Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 123 ontvang op 01/11/19; 23H45 

"Geseënd is die hartsgrond wat elke Barmhartigheidsdruppel van MY Reëns opneem en laat lewe voortbring. Mag hierdie Lewe wonderbare Vrugte van MY Gees laat uitspruit tot MY eer en MY Verlossingsplan. Mag julle dit doen MY kinders, MY Dogter van Sion! In vrolikheid van hart sal die Oorwinning aan julle gegee word en met elke lofgesang tot MY huppel MY VADERHART in Vreugde!

Skryf nog MY kneg. EK, EK IS WAT EK IS, sal MY kudde voed met MY Lewende, Lewegewende Waters wat neerdaal vanuit MY Oerbron van Lewe, wat EK Self is. In elke druppeltjie van MY Reëns is skatte van Wysheid, Vrolikheid, Lewe en bo alles, die LIEFDE opgesluit. Dit bring EK alles vir julle omdat EK julle liefhet. EK wil julle attend maak op MY Verborgenhede opgesluit in elke natuurverskynsel. Wees dankbaar en vrolik wanneer EK MY Reëns oor julle bring en hunker en begeer vir nog MY kinders! Wanneer julle begeer om nog meer van MY te leer en te sien, dan sal EK julle duisendvoudig seën met MY Woorde en teenwoordigheid.

Geseënd is die hart waarin MY Reëns nou val.

JAHSHUA julle Barmhartige."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205