer! Ek het gesien hoe U hulle gesalf het! SOVEEL LIEFDE EN KRAG HET UIT U UITGESTRAAL! EK HET DIE HEMELE GEOPEN GESIEN EN DIE KLIPWIEL WAS IN VOLLE GLANSRYKHEID! U het toe weer op dieselfde bankie gaan sit met U GLIMLAG wat so bewonderend is en wat my soveel KRAG van VROLIKHEID verskaf het! Terwyl ek sing toe vang iets my aandag regs agter my waar die klavier gestaan het. Ek kyk vinnig om en ek sien hoe U eweskielik op die klavier speel in VROLIKHEID! U was soos Dawid! Maar U was in volle VROLIKHEID en VOLMAAKTHEID soos U IS! U Hande het met Krag en terselfdertyd, NEDERIGHEID van bewegings, HEMELSE musiek en klanke geskape! Ek het toe weer na die boekie in my hand gekyk en gesing en ek kyk weer om en eweskielik sien ek vir ons suster Nalize daar sit waar U sit en klavier speel!!! Maar dit is asof U steeds daar sit en AS EEN speel U MAJESTEIT JAHSHUA en Nalize saam die note van U LIEFDE op die klavier! U vra toe vir my: “MY kind wat sien jy?” Ek sê toe vir U dat EK die Bruilof sien! U sê toe vir MY: “MY kind, jy het gelyk! Hoe wonderlik was vanaand, MY kind! Jy het gesien MY Bruid in Blou geklee, geklee met MY WAARHEID van VOLMAAKTE VREDE! Jy het ervaar hoe naby MY Tyd is! Jy het gesien hoe EK en MY Bruid EEN word met die gesang van LIEFDE! MY Bruid het MY aanskou en MY aangeneem en die wêreld het Haar oog nie verder laat struikel nie! EK het Haar opgerig met MY Arm en Sy het MY gevind, Haar EWIGE MAN en BRUIDEGOM! Dit is wat EK jou wil wys, MY Kneg: NET DEUR DIE DADE (MUSIEK), die beweging van julle hande en harte, die BEWEGING van die LIEFDE, die DADE; net so sal julle MY te siene kry en so sal julle, MY Bruid voor MY staan en tussen ons, die SEËLRING van EWIGE LIEFDE!”

“MY kneg, gee hierdie visioen aan elkeen wat daar was, en aan elkeen wat daar in die gees was, en aan elkeen in Filadelfia! Ook aan elke Klipwiel-Geloftekind, en aan elke siel van MY Volk! Want MY Tyd het naby gekom! EK, EK IS WAT EK IS, EK IS daar waar harte van LIEFDE MY in DADE besing en loof! EK sê dat MY Seën oor julle huise gekom het vanaand omdat julle MY Hart so aangeraak het deur julle tallose dade en woorde van LIEFDE en deur MY Krag en Wysheid was julle elkeen Bekragtig en verseël binne-in MY LIEFDESLAER! Aan elkeen sê EK dat julle totaal en al op MY moet VERTROU in hierdie tyd en dat julle ALLES aan MY moet oorgee as die BESITTER van alles, want ALLES is vanuit MY, behalwe die besoedeling! EK IS GETROU en EK wil julle oprig en soos MY kind gebid het tot MY vir julle met die woorde “Hemelse familie”, so sal EK aan julle nog julle groter familie openbaar, MY HUISHOUDING, LIEFLINGSGESIN, MY BARMHARTIGHEID! Julle elkeen het in MY sirkel gestaan toe julle gebid het en hand aan hand het julle sonder dat julle dit weet, nog soveel aandrywings-KRAG, vanuit MY, binne MY GILGAL-KLIPWIEL ingestoot en die satan het dit gesien! Hy het gesien hoe sy planne tot in sy fondamente begin verkrummel en die huis wat hy gebou het se dak het deur die Stormwind van die SUIDE, afgeruk! ONTBLOOT is hy en solank as wat elkeen van julle binne MY LIEFDESLAER volhard met DADE van ONBREEKBARE GELOOF EN LIEFDE, sal EK julle aanhou bekragtig met MY Staf van LIEFDE! Vanaand het julle harte aan hande gebind MY kinders, MY knegte, MY EIENDOM! Julle het MY Volk geseën! Hou so aan MY kinders, HOU SO AAN EN VREES HOEGENAAMD NIE!

Want… EK... IS… WAT… EK… IS!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205