Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 23 ontvang op 2 September 2018

“Kneg van MY LIEFDE! Skryf met haas hierdie Woorde van MY!

Boerevolk van MY LIEFDE! MY Lieflingsvolk! Sewe verse vanuit MY Boek van LIEFDE sal aan julle verduidelik die doel waarom EK MY Lewende Klipwiel opgerig het en die Opdragte wat daarmee gepaardgegaan het deur vele van MY knegte; saam met MY Lewende Deuteronomium 28 tot 30. EK het reeds MY Tyd van Toetsing vanuit MY Barmhartigheid aangekondig in hierdie tyd aan julle.

EK IS WAT EK IS en EK IS BARMHARTIG. EK wil hê dat elkeen van julle wat julle klipharte vir MY kom gee het en ook aan elkeen van julle wat EK uitgenooi het en steeds uitnooi; dat julle hierdie Woorde van MY met Erns en biddend in julle innerlike saam MY sal lees.

MY kneg, EK het jou laat eet van hierdie Brood en EK plaas MY Hand in jou hart om dit te deel: MY Boek van Liefde, Hoofstuk 7, Vers 41 tot 47. Terwyl jy daar buite in MY Son gesit het op jou wit stoel en lees, het EK langs jou kom sit op die gras met gekruisde bene. Ja MY kind jy is reg, dit was EK! Moet nooit twyfel in MY die ALMAGTIGE nie! Plaas MY Woorde hier:”

Boek van Liefde, Hoofstuk 7 Vers 41 – 47:

41 EK DIE MEESTER stort op `n KIND VAN MY LIEFDE MY Genadegawes wanneer EK sien dat hy volhard in sy strewe om `n BEELD VAN MYSELF te word. Sy weë sal wonderlik verlig word deur MY IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE; want wanneer EK omring word deur Liefde van `n aardse kind, sal EK hom omhels met die volle TOESTROMING VAN MY LIEFDE.

42 Selfs al kan niks bereik word sonder die toetse en beproewinge nie, nogtans sal MY LEIDING elke KIND VAN MY LIEFDE in staat stel OM GROOT DINGE TE BEREIK:

43 Daar is byvoorbeeld reeds `n groot ding bereik met die deurvoering van `n deeglike skoonmaak van jou siel deur die BRANDENDE vuur van jou LIEFDE, sodat EK in jou kan begin woon in die volheid van MY HEILIGE GEES. Dan sal niks jou enigsins langer bind nie: Nie die WET VAN SONDE EN VERSOENING, of enige aspek van hierdie teenpoolwêreld nie; MY HEILIGE GEES sal in jou vermoëns vrylaat waaraan jy nog nooit voorheen gedink het nie en wat jou grootliks sal verras. Jou siel sal dan waarlik vry word. Jy weet nog nie wat dit beteken en wat die toestand van jou eie self is wanneer jy `n vrye siel besit nie.

44 Neem `n voorbeeld: `n Siel was vir `n lang tyd verslaaf aan verskeie gewoontevormende dwelms wat geen onmiddellike uitwerking op die liggaam se gesondheid het nie, maar dit in die lang termyn sal ondermyn, soos die verkeerde gebruik van alkoholiese drank, rook, en as `n gevolg, `n onbeheerbare drang vir alle vorme van opwinding. Vanaf die oomblik dat hierdie siel bewus word van haar Hemelse Bestemming en hierdie gewoontes begin verminder, totdat sy dit geheel en al los, sal die sielpotensies, wat tot dusvêr dwelmbesmet geword het, geleidelik beskikbaar word vir die invloei van MY LIEFDE en MY HEILIGE WIL. Die siel sal sigbaar helderder en helderder word en sal binnekort begin te straal vanuit die liggaam, en kort voor lank sal die siel `n volledige ander mens van haarself gemaak het. MY teenpool sal dan nie meer `n woning vind in so `n siel wat nou, in plaas daarvan, `n woning van MY HEILIGE GEES VAN LIEFDE geword het; alle gebondenheid sal verwyder word binne die siel en in soverre as wat sy begin om deeglik aan MY HEILIGE WIL te voldoen, sal `n HEILIGE VUUR VAN LIEFDE binnekort in haar opvlam; die oorblyfsels van wat ookal nie behoort tot `n suiwer siel nie, word dan weggesmelt en die siel is nie net gered van die wêreld van MY teenpool nie, maar opgelig na MY JAHSHUA-MIRIAM-LIG wat haar voltooiing sal bevorder.

45 Waarlik sal `n groot ding dan bereik wees! En uit hierdie voorbeeld kan julle sien dat dit nie so vêrgesog is vir `n ELOHIM-geliefde kind se siel om op te staan tot wedergeboorte in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES nie.

46 Hierdie wonderlike doel is inderdaad binne die bereik van elke gewillige siel! Dit gaan natuurlik nie sonder toetse, wat nie genoeg beklemtoon kan word nie; want sonder toetsing kan niks duursaam bereik word nie, wat des te meer geld vir alles wat bedoel is om vir ewig te hou in MY KONINKRYK. Maar wat dan bereik is, het EWIGHEIDSWAARDE!

47 Die gedagte daaraan moet julle gelukkig maak, o mensekinders, naamlik dat iets EWIG bereik kan word, in plaas van die vashou aan die verganklike en jou graf te grawe met eindelose sorge oor aardse rykdom! Nietemin sal konsentrasie oor die opbou van EWIGE RYKDOMME vir die siel en die gees gladnie aardse welsyn uitsluit nie. Op geen manier nie, sê EK DIE MEESTER!

“MY Brood moet nou in MY kort Tyd van Barmhartigheid, lewend word in die maag en MY Saad moet ontkiem in die siele waarin MY Brood nou breek. MY Volk, MY Hand is uitgestrek na jou! Gaan jy MY Redding aanvaar in LIEFDE BO ALLE LIEFDE?

Voorwaar voorwaar EK IS sê: Hulle wat vriende van die wêreld is, is vyande van MY! Dit is al wat jy nou moet neerskrywe MY kneg, want EK IS die LEWE en EK roep tot LEWE!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205