Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 8 ontvang op 2 Augustus 2018

“MY kinders, julle moet weet dat julle wat jul harte vir MY gee en MY Opdragte gehoorsaam uit Liefde, daar is groot seëninge oor julle gebring deur MY Krag en Lig. Wees geduldig en kalm in hierdie tyd en die duister tye wat kom. EK IS by jou en in jou. Seël jou hart af met MY Gees en hou aan trek oor die draak wat jou wil verniel en verlei! Moenie dat wêreldse dinge jou laat vrees of laat fokus verloor op jou doelwit vir MY nie.

Hou aan Liefde gee en gee! Hou aan glimlag terwyl jy MY bely! Wees vrolik terwyl jy jou naaste help en liefde gee. Wees dankbaar vir alles wat EK jou skenk en gee omdat EK jou liefhet. Wees ondersoekend wanneer EK dinge van jou af wegneem. Weet, daar is ‘n geldige rede waarom alles gebeur in jou lewe, niks is gebaseer op, soos julle sê, “luck” nie. EK IS in beheer. Net soos ‘n pa sy seun tugtig wanneer hy stout was, net so beloon daardie pa hom wanneer hy uit liefde en respek pa en ma se huisreëls nakom. Onthou altyd, as EK julle nie liefgehad het nie, dan het EK julle net so gelos en niks gedoen om julle op MY Weg te hou nie. As EK julle nie tugtig nie, sal julle vergaan op die weg van vernietiging en besoedeling. Jy sou ‘n verlate weeskind gebly het al die dae van tye as EK jou nie in MY Hart gedra het as Skepper en Vader nie.

MY Volk, weet dat EK het deur MY Krag ‘n groot vloek oor jou gebreek wat MY teenpool en haar volgelinge oor jou probeer uitspreek het. Maar weet dat EK, as die Dryfkrag van MY Klipwiel in Sion, het MY Wiel vinniger laat draai! MY Boerevolk in Suid-Afrika, soos EK reeds gesê het, daar is baie gevaarlike wapens teen jou gerig omdat EK jou uitverkies het! As EK nie MY engele en boodskappers as geestelike wagte oor julle laat waak nie, sal MY teenpool julle oorweldig! Dit is hoe lief EK jou het, EK, JaHshua, die Oorwinnaar van die ewige dood! MY Duif kom oor julle hoofde neer, julle wat MY verkies! Wees lief vir MY, vrees nie! EK IS jou Lig en Verlosser!

Ongelukkig is dit ook so dat as julle MY nie liefhet, eer en soek in julle harte nie; en ook nie MY ontelbare openbaringe en boodskappe in ag neem nie, dan gaan EK julle moet tugtig, EK jou liefdevolle VADER wat omgee oor jou siel se bestemming. EK wil elkeen van julle terugkry by MY Huis, jou Hemele Tuiste, jou Beloofde Land! Daar het vandag ‘n baie lelike ding gebeur tussen broer en broer waarvan baie van julle nie weet nie. Ongelukkig, wanneer julle haat vir mekaar het, dan het julle haat vir MY en MY Woord. Dus sal EK jou laat gaan op jou vernietigende weg van liefdeloosheid met jou oppervlakkige siel en hart van klip. Soos EK gesê het, seun sal teen pa rebelleer en dogter teen moeder, broer teen broer, suster teen suster! MY Volk, kyk na jouself en aanskou die waarwording van hierdie woorde van MY! Weet ook, EK nooi jou steeds uit, o hartjie van klip! EK IS Barmhartig! EK IS LIEFDE en sonder LIEFDE vermag julle niks wat vir julle verlossing gaan bring nie, want julle gehoorsaam nie MY Opdragte en Gebooie nie.

MY Boerevolk, oor jou is daar duister hatende geeste gestort soos riool in die Vaal! Jy ondergaan groot aanslae, fisies sowel as geestelik! Laat ek dit duidelik stel: MY teenpool wil jou finaal vermoor, o Boerevolk! EK IS SPREEK! EK IS die Ewige Oerbron van alle Krag en Mag! EK het MY Wysheid aanskou en Sy was goed en is goed vir MY! MY Waarheid so vol prag en Lig! MY Seun! MY Seun! MY Seun! ONS het oorwin! MY Geloftevolk, weet dat as jy jouself afseël binne MY en alles oorgee aan MY, en MY jou Eerste Liefde maak, dan het jy klaar oorwin! Dan is jy MYNE! Dan is jy geseënd in MY en al MY Beloftes vanaf die begin sal vir jou waar word! EK sal voorsien, want EK IS JaHWeH! EK IS GETROU en EK wil EEN word met jou, MY Bruid! Bring jou hart, jou siel, bring haar na MY en EK gee jou MY Krag tot Ewige Lewe.

Ons ontbind alle magte en bose geeste deur MY Krag en Liefde! Onthou, daar waar MY Liefde en Lig heers, daar vlug die bose, want hulle kan nie die Lig van Openbaring hanteer nie! Daarom sal die bose eerder in die varke invaar!

Dawid, jy het Goliat verslaan met MY Waarheidsklip! MY Dogter MY Sion! Daar staan geskrywe: 'Dawid het die Bergvesting Sion ingeneem. Sy is die Stad van Dawid.'

Dit is genoeg vir nou MY kneg. Skryf hierdie neer! Wees gefokus op MY en wandel in elke gedagte saam met MY aan jou sy.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205