Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 85 ontvang op 07/02/19 24H30

“MY kneg, EK, EK IS WAT EK IS, sal elkeen van julle wat MY uit Liefde WIL gehoorsaam en volgens hierdie wil handel, bekragtig en neem na weivelde van diepere Verborgenhede en Wysheid. EK sal julle elkeen lei aan die hand, Hand aan hand, en EK sal julle op die Weg hou en aanwys wat julle moet gaan.

 

 Baie sal MY en MY Waarheid verag en verwerp; Baie sal omdraai en wegloop na hulle soveel vanuit MY Hand van Barmhartigheid ontvang het. Hulle sal verstrengel raak in hulle eie besoedelde gedagtes van hoogmoed, eie-eer en eie-geregtigheid. Hulle sal hulleself voor MY probeer regverdig ooreenkomstig hulle dwase en liefdelose denke en handelinge. Hulle sal verskonings opdis voor MY Troon oor waarom hulle nie MY gehoorsaam het en MY Opdragte uitgevoer het in LIEFDE nie. Hulle sal onder die Berg staan en EK sal saam MY Bruid terugkeer vanaf die Bergtop en ONS sal hulle besig vind met die aanbidding van die goue kalf! EK sal in MY Toorn ontvlam en MY Vuur sal uitgaan teen hulle hoofde wat MY vergeet en opsetlik verwerp het! Wanneer die LIEFDE aangebied word deur Barmhartigheid vanuit MY VADERHART, en dan nie aangeneem en omhels word nie, dan tree MY GEREGTIGHEID in: MY Vlammende Swaard! Hulle het MY Barmhartigheid en Verlossing verwerp en het net soos die nageslag van Esau in MY Aangesig gespoeg en die Waarheid weggejaag. Hulle sal verstrik word in hulle eie self-opgestelde waarhede en daarop sal hulle trone bou op sand, omdat hulle vele self-aangestelde predikers en profete wil wees wat NIE deur MY verorden en uitverkies is nie! Baie sal mislei word deur hulle verlokkende woorde wat vele ore streel, wat geen woorde van WAARHEID VANUIT MY is nie! Die WAARHEID is nie welkom as klank in die ore van misleides en die wat mislei nie. Hulle sal MY Woorde hoor, maar hulle sal MY Woorde verwerp omdat hulle die Boek aanbid en nie die Outeur daarvan nie. Hulle aanbid fisiese voorwerpe en beelde, maar wanneer dit kom by MY Woorde van Waarheid en LIEFDE deur MY Boodskappers, dan val die saad op klipharde teer in menseharte wat deur die materie wegsink. Hulle sal aardse skatte vergader en met oogklappe rondloop en rondval in die duister stand van hulle lewenswyses. Hulle sal die Waarheid vervolg en die daders en verkondigers daarvan, haat.

 Verraad is ‘n stukkende woord MY kneg en dit is ‘n woord wat MY Toorn opwek en MY VADERHART met trane vul!

 Daar was, is en sal nog baie Judas Iskariot navolgers tussen julle wees: verraaiers van MY Apartheid en Waarheid! Hulle sal julle infiltreer en van binne af sal hulle inligting bekom en dit terwyl hulle hulself sal voordoen as julle geliefde broers en susters. En op die einde sal hulle julle verraai by die vyande om julle, MY kinders, MY Geloftevolk, ten gronde te bring. MY Geloftevolk, die LIEFDESLAER is wel verseël terwyl julle daarin vertoef in MY Vleuels, maar binne-in die LAER is daar klippe van verraad en EK stuur MY Vier Arende met hulle fyn ingestelde skerp oë om julle in te lig oor wie hulle is. In MY Hemele is daar veelogiges wie se taak dit is om as getuies van sig en openbaring op te tree. NIKS is voor MY verborge nie en alles wat julle in die geheim doen ten nadeel van LIEFDE sal GEOPENBAAR word voor MY Aangesig en voor AL MY Getuies van WAARHEID en LIEFDE. MY LIG deurstraal ALLES wat is, was en sal wees! Julle sal rekenskap gee oor AL julle dade, gedagtes en woorde van onregverdigheid, liefdeloosheid, leuens, bedrog en ongeregtigheid. Dit SAL julle doen en julle sal verantwoording doen omdat julle deur sulke gruweldade, vele siele tot struikeling gebring en mislei het tot ongehoorsaamheid aan MY, die EWIGE EL en VADER!

MY Dogter van Sion, en meer spesifiek spreek EK tot julle, MY Boere-Gilgaliete: Wees nie bevrees nie! Kyk NET op na MY en SIEN, HOOR en VOEL MY! MY Kneg Henog het na die Suide gereis en ‘n geheim gesien. Dit moet julle nou verstaan: Nog ALTYD was EK met MY Boerevolk OOGAPPEL en nog ALTYD was EK getrou aan MY Beloftes wanneer julle MY aangeroep het en ‘n Gelofte aan MY gedoen het vanuit julle LIEFDE-GEVULDE harte. MY Dogter, EK het neergedaal op die Dag van Bloedrivier en julle het gesien! EK het neergedaal op die Dag van Gilgal en julle het gesien! EK lei julle na die finale Gelofte wat as verbinding ingesluit moet word in MY en julle EENHEID: Die Dag van Paardekraal! Die Oorwinning is gegee en julle Offer van Ons Sewe Dae Verbond het EK aanvaar; nog verdere Suiwering geskied en nog verdere inwyding is in werking om julle op te lei in GEES en WAARHEID vir die Tyd wat nou aanbreek. Wees nie bevrees nie en wees kalm op die see deur die golwe te gebied in MY NAAM. Vir julle wat weggedraai het en vir julle wat nog nie binne MY LIEFDESLAER VAN BARMHARTIGHEID EN VERLOSSING gekom het nie: EK NOOI JULLE UIT om julle harte finaal vir MY te offer, en hierdie, is voor die uitbreek van die Dodelike Oorlog en Natuurramp. Open julle oë en harte en ore, en LOS julle hardkoppigheid en neem MY LIEFDE op en LOOP in LIEFDE op MY Weg van Ewige LEWE!

MY Dogter, MY Oogappel: EK het MY Kneg vanaand deur ‘n handbeweging na die volgende Skrif gelei en MY kneg sal dit hier-in plaas. Let op en wees paraat! Hoor wat die GEES aan die Gemeente sê. Luister na MY inspraak en HOU AAN SEËN!”

VADER het my, Daniel, gelei na die volgende vers: Henog 36 Vers 1:

"Daarvandaan is ek (Henog) na die Suide tot aan die eindes van die Aarde, en ek het Drie Poorte van die Hemele geopen gesien, en daarvandaan het dou, reën en wind gekom."

“Dit is vir eers genoeg vir nou MY kneg. Gaan rus in MY Stille Barmhartigheid. EK IS.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205