Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 57 ontvang op 11/12/18

"MY kinders, julle moet Geloof hê in wat ookal julle in MY Naam aanpak en uitvoer. Moenie huiwer in twyfelagtige gedagtes nie. Volstoom en vuurwarm moet julle julle take uitvoer wat EK julle mee seën en Bekragtig. Moenie koud word as gevolg van ongeloof en versoekinge nie. Maar nog erger, moenie louwarm wees nie, anders is dit beter om dit heeltemal te los. Want 'n louwarm gees en hart kan nie voorspoed bring nie en kan geen opbouende Warmte en Lig uitstraal nie, omdat die hart in 'n tweestryd gewikkel is tussen twee meesters. Gevoelens soos twyfel en ongeloof is die wapens van MY teenpool en hy gebruik dit op elke vlak van julle daaglikse lewens. Wees attent daarop, MY kinders en neem die Wapenrusting op wat EK julle gee en word 'n OORWINNAAR!

EK wil hê julle moet begin opstaan vanuit die modderpoel van negatiwiteit en begin om MY te volg met GELOOF, HOOP, LIEFDE! Hoor MY geroep: Staan op! En kom! BEGIN LEWE!

Julle is deur MY geskape om te oorwin! Nie om 'n lewe van neerslagtigheid en duisternis te hê nie. Wees vol Hoop en Vreugde, MY kinders. Wanneer julle glimlag en 'n opgewekte liefdesgees in julle het, dan verdryf dit alle negatiewe geeste en magte vanuit julle lewens! Julle is GEROEP! Maar min sal uitverkies word. Wees deel van daardie min MY kinders, want daardie min het MY as hulle VADER en TOEVLUG.

Wees opgeruimd en vol respek vir mekaar deur mekaar te ondersteun en op te bou in Liefde. Kraak mekaar nie af nie. Want al hierdie dinge kom vanuit 'n hoogmoedige hart vol duister gedagtes.

Dit sê EK: POSITIEWE ENERGIE KAN ENIGE IETS EN ALLES GENEES!

Kweek daardie positiewe energie en vra MY daarvoor deur werkende en opregte gebed. Want hierdie LIG-ENERGIE verdryf alle kwaad en duisternis! Hoor wat EK julle VADER te sê het.

EK IS HIER VIR JULLE."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205