Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 86 ontvang op 08/02/19 02H00

Ek, Daniel, het wakker geword nou net (02H00) met die woorde “1 Samuel! Gaan kyk na 1 Samuel!”. En toe lei JAHSHUA my as volg:

“MY kneg, EK lei jou na die Boekrol 1 Samuel 17! Hoor o ganse Aarde en luister o Hemele! Rig julle oë op MY Hand en hou in gedagte die Nuwe Dag, MY Agtste Dag! Luister MY Dogter, MY Oogappel! Hoor wat EK aan julle wys wil maak en openbaar. Plaas die gedeelte wat EK aan jou openbaar het MY kneg.”

 

1 Samuel 17:

 1Sa 17:1 EN die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaar gekom by Sogo wat aan JeHûWdah behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo en Aséka in Efes-Dammim.

 1Sa 17:2 Maar Saul en die manne van JisraEl het byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel.

 1Sa 17:3 En die Filistyne het duskant teen die berg en die JisraEliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in was.

 1Sa 17:4 Toe kom daar 'n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Goliat, uit Gat; sy hoogte was ses voorarm en 'n span.

 1Sa 17:5 Daar was 'n koperhelm op sy hoof, en hy het 'n pantser van skubbe aangehad - die gewig van die pantser was vyfduisend sikkels koper -

1Sa 17:6 en skeenplate van koper was aan sy bene en 'n koperlans tussen sy skouers.

 1Sa 17:7 Die steel van sy spies was soos 'n wewersbalk, en die lem van sy spies was van seshonderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop.

 1Sa 17:8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van JisraEl en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle 'n man uit, dat hy na my toe afkom.

 1Sa 17:9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien.

 1Sa 17:10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van JisraEl vandag uit! Gee my 'n man, dat ons saam kan veg.

 1Sa 17:11 Toe Saul en die hele JisraEl hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.

 1Sa 17:12 En Dawid was die seun van dié Efratiet, uit Betlehem-JeHûWdah, met die naam van Isai; hy het agt seuns gehad, en die man was in Saul se dae oud, [op jare] gekom onder die manne.

 1Sa 17:13 Maar die drie oudste seuns van Isai het Saul al in die oorlog gevolg; en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was: EliAb, die oudste, en sy tweede, Abinádab, en die derde, Samma.

 14 Dawid was die jongste, terwyl die drie oudstes Saul gevolg het.

 1Sa 17:15 En Dawid het heen en weer gegaan van Saul om die kleinvee van sy vader in Betlehem op te pas.

 1Sa 17:16 En die Filistyn het smôrens vroeg en saans nader gekom en gaan staan, veertig dae lank.

 1Sa 17:17 Toe het Isai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog vir jou broers 'n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en bring dit gou vir jou broers na die laer toe.

 1Sa 17:18 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na die owerste oor duisend, en jy moet ondersoek doen na die welstand van jou broers en van hulle 'n pand saambring.

 1Sa 17:19 En Saul en hulle en al die manne van JisraEl was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom.

 1Sa 17:20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan.

 1Sa 17:21 JisraEl sowel as die Filistyne het slagorde teenoor slagorde opgestel.

 1Sa 17:22 Daarop gee Dawid sy pakgoed af onder bewaring van die oppasser van die pakgoed, en hy hardloop na die vegterrein. Toe hy daar aankom, vra hy sy broers na die welstand.

 1Sa 17:23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter - Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat - uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor.

 1Sa 17:24 Maar toe al die manne van JisraEl die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang.

 1Sa 17:25 En die manne van JisraEl sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om JisraEl uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in JisraEl vrystel van belasting.

 1Sa 17:26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van JisraEl wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende Elohim durf uitdaag?

 1Sa 17:27 En die manskappe gee hom dieselfde antwoord: Só sal met die man gebeur wat hom verslaan.

 1Sa 17:28 Toe sy oudste broer EliAb hom met die manne hoor spreek, het EliAb baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die wildernis afgegee? Ek ken jou hoogmoedigheid en die besoedeling van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien.

 1Sa 17:29 En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar net.

 1Sa 17:30 En hy het by hom weggedraai na iemand anders en dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die eerste woorde.

 1Sa 17:31 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor die aangesig van Saul meedeel, en dié hom laat haal.

 1Sa 17:32 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die adamiete se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.

 1Sa 17:33 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.

 1Sa 17:34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra,

 1Sa 17:35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood.

 1Sa 17:36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende Elohim uitgedaag het.

 1Sa 17:37 Verder sê Dawid: JaHWeH wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag JaHWeH met jou wees!

 1Sa 17:38 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek.

 1Sa 17:39 En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek.

 1Sa 17:40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.

 1Sa 17:41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit.

 1Sa 17:42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy 'n seun was - rooierig, met 'n mooi voorkoms.

 1Sa 17:43 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.

 1Sa 17:44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die Hemele en die diere van die veld kan gee.

 1Sa 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van JaHWeH van die leërmagte, die Elohey van die slagordes van JisraEl, wat jy uitgedaag het.

 1Sa 17:46 Vandag sal JaHWeH jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die Hemele en die wilde diere van die Aarde kan gee, sodat die hele Aarde kan weet dat JisraEl 'n Elohim het.

 1Sa 17:47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat JaHWeH nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan JaHWeH, en Hy sal julle in ons hand gee.

 1Sa 17:48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;

 1Sa 17:49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem 'n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die Aarde val.

 1Sa 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

 1Sa 17:51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, haar uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het met haar sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.

 1Sa 17:52 Toe het die manne van JisraEl en van JeHûWdah hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat en tot by die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê het op die pad van Saäráim en tot by Gat en tot by Ekron.

 1Sa 17:53 Daarna het die kinders van JisraEl teruggekeer van die hewige agtervolging van die Filistyne en hulle laer geplunder.

 1Sa 17:54 En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem en hom na Jerusalem gebring, maar sy wapens in sy tent neergesit.

 1Sa 17:55 Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn te ontmoet, sê hy vir Abner, die leërowerste: Wie se seun is die jongman tog, Abner? En Abner antwoord: So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie!

 1Sa 17:56 En die koning sê: Vra jy wie se seun die jongman tog is.

1Sa 17:57 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor die aangesig van Saul gebring, met die hoof van die Filistyn in sy hand.

1Sa 17:58 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid sê: Die seun van u dienaar Isai, die Bethlehemiet.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205